1 Ai giorni di Acaz, figlio di Iotam, figlio di Uzzia, re di Giuda, Resin, re di Siria, e Peca, figlio di Remalia, re d’Israele, salirono contro Gerusalemme per muoverle guerra; ma non riuscirono a espugnarla. 2 Fu riferita alla casa di Davide questa notizia: "La Siria si è alleata con Efraim". Il cuore di Acaz e il cuore del suo popolo furono agitati, come gli alberi della foresta sono agitati dal vento. 3 Allora l’Eterno disse a Isaia: "Va’ incontro ad Acaz, tu con Sear-Iasub, tuo figlio, verso l’estremità dell’acquedotto della vasca superiore, sulla strada del campo del lavandaio, e digli: 4 ‘Guarda di startene calmo e tranquillo, non temere e non ti si avvilisca il cuore a causa di questi due avanzi di tizzoni fumanti, a causa dell’ira ardente di Resin, della Siria e del figlio di Remalia. 5 Siccome la Siria, Efraim e il figlio di Remalia meditano del male a tuo danno, dicendo: 6 Saliamo contro Giuda, terrorizziamolo, apriamo una breccia e proclamiamo re in mezzo a esso il figlio di Tabbeel’, 7 così dice il Signore, l’Eterno: ‘Questo non avrà effetto; non succederà; 8 poiché Damasco è la capitale della Siria e Resin è il capo di Damasco. Fra sessantacinque anni Efraim sarà fiaccato al punto che non sarà più popolo. 9 Samaria è la capitale di Efraim, e il figlio di Remalia è il capo di Samaria. Se voi non avete fede, certo, non potrete sussistere’".
10 L’Eterno parlò di nuovo ad Acaz, e gli disse: 11 "Chiedi un segno all’Eterno, al tuo Dio! chiedilo giù nei luoghi sottoterra o nei luoghi eccelsi!". 12 Acaz rispose: "Io non chiederò nulla; non tenterò l’Eterno". 13 E Isaia disse: "Ora ascoltate, o casa di Davide! È forse poca cosa per voi stancare gli uomini, che volete stancare anche il mio Dio? 14 Perciò il Signore stesso vi darà un segno: ecco, la giovane concepirà, partorirà un figlio, e lo chiamerà Emmanuele. 15 Egli mangerà panna e miele finché sappia rigettare il male e scegliere il bene. 16 Ma prima che il fanciullo sappia rigettare il male e scegliere il bene, il paese del quale tu temi i due re, sarà devastato. 17 L’Eterno farà venire su di te, sul tuo popolo e sulla casa di tuo padre dei giorni, come non se ne ebbero mai dal giorno che Efraim si è separato da Giuda: vale a dire il re di Assiria. 18 E in quel giorno l’Eterno fischierà alle mosche che sono all’estremità dei fiumi d’Egitto, e alle api che sono nel paese di Assiria. 19 Esse verranno e si poseranno tutte nelle valli deserte, nelle fessure delle rocce, su tutti i cespugli e su tutti i pascoli. 20 In quel giorno, il Signore, con un rasoio preso a noleggio di là dal fiume, cioè con il re di Assiria, raderà la testa, i peli delle gambe e porterà via anche la barba. 21 In quel giorno avverrà che uno nutrirà una giovenca e due pecore, 22 ed esse daranno tale abbondanza di latte, che egli mangerà della panna; poiché mangerà panna e miele chiunque sarà rimasto superstite nel paese. 23 In quel giorno, ogni terreno contenente mille viti del valore di mille sicli d’argento, sarà abbandonato in balìa dei rovi e dei pruni. 24 Vi si entrerà con le frecce e con l’arco, perché tutto il paese non sarà che rovi e pruni. 25 E tutti i colli che si dissodavano con la vanga non saranno più frequentati per timore dei rovi e dei pruni; vi si lasceranno andare i buoi, e le pecore ne calpesteranno il suolo".
1 EN in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie.
2 Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! — het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind.
3 En die Here het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,
4 en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie — weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Remália;
5 omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Remália, deur te sê:
6 Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van Tábeal daaroor koning maak.
7 So sê die Here Here: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie.
8 Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf-en-sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie;
9 en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie — voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!
10 En die Here het verder met Agas gespreek en gesê:
11 Eis vir jou 'n teken van die Here jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
12 Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die Here nie versoek nie.
13 Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie?
14 Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
15 Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.
16 Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees.
17 Maar die Here sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie — die koning van Assur!
18 En in dié dag sal die Here vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;
19 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.
20 In dié dag sal die Here met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
21 En in dié dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou;
22 en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
23 En in dié dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
24 Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
25 En al die berge wat met die pik bewerk is — daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word.