1 La parola dell’Eterno fu rivolta a Ieu, figlio di Canani, contro Baasa, in questi termini: 2 "Io ti ho innalzato dalla polvere e ti ho fatto principe del mio popolo Israele, ma tu hai seguito le vie di Geroboamo e hai indotto il mio popolo Israele a peccare, in modo da provocarmi a sdegno con i suoi peccati; 3 perciò io spazzerò via Baasa e la sua casa, farò della casa tua quello che ho fatto della casa di Geroboamo, figlio di Nebat. 4 Quelli della famiglia di Baasa che moriranno in città saranno divorati dai cani, quelli che moriranno per i campi li mangeranno gli uccelli del cielo". 5 Le azioni rimanenti di Baasa, le sue gesta e le sue prodezze, si trovano scritte nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 6 Baasa si addormentò con i suoi padri, e fu sepolto a Tirsa; ed Ela, suo figlio, regnò al suo posto. 7 La parola che l’Eterno aveva pronunciato per bocca del profeta Ieu, figlio di Canani, fu diretta contro Baasa e contro la sua casa, non soltanto a causa di tutto il male che Baasa aveva fatto sotto gli occhi dell’Eterno, provocandolo a ira con l’opera delle sue mani così da imitare la casa di Geroboamo, ma anche perché aveva sterminato quella casa.
8 Il ventiseiesimo anno di Asa, re di Giuda, Ela, figlio di Baasa, cominciò a regnare sopra Israele. Stava a Tirsa, e regnò due anni. 9 Zimri, suo servo, comandante della metà dei suoi carri, congiurò contro di lui. Ela stava a Tirsa, bevendo e ubriacandosi in casa di Arsa, prefetto del palazzo di Tirsa, 10 quando Zimri entrò, lo colpì e lo uccise, il ventisettesimo anno di Asa, re di Giuda, e regnò al suo posto. 11 E quando fu re, appena si sedette sul trono, distrusse tutta la casa di Baasa; non gli lasciò neppure un bimbo: né parenti, né amici. 12 Così Zimri sterminò tutta la casa di Baasa, secondo la parola che l’Eterno aveva pronunciato contro Baasa per bocca del profeta Ieu, 13 a causa di tutti i peccati che Baasa ed Ela, suo figlio, avevano commesso e fatto commettere a Israele, provocando a ira l’Eterno, l’Iddio d’Israele, con i loro idoli. 14 Il resto delle azioni di Ela e tutto quello che egli fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele.
15 Il ventisettesimo anno di Asa, re di Giuda, Zimri regnò per sette giorni a Tirsa. Il popolo era accampato contro Ghibbeton, città dei Filistei. 16 E il popolo, accampato in quel luogo, sentì dire: "Zimri ha fatto una congiura e ha perfino ucciso il re!". Quello stesso giorno, nell’accampamento, tutto Israele proclamò re d’Israele Omri, capo dell’esercito. 17 E Omri con tutto Israele salì da Ghibbeton e assediò Tirsa. 18 Zimri, vedendo che la città era presa, si ritirò nella torre della casa del re, appiccò il fuoco al palazzo reale restando sotto le rovine, e così morì, 19 a causa dei peccati che aveva commesso, facendo ciò che è male agli occhi dell’Eterno, seguendo la via di Geroboamo e abbandonandosi al peccato che questi aveva commesso, inducendo a peccare Israele. 20 Il resto delle azioni di Zimri, la congiura che egli organizzò, sono cose scritte nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 21 Allora il popolo d’Israele si divise in due parti: metà del popolo seguiva Tibni, figlio di Ghinat, per farlo re; l’altra metà seguiva Omri. 22 Ma il popolo che seguiva Omri vinse contro quello che seguiva Tibni, figlio di Ghinat. Tibni morì, e regnò Omri.
23 Il trentunesimo anno di Asa, re di Giuda, Omri cominciò a regnare sopra Israele, e regnò dodici anni. Regnò sei anni a Tirsa, 24 poi comprò da Semer il monte di Samaria per due talenti d’argento; costruì una città su quel monte, e alla città che costruì diede il nome di Samaria dal nome di Semer, padrone del monte. 25 Omri fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno, e fece peggio di tutti i suoi predecessori; 26 seguì in tutto la via di Geroboamo, figlio di Nebat, e si abbandonò ai peccati che Geroboamo aveva fatto commettere a Israele, provocando lo sdegno dell’Eterno, l’Iddio d’Israele, con i suoi idoli. 27 Il resto delle azioni compiute da Omri e le prodezze da lui fatte, sta tutto scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 28 Omri si addormentò con i suoi padri, e fu sepolto a Samaria e Acab, suo figlio, regnò al suo posto.
