1 Chiram, re di Tiro, avendo udito che Salomone era stato unto re al posto di suo padre, gli mandò i suoi servi; perché Chiram era stato sempre amico di Davide. 2 Salomone mandò a dire a Chiram: 3 "Tu sai che Davide, mio padre, non poté costruire una casa al nome dell’Eterno, del suo Dio, a causa delle guerre nelle quali fu impegnato da tutte le parti, finché l’Eterno non pose i suoi nemici sotto la pianta dei piedi. 4 Ma ora l’Eterno, il mio Dio, mi ha dato pace da ogni lato; io non ho più avversari e non pesa su di me nessuna calamità. 5 Ho quindi l’intenzione di costruire una casa al nome dell’Eterno, del mio Dio, secondo la promessa che l’Eterno fece a Davide mio padre, quando gli disse: ‘Tuo figlio che io metterò sul tuo trono al posto tuo, sarà colui che costruirà una casa al mio nome’. 6 Ora dunque dà ordine che si taglino per me dei cedri del Libano. I miei servi saranno insieme con i tuoi servi, e io ti pagherò per il salario dei tuoi servi tutto quello che domanderai; poiché tu sai che non c’è nessuno fra noi che sappia tagliare il legno come quelli di Sidone". 7 Quando Chiram udì le parole di Salomone, provò una grande gioia e disse: "Sia benedetto oggi l’Eterno, che ha dato a Davide un figlio saggio per regnare sopra questo grande popolo". 8 Chiram mandò a dire a Salomone: "Ho udito quello che mi hai fatto dire. Io farò tutto quello che desideri riguardo al legno di cedro e al legno di cipresso. 9 I miei servi li porteranno dal Libano al mare, e io li spedirò per mare su zattere sino al luogo che tu mi indicherai; quindi li farò sciogliere e tu li prenderai; e tu, dal canto tuo, farai ciò che desidero io, fornendo di viveri la mia casa". 10 Così Chiram diede a Salomone del legno di cedro e del legno di cipresso, quanto egli ne volle. 11 E Salomone diede a Chiram ventimila cori di grano per il mantenimento della sua casa, e venti cori d’olio vergine; Salomone dava tutto questo a Chiram, anno per anno. 12 L’Eterno diede sapienza a Salomone, come gli aveva promesso; e ci fu pace tra Chiram e Salomone, e fecero alleanza tra di loro. 13 Il re Salomone reclutò operai in tutto Israele, e furono ingaggiati trentamila uomini. 14 Li mandava al Libano, diecimila al mese, alternativamente; un mese stavano sul Libano, e due mesi a casa; e Adoniram era preposto a questi lavori. 15 Salomone aveva inoltre settantamila uomini che portavano i pesi e ottantamila scalpellini sui monti, 16 senza contare i capi, in numero di tremilatrecento, preposti da Salomone ai lavori e incaricati di dirigere gli operai. 17 Il re comandò che si scavassero delle pietre grandi, delle pietre di pregio, per fare le fondamenta della casa con pietre da taglio. 18 Gli operai di Salomone e gli operai di Chiram e i Ghiblei tagliarono e prepararono il legno e le pietre per la costruzione della casa.
1 EN Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid.
2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet:
3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die Here sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die Here hulle onder sy voetsole gebring het.
4 Maar nou het die Here my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.
5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die Here my God 'n huis te bou soos die Here met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.
6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.
7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die Here vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.
8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.
9 My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer.
10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,
11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.
12 En die Here het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.
13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.
14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.
15 Salomo het ook sewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,
16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.
17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.
18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.