1 In quel tempo, Abiia, figlio di Geroboamo, si ammalò. 2 Geroboamo disse a sua moglie: "Alzati, ti prego, e travestiti, affinché non si riconosca che tu sei la moglie di Geroboamo, e va’ a Silo. Là c’è il profeta Aiia, il quale predisse di me che sarei stato re di questo popolo. 3 Prendi con te dieci pani, delle focacce, un vaso di miele, e va’ da lui; egli ti dirà quello che avverrà di questo ragazzo". 4 La moglie di Geroboamo fece così; si alzò, andò a Silo, e giunse a casa di Aiia. Aiia non poteva vedere, poiché gli si era offuscata la vista per la vecchiaia. 5 Ora l’Eterno aveva detto ad Aiia: "Ecco, la moglie di Geroboamo sta per venire a consultarti riguardo a suo figlio, che è ammalato. Tu parlale così e così. Quando entrerà, fingerà di essere un’altra". 6 Quando dunque Aiia udì il rumore dei passi di lei che entrava per la porta, disse: "Entra pure, moglie di Geroboamo, perché fingi di essere un’altra? Io sono incaricato di dirti delle cose dure. 7 Va’ e di’ a Geroboamo: ‘Così parla l’Eterno, l’Iddio d’Israele: Io ti ho innalzato in mezzo al popolo, ti ho fatto principe del mio popolo Israele, 8 e ho strappato il regno dalle mani della casa di Davide e l’ho dato a te, ma tu non sei stato come il mio servo Davide il quale osservò i miei comandamenti e mi seguì con tutto il suo cuore, facendo soltanto ciò che è giusto ai miei occhi, 9 e hai fatto peggio di tutti quelli che ti hanno preceduto, e sei andato a farti degli altri dèi e delle immagini fuse per provocarmi a ira e hai gettato me dietro alle tue spalle; 10 per questo ecco che io faccio scendere la rovina sulla casa di Geroboamo, e sterminerò dalla casa di Geroboamo fino all’ultimo uomo, tanto chi è schiavo quanto chi è libero in Israele, e spazzerò la casa di Geroboamo come si spazza lo sterco finché sia tutto sparito. 11 Quelli della casa di Geroboamo che moriranno in città, saranno divorati dai cani, quelli che moriranno per i campi, li divoreranno gli uccelli del cielo; poiché l’Eterno ha parlato. 12 Quanto a te, alzati, vattene a casa tua; non appena avrai messo piede in città, il bambino morirà. 13 Tutto Israele lo piangerà e gli darà sepoltura. Egli è il solo della casa di Geroboamo che sarà messo in un sepolcro, perché è il solo nella casa di Geroboamo in cui si sia trovato qualcosa di buono, rispetto all’Eterno, all’Iddio d’Israele. 14 L’Eterno stabilirà sopra Israele un re, che in quel giorno sterminerà la casa di Geroboamo. E che dico? Non è forse quello che già succede? 15 L’Eterno colpirà Israele, che sarà come una canna agitata nell’acqua; sradicherà Israele da questa buona terra che aveva dato ai loro padri e li disperderà oltre il fiume, perché si sono fatti degli idoli di Astarte provocando l’ira dell’Eterno. 16 E abbandonerà Israele a causa dei peccati che Geroboamo ha commesso e ha fatto commettere a Israele’". 17 La moglie di Geroboamo si alzò, partì, e giunse a Tirsa; appena mise il piede sulla soglia di casa, il ragazzo morì; 18 lo seppellirono e tutto Israele lo pianse, secondo la parola che l’Eterno aveva pronunciato per bocca del profeta Aiia, suo servo. 19 Il resto delle azioni di Geroboamo, le sue guerre e il modo in cui regnò, sono cose scritte nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 20 E la durata del regno di Geroboamo fu di ventidue anni; poi si addormentò con i suoi padri, e Nadab, suo figlio, regnò al suo posto.
21 Roboamo, figlio di Salomone, regnò in Giuda. Aveva quarantun anni quando cominciò a regnare, e regnò diciassette anni in Gerusalemme, nella città che l’Eterno si era scelto fra tutte le tribù d’Israele per mettervi il suo nome. Sua madre si chiamava Naama, l’Ammonita. 22 Gli abitanti di Giuda fecero ciò che è male agli occhi dell’Eterno; e con i peccati che commisero provocarono la gelosia dell’Eterno più di quanto avessero fatto i loro padri. 23 Anche loro si eressero degli alti luoghi con delle statue e degli idoli di Astarte su tutte le alte colline e sotto ogni albero verdeggiante. 24 Nel paese c’erano anche degli uomini che si prostituivano. Essi praticarono tutti gli atti abominevoli delle nazioni che l’Eterno aveva scacciato davanti ai figli d’Israele. 25 Il quinto anno del regno di Roboamo, Sisac, re d’Egitto, salì contro Gerusalemme, 26 e portò via i tesori della casa dell’Eterno e i tesori della casa del re; portò via ogni cosa; prese pure tutti gli scudi d’oro che Salomone aveva fatto; 27 al posto dei quali Roboamo fece fare degli scudi di bronzo, e li affidò ai capitani della guardia che custodiva la porta della casa del re. 28 Ogni volta che il re entrava nella casa dell’Eterno, quelli che erano di guardia li portavano; poi li riportavano nella sala della guardia. 29 Il resto delle azioni di Roboamo e tutto quello che egli fece, sta scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 30 Ci fu guerra continua fra Roboamo e Geroboamo. 31 Roboamo si addormentò con i suoi padri e con essi fu sepolto nella città di Davide. Sua madre si chiamava Naama, l’Ammonita. E Abiiam, suo figlio, regnò al suo posto.
1 IN dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.
2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.
3 En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.
4 En die vrou van Jeróbeam het so gedoen — haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ahía gekom; en Ahía kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.
5 Maar die Here het vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel,
6 en Ahía die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou.
7 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die Here, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het
8 en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,
9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het —
10 kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos 'n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.
11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die Here het dit gespreek.
12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.
13 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die Here, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.
14 Maar die Here sal vir Hom 'n koning oor Israel verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, wat sê ek? Nou al.
15 En die Here sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die Here geterg het.
16 En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.
17 Toe het die vrou van Jeróbeam haar klaargemaak en weggegaan en in Tirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.
18 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.
19 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
20 En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.
21 EN Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
22 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.
23 En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.
24 En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
25 In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toe teen Jerusalem op,
26 en hy neem die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.
27 Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.
28 So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
29 En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
30 En daar was gedurigdeur oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.
31 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.