Publicidade

Jeremias 36

AFR53
Il libro delle profezie di Geremia bruciato dal re Ioiachim

1 Il quarto anno di Ioiachim, figlio di Giosia, re di Giuda, questa parola fu rivolta dall’Eterno a Geremia, in questi termini: 2 "Prenditi un rotolo da scrivere e scrivici tutte le parole che ti ho detto contro Israele, contro Giuda e contro tutte le nazioni, dal giorno che cominciai a parlarti, cioè dal tempo di Giosia, fino a quest’oggi. 3 Forse quelli della casa di Giuda, udendo tutto il male che io penso di fare loro, si convertiranno ciascuno dalla sua via malvagia e io perdonerò la loro iniquità e il loro peccato". 4 Allora Geremia chiamò Baruc, figlio di Neria; e Baruc scrisse in un rotolo da scrivere, sotto dettatura di Geremia, tutte le parole che l’Eterno aveva detto a Geremia. 5 Poi Geremia diede quest’ordine a Baruc: "Io sono impedito, e non posso entrare nella casa dell’Eterno; 6 perciò, vatu e leggi dal libro che hai scritto sotto mia dettatura, le parole dell’Eterno, in presenza del popolo, nella casa dell’Eterno, il giorno del digiuno; leggile anche in presenza di tutti quelli di Giuda che saranno venuti dalle loro città. 7 Forse, presenteranno le loro suppliche all’Eterno e si convertiranno ciascuno dalla sua via malvagia; perché l’ira e il furore che l’Eterno ha espresso contro questo popolo, sono grandi". 8 Baruc, figlio di Neria, fece tutto quello che gli aveva ordinato il profeta Geremia e lesse dal libro le parole dell’Eterno. 9 Il quinto anno di Ioiachim, figlio di Giosia, re di Giuda, il nono mese, fu pubblicato un digiuno alla presenza dell’Eterno, per tutto il popolo di Gerusalemme e per tutto il popolo venuto dalle città di Giuda a Gerusalemme. 10 Baruc lesse dal libro le parole di Geremia alla presenza di tutto il popolo, nella casa dell’Eterno, nella camera di Ghemaria, figlio di Safan, segretario, nel cortile superiore, all’ingresso della porta nuova della casa dell’Eterno. 11 Micaia, figlio di Ghemaria, figlio di Safan, udì tutte le parole dell’Eterno, lette dal libro; 12 scese nella casa del re, nella camera del segretario, ed ecco che stavano seduti tutti i capi: Elisama il segretario, Delaia figlio di Semaia, Elnatan figlio di Acbor, Ghemaria figlio di Safan, Sedechia figlio di Anania e tutti gli altri capi. 13 Micaia riferì loro tutte le parole che aveva udito mentre Baruc leggeva il libro in presenza del popolo. 14 Allora tutti i capi mandarono Ieudi, figlio di Netania, figlio di Selemia, figlio di Cusci, a Baruc per dirgli: "Prendi in mano il rotolo dal quale tu hai letto alla presenza del popolo, e vieni". Baruc, figlio di Neria, prese in mano il rotolo e andò da loro. 15 Essi gli dissero: "Siediti e leggilo qui a noi". Baruc lo lesse in loro presenza. 16 E quando essi ebbero udito tutte quelle parole, si volsero spaventati gli uni agli altri e dissero a Baruc: "Non mancheremo di riferire tutte queste parole al re". 17 Poi chiesero a Baruc: "Dicci ora come hai scritto tutte queste parole uscite dalla sua bocca". 18 Baruc rispose loro: "Egli mi ha dettato di bocca sua tutte queste parole e io le ho scritte con inchiostro nel libro". 19 Allora i capi dissero a Baruc: "Vatti a nascondere tanto tu quanto Geremia; nessuno sappia dove siete". 20 Poi andarono dal re, nel cortile, riposero il rotolo nella camera di Elisama, segretario, e riferirono al re tutte quelle parole. 21 Il re mandò Ieudi a prendere il rotolo ed egli lo prese dalla camera di Elisama, segretario. Ieudi lo lesse alla presenza del re e alla presenza di tutti i capi che stavano in piedi accanto al re. 22 Il re stava seduto nel suo palazzo d’inverno, era il nono mese, e il braciere ardeva davanti a lui. 23 Quando Ieudi ebbe letto tre o quattro colonne, il re tagliò il libro con il temperino da scriba e lo gettò nel fuoco del braciere, finché il rotolo fu interamente consumato dal fuoco del braciere. 24 il re alcuno dei suoi servitori che udirono tutte quelle parole, rimasero spaventati o si stracciarono le vesti. 25 Benché Elnatan, Delaia e Ghemaria supplicassero il re perché non bruciasse il rotolo, egli non volle dare loro ascolto. 26 Il re ordinò a Ierameel, figlio del re, a Sesaia figlio di Azriel, e a Selemia figlio di Abdeel, di arrestare Baruc, segretario, e il profeta Geremia. Ma l’Eterno li nascose. 27 Dopo che il re ebbe bruciato il rotolo e le parole che Baruc aveva scritto sotto dettatura di Geremia, la parola dell’Eterno fu rivolta a Geremia in questi termini: 28 "Prenditi di nuovo un altro rotolo e scrivici tutte le parole di prima che erano nel primo rotolo, che Ioiachim re di Giuda ha bruciato. 29 Riguardo a Ioiachim, re di Giuda, tu dirai: Così parla l’Eterno: Tu hai bruciato quel rotolo, dicendo: Perché hai scritto in esso che il re di Babilonia verrà certamente e distruggerà questo paese e farà in modo che non vi sarà più uomo bestia? 30 Perciò così parla l’Eterno riguardo a Ioiachim re di Giuda: Egli non avrà nessuno che sieda sul trono di Davide e il suo cadavere sarà gettato fuori, esposto al caldo del giorno e al gelo della notte. 31 Io punirò lui, la sua discendenza e i suoi servitori della loro iniquità, e farò venire su di loro, sugli abitanti di Gerusalemme e sugli uomini di Giuda tutto il male che ho pronunciato contro di loro senza che essi abbiano dato ascolto". 32 Geremia prese un altro rotolo e lo diede a Baruc, figlio di Neria, segretario, il quale vi scrisse, sotto dettatura di Geremia, tutte le parole del libro che Ioiachim, re di Giuda, aveva bruciato nel fuoco; inoltre, vi furono aggiunte molte altre parole simili a quelle.

