1 Poi Eliù proseguendo disse:
2 "Aspetta un po’, io ti istruirò; perché c’è altro da dire in favore di Dio. 3 Io trarrò la mia conoscenza da lontano e renderò giustizia a colui che mi ha fatto. 4 Per certo, le mie parole non sono bugiarde; ti sta davanti un uomo dotato di conoscenza perfetta. 5 Ecco, Iddio è potente, ma non respinge nessuno; è potente per la forza della sua intelligenza. 6 Egli non lascia vivere l’empio e rende giustizia agli afflitti. 7 Non distoglie il suo sguardo dai giusti, ma li pone con i re sul trono, ve li fa sedere per sempre, e così li esalta. 8 Se gli uomini sono talvolta stretti da catene, se sono presi nei legami dell’afflizione, 9 Dio fa loro conoscere il loro comportamento, le loro trasgressioni, poiché si sono insuperbiti; 10 egli apre così i loro orecchi ai suoi ammonimenti e li esorta ad abbandonare il male. 11 Se lo ascoltano, se si sottomettono, finiscono i loro giorni nel benessere, e i loro anni nella gioia; 12 ma, se non lo ascoltano, muoiono trafitti dalle sue frecce, muoiono per mancanza di intelligenza. 13 Gli empi di cuore si abbandonano alla collera, non implorano Iddio quando egli li incatena; 14 così muoiono nel fiore degli anni, e la loro vita finisce come quella dei dissoluti; 15 ma Dio libera l’afflitto mediante l’afflizione, e gli apre gli orecchi mediante la sventura. 16 Egli vuole liberare anche te dalle fauci della calamità, metterti al largo, dove non c’è più angustia, e coprire la tua mensa di cibi succulenti. 17 Ma, se giudichi le vie di Dio come fanno gli empi, il suo giudizio e la sua sentenza ti piomberanno addosso. 18 Bada che la collera non ti trasporti alla bestemmia, e la grandezza del riscatto non ti induca a deviare! 19 Farebbe egli caso alle tue ricchezze? Non hanno valore per lui, né l’oro, né tutta l’abbondanza della ricchezza. 20 Non anelare a quella notte che porta via i popoli dal loro luogo. 21 Bada bene di non volgerti all’iniquità, tu che sembri preferirla all’afflizione! 22 Ecco, Iddio è eccelso nella sua potenza; chi può insegnare come lui? 23 Chi gli prescrive la via da seguire? Chi osa dirgli: ‘Tu hai fatto male’? 24 Pensa piuttosto a magnificare le sue opere; gli uomini le celebrano nei loro canti, 25 tutti le ammirano, il mortale le contempla da lontano. 26 Sì, Dio è grande e noi non lo possiamo conoscere; incalcolabile è il numero dei suoi anni. 27 Egli attira in alto le gocce dell’acqua; dai vapori che egli ha formato stilla la pioggia. 28 Le nubi la spandono, la rovesciano sulla folla dei mortali. 29 E chi può capire lo spiegamento delle nubi, i fragori che scoppiano nel suo padiglione? 30 Ecco, ora egli diffonde intorno a sé la sua luce, ora prende come coperta le profondità del mare. 31 Con questi mezzi punisce i popoli e dà loro del cibo in abbondanza. 32 Si riempie di fulmini le mani e li lancia contro gli avversari. 33 Il rombo del tuono annuncia che egli viene, gli animali lo sentono vicino.
1 EN Elíhu het voortgegaan en gesê:
2 Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot eer van God.
3 Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
4 Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
5 Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie — geweldig deur krag van verstand.
6 Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
7 Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
8 Maar as hulle in kettings geklink is, gevang word in bande van ellende,
9 dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
10 dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
11 As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
13 Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
14 So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
15 Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
16 SO lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperkte ruimte en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspys.
17 Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig sal u aangryp.
18 Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
19 Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
20 Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
21 Neem u in ag, wend u nie tot ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
22 Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?
23 Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
24 Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
25 Al die mense sien dit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
26 Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
27 Want Hy trek waterdruppels af; hulle sif neer by sy mistige weer as reën
28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
30 Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
31 Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
32 Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
33 Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.