1 Allora l’Eterno rispose a Giobbe dal seno della tempesta, e disse:
2 "Chi è costui che oscura i miei disegni con parole prive di senno? 3 Cingiti i fianchi come un prode; io ti farò delle domande e tu insegnami! 4 Dov’eri tu quando io fondavo la terra? Dillo, se hai tanta intelligenza. 5 Chi ne fissò le dimensioni? se lo sai! O chi tirò su di essa la corda da misurare? 6 Su che cosa furono poggiate le sue fondamenta, o chi ne pose la pietra angolare 7 quando le stelle del mattino cantavano tutte assieme e tutti i figli di Dio alzavano grida di gioia? 8 Chi chiuse con porte il mare balzante fuori dal grembo materno, 9 quando gli diedi le nubi come vestito e per fasce l’oscurità, 10 quando gli tracciai dei confini, gli misi sbarre e porte? 11 E dissi: ‘Fin qui tu verrai, e non oltre; qui si fermerà l’orgoglio delle tue onde’. 12 Hai tu mai, in vita tua, comandato al mattino? o insegnato il suo luogo all’aurora, 13 perché essa afferri le estremità della terra, e ne scuota via i malvagi? 14 La terra si trasfigura come creta sotto il sigillo, e appare come vestita di un ricco manto; 15 i malfattori sono privati della loro luce e il braccio, alzato già, è spezzato. 16 Sei tu penetrato fino alle sorgenti del mare? Hai tu passeggiato in fondo all’abisso? 17 Ti sono state mostrate le porte della morte? Hai tu visto le porte dell’ombra di morte? 18 Hai tu abbracciato con lo sguardo l’ampiezza della terra? Parla, se la conosci tutta! 19 Dov’è la via che guida al soggiorno della luce? E dov’è la dimora delle tenebre? 20 Le puoi tu guidare verso i loro domini, e conosci bene i sentieri per ricondurle a casa? 21 Lo sai di sicuro! perché, allora, tu eri già nato e il numero dei tuoi giorni è grande! 22 Sei tu entrato nei depositi della neve? Li hai visti i depositi della grandine, 23 che io tengo in serbo per i tempi della calamità, per il giorno della battaglia e della guerra? 24 Per quali vie si diffonde la luce e si sparge il vento orientale sulla terra? 25 Chi ha aperto i canali all’acquazzone e segnato la via al lampo dei tuoni, 26 perché la pioggia cada sulla terra inabitata, sul deserto dove non c’è nessun uomo, 27 e disseti le solitudini desolate, in modo che vi germogli e cresca l’erba? 28 Ha forse la pioggia un padre? Chi genera le gocce della rugiada? 29 Dal seno di chi esce il ghiaccio, e la brina del cielo chi la dà alla luce? 30 Le acque, diventate come pietra, si nascondono, e la superficie dell’abisso si congela. 31 Sei tu che stringi i legami delle Pleiadi, o potresti tu sciogliere le catene di Orione? 32 Sei tu che, a suo tempo, fai apparire le costellazioni e guidi l’Orsa maggiore insieme ai suoi piccini? 33 Conosci le leggi del cielo? regoli il suo dominio sulla terra? 34 Puoi alzare la voce fino alle nubi e fare in modo che abbondanza di pioggia ti ricopra? 35 I fulmini partono forse al tuo comando? Ti dicono essi: ‘Eccoci qua’? 36 Chi ha messo negli strati delle nubi sapienza, o chi ha dato intelletto alla meteora? 37 Chi conta con sapienza le nubi? Chi versa gli otri del cielo, 38 quando la polvere stemperata diventa come una massa in fusione e le zolle dei campi si saldano fra loro? 39 Sei tu che cacci la preda per la leonessa, che sazi la fame dei leoncelli 40 quando si accovacciano nelle tane e si mettono in agguato nella macchia? 41 Chi provvede il pasto al corvo quando i suoi piccini gridano a Dio e vanno errando senza cibo?
1 DAARNA het die Here Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
2 Wie maak die raadsbesluit daar tot duisternis met woorde sonder kennis?
3 Gord dan soos 'n man jou heupe — dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.
4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.
5 Wie het sy afmetinge bepaal? — jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan?
6 Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?
7 Toe die môresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het?
8 En wie het die see met deure afgesluit toe dit uitgebreek, uit die moederskoot voortgekom het?
9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.
10 Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word 'n grens gestel vir jou trotse golwe.
12 Het jy, solank as jy lewe, die môre ontbied, die dageraad sy plek aangewys,
13 om die some van die aarde aan te gryp, sodat die goddelose daarvan afgeskud word?
14 Dit neem nuwe vorme aan soos die klei onder 'n seël; en die dinge kry gestalte soos 'n kleed.
15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
16 Het jy gekom tot by die bronne van die see? En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die wêreldvloed?
17 Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis — waar is tog sy plek,
20 sodat jy dit kan bring, elkeen na sy gebied en kan verstaan die paaie na hulle huis?
21 Jy weet dit seker wel, want jy is toe gebore! En die getal van jou dae is groot!
22 Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien,
23 wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?
25 Wie het 'n kanaal gesplyt vir die stortvloed en 'n pad vir die onweerstraal;
26 om te laat reën op 'n land waar geen mens is nie, op 'n woestyn waar niemand woon nie;
27 om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?
28 Het die reën 'n vader? Of wie verwek die doudruppels?
29 Uit wie se moederskoot kom die ys te voorskyn? En die ryp van die hemel — wie baar dit?
30 Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.
31 Kan jy die bande van die Sewe-ster knoop? Of die toue van die Oríon losmaak?
32 Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd? En die Beer met sy kleintjies lei?
33 Ken jy die wette van die hemel? Of kan jy sy heerskappy oor die aarde bestel?
34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?
35 Kan jy die bliksems uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou sê: Hier is ons!
36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?
37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel — wie giet hulle leeg
38 wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?