Die boek van die profesieë van Jeremia word in die tempel gelees en deur die koning verbrand.

1 EN in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het van die Here hierdie woord tot Jeremia gekom:

2 Neem vir jou 'n boekrol en skrywe daarop al die woorde wat Ek met jou gespreek het oor Israel en Juda en oor al die nasies, van die dag af dat Ek met jou gespreek het, van die dae van Josía af, tot vandag toe.

3 Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.

4 En Jeremia het Barug, die seun van Nería, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die Here wat Hy met hom gespreek het.

5 En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die Here nie.

6 Gaan dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die Here voor die ore van die volk in die huis van die Here, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.

7 Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die Here kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die Here teen hierdie volk uitgespreek het.

8 En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die Here, in die huis van die Here.

9 Want in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die Here uitgeroep die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.

10 En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die Here, in die kamer van Gemárja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die Here, voor die ore van die hele volk.

11 En toe Migája, die seun van Gemárja, die seun van Safan, al die woorde van die Here uit die boek hoor,

12 gaan hy af na die huis van die koning, in die kamer van die skrywer, waar toe juis al die vorste gesit het: Elisáma, die skrywer, en Delája, die seun van Semája, en Élnatan, die seun van Akbor, en Gemárja, die seun van Safan, en Sedekía, die seun van Hanánja, en al die vorste.

13 Daarop maak Migája aan hulle bekend al die woorde wat hy gehoor het toe Barug uit die boek voor die ore van die volk gelees het.

14 Toe stuur al die vorste Jehúdi, die seun van Netánja, die seun van Selémja, die seun van Kusi, na Barug, met die boodskap: Die rol waaruit jy voor die ore van die volk gelees het, neem dit in jou hand en kom. Daarop neem Barug, die seun van Nería, die rol in sy hand, en hy het by hulle gekom.

15 En hulle vir hom: Sit tog en lees dit voor ons ore. En Barug het voor hulle ore gelees.

16 Toe hulle al die woorde hoor, het hulle mekaar verskrik aangekyk en vir Barug gesê: Ons moet al hierdie woorde sekerlik aan die koning bekend maak.

17 En hulle het Barug gevra: Vertel ons tog hoe het jy al hierdie woorde uit sy mond opgeskrywe?

18 Toe antwoord Barug hulle: Uit sy mond het hy my al hierdie woorde voorgesê, en ek het hulle met ink in die boek geskrywe.

19 Daarop die vorste vir Barug: Gaan, verberg jou, jy en Jeremia, en laat geen mens weet waar julle is nie.

20 En hulle het na die koning in die voorhof gegaan die rol het hulle weggesit in die kamer van Elisáma, die skrywer en al die woorde voor die ore van die koning gemeld.

21 Toe stuur die koning Jehúdi om die rol te gaan haal; en hy het dit gaan haal uit die kamer van Elisáma, die skrywer. En Jehúdi het dit gelees voor die ore van die koning en van al die vorste wat by die koning staan,

22 terwyl die koning gesit het in die winterpaleis, in die negende maand, met die brandende vuurpan voor hom.

23 En elke keer het hy, as Jehúdi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van 'n skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi wat op die vuurpan was, totdat die hele rol in die vuur op die vuurpan verteer was.

24 En hulle was nie verskrik nie en het hulle klere nie geskeur nie die koning en al sy dienaars wat al hierdie woorde gehoor het;

25 alhoewel selfs Élnatan en Delája en Gemárja by die koning daarop aangedring het om die rol nie te verbrand nie; maar hy het na hulle nie geluister nie.

26 Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Ásriël, en Selémja, die seun van Ábdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die Here het hulle verberg.

27 Toe kom die woord van die Here tot Jeremia nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het en :

28 Neem vir jou weer 'n ander rol en skrywe daarop al die vorige woorde wat op die eerste rol was, wat Jójakim, die koning van Juda, verbrand het.

29 En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy : So spreek die Here: het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?

30 Daarom, so spreek die Here aangaande Jójakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi , bedags in die hitte en snags in die koue.

31 En Ek sal aan hom en sy geslag en sy dienaars hulle ongeregtigheid besoek; en Ek sal oor hulle en die inwoners van Jerusalem en die manne van Juda al die onheil bring wat Ek teen hulle gespreek het sonder dat hulle geluister het.

32 Toe het Jeremia 'n ander rol geneem en dit aan die skrywer Barug, die seun van Nería, gegee; en hy het daarop uit die mond van Jeremia geskrywe al die woorde van die boek wat Jójakim, die koning van Juda, met vuur verbrand het; en nog baie dergelike woorde is daaraan toegevoeg.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-