1 Per questa ragione io, Paolo, il carcerato di Cristo Gesù per voi, o Gentili… 2 senza dubbio avete udito della dispensazione della grazia di Dio che mi è stata affidata per voi; 3 come, per rivelazione, mi sia stato fatto conoscere il mistero, di cui più sopra vi ho scritto in poche parole; 4 leggendole, potete capire la conoscenza che io ho del mistero di Cristo. 5 Questo mistero, nelle altre epoche, non fu fatto conoscere ai figli degli uomini nel modo che ora, per mezzo dello Spirito, è stato rivelato ai santi apostoli e profeti di lui, 6 vale a dire che i Gentili sono eredi con noi, membra con noi di un medesimo corpo e con noi partecipi della promessa fatta in Cristo Gesù mediante l’evangelo, 7 del quale io sono stato fatto ministro, in virtù del dono della grazia di Dio a me concessa secondo la virtù della sua potenza. 8 A me, dico, che sono il minimo di tutti i santi, è stata data questa grazia di recare ai Gentili la buona notizia delle imperscrutabili ricchezze di Cristo 9 e di manifestare a tutti quale sia il piano seguito da Dio riguardo al mistero che è stato fin dalle più remote età nascosto in Dio, il creatore di tutte le cose, 10 affinché i principati e le potenze nei luoghi celesti conoscano oggi, per mezzo della Chiesa, la infinitamente varia sapienza di Dio, 11 conforme al proponimento eterno che egli ha mandato a effetto nel nostro Signore, Cristo Gesù, 12 nel quale abbiamo la libertà di accostarci a Dio, con piena fiducia, mediante la fede in lui.
13 Vi chiedo, perciò, che non veniate meno nell’animo a causa delle tribolazioni che io patisco per voi, poiché esse sono la vostra gloria.
14 …Per questa ragione io piego le ginocchia davanti al Padre, 15 dal quale ogni famiglia nei cieli e sulla terra prende nome, 16 perché egli vi dia, secondo le ricchezze della sua gloria, di essere potentemente fortificati mediante lo Spirito suo, nell’uomo interiore, 17 e faccia sì che Cristo abiti per mezzo della fede nei vostri cuori, 18 affinché, radicati e fondati nell’amore, siate resi capaci di abbracciare con tutti i santi quale sia la larghezza, la lunghezza, l’altezza e la profondità dell’amore di Cristo 19 e di conoscere questo amore che sorpassa ogni conoscenza, affinché siate ripieni di tutta la pienezza di Dio.
20 Ora a colui che può, mediante la potenza che opera in noi, fare infinitamente al di là di quel che domandiamo o pensiamo, 21 a lui sia la gloria nella Chiesa e in Cristo Gesù, per tutte le età, nei secoli dei secoli. Amen.
1 OM hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is —
2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,
3 dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan,
5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
7 waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag.
8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,
9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
11 volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here,
12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.
13 Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer.
14 OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,
16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,
17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,
18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.