29 Acab, figlio di Omri, cominciò a regnare sopra Israele il trentottesimo anno di Asa, re di Giuda; e regnò a Samaria, sopra Israele, per ventidue anni. 30 Acab, figlio di Omri, fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno più di tutti quelli che lo avevano preceduto. 31 E, come se fosse stata per lui poca cosa l’abbandonarsi ai peccati di Geroboamo figlio di Nebat, prese per moglie Izebel, figlia di Etbaal, re dei Sidoni, andò a servire Baal, a prostrarsi davanti a lui, 32 ed eresse un altare a Baal, nel tempio di Baal, che costruì a Samaria. 33 Acab fece anche l’idolo di Astarte. Per provocare a sdegno l’Eterno, l’Iddio d’Israele, Acab fece più di quello che avevano fatto tutti i re d’Israele che lo avevano preceduto. 34 Al suo tempo, Chiel di Betel, ricostruì Gerico; ne gettò le fondamenta su Abiram, suo primogenito, e ne rizzò le porte su Segub, il più giovane dei suoi figli, secondo la parola che l’Eterno aveva pronunciato per bocca di Giosuè, figlio di Nun.
1 TOE het die woord van die Here gekom tot Jehu, die seun van Hanáni, teen Baésa, en gesê:
2 Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het, maar jy in die weg van Jeróbeam gewandel en my volk Israel laat sondig het, om My te terg deur hulle sondes,
3 daarom sal Ek Baésa en sy huis skoon wegvee, en Ek sal jou huis maak soos die huis van Jeróbeam, die seun van Nebat.
4 Die een wat van Baésa in die stad sterwe, hom sal die honde eet, en wie van hom in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet.
5 En die verdere geskiedenis van Baésa en wat hy gedoen het, en sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
6 En Baésa het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in Tirsa; en sy seun Ela het in sy plek koning geword.
7 Ook het die woord van die Here deur die diens van Jehu, die seun van Hanáni, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die Here gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.
8 IN die ses-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Ela, die seun van Baésa, oor Israel koning geword in Tirsa, twee jaar lank.
9 Maar sy dienaar Simri, die owerste oor die helfte van die strydwaens, het 'n sameswering teen hom gesmee: terwyl hy hom dronk gedrink het in Tirsa, in die huis van Arsa, wat oor die paleis in Tirsa was,
10 het Simri ingekom en hom verslaan en hom gedood in die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het in sy plek koning geword.
11 En toe hy koning was, terwyl hy op die troon sit, het hy die hele huis van Baésa verwoes; hy het vir hom niemand laat oorbly wat manlik is nie, ook nie sy bloedwrekers en vriende nie.
12 So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet Jehu,
13 vanweë al die sondes van Baésa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om die Here, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
14 En die verdere geskiedenis van Ela en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
15 In die sewen-en-twintigste jaar van Asa, die koning van Juda, was Simri sewe dae lank koning in Tirsa, terwyl die manskappe Gíbbeton beleër wat aan die Filistyne behoort het.
16 En toe die manskappe wat beleër, hoor sê: Simri het 'n sameswering gesmee en ook die koning doodgeslaan, het die hele Israel Omri, die leërowerste, koning gemaak oor Israel, dieselfde dag in die laer.
17 En Omri het opgetrek en die hele Israel saam met hom van Gíbbeton af en Tirsa beleër.
18 Net toe Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het,
19 vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die Here, deur te wandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig.
20 En die verdere geskiedenis van Simri en sy sameswering wat hy gesmee het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
21 Toe is die volk van Israel verdeel in twee helftes: een helfte van die volk het Tibni, die seun van Ginat, gevolg om hom koning te maak, en die ander helfte het Omri gevolg.
22 Maar die volk wat Omri gevolg het, was te sterk vir die volk wat Tibni, die seun van Ginat, gevolg het; en Tibni het gesterwe, en Omri het koning geword.
23 In die een-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda, het Omri oor Israel koning geword, twaalf jaar lank; in Tirsa was hy ses jaar koning.
24 En hy het die berg Samaría van Semer gekoop vir twee talente silwer en die berg bebou en die stad wat hy gebou het, Samaría genoem na die naam van Semer, die eienaar van die berg.
25 En Omri het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en meer kwaad gedoen as al sy voorgangers.
26 Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om die Here, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
27 En die verdere geskiedenis van Omri, wat hy gedoen het, en sy magtige dade wat hy verrig het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
28 En Omri het ontslaap met sy vaders en is in Samaría begrawe; en sy seun Agab het in sy plek koning geword.
29 EN Agab, die seun van Omri, het oor Israel koning geword in die agt-en-dertigste jaar van Asa, die koning van Juda; en Agab, die seun van Omri, het in Samaría oor Israel twee-en-twintig jaar geregeer.
30 En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die Here, meer as al sy voorgangers.
31 En dit was nog die minste dat hy in die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, gewandel het: hy het Isébel, die dogter van Et-Baäl, die koning van die Sidoniërs, as vrou geneem, en Baäl gaan dien en voor hom neergebuig,
32 en vir Baäl 'n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.
33 Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die Here, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.
34 In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou; ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.