1 Così parla l’Eterno: "Il cielo è il mio trono e la terra è lo sgabello dei miei piedi; quale casa potreste costruirmi? e quale potrebbe essere il luogo del mio riposo? 2 Tutte queste cose le ha fatte la mia mano e così sono tutte venute all’esistenza", dice l’Eterno. "Ecco su chi io poserò lo sguardo: su chi è umile, ha lo spirito afflitto e trema alla mia parola. 3 Chi immola un bue è come se uccidesse un uomo; chi sacrifica un agnello, come se uccidesse un cane; chi presenta un’oblazione, come se offrisse sangue di maiale; chi fa un profumo d’incenso, come se benedicesse un idolo. Come costoro hanno scelto le loro vie e la loro anima prende piacere nelle loro abominazioni, 4 così sceglierò io la loro sventura e farò piombare loro addosso quello che temono; poiché io ho chiamato e nessuno ha risposto; ho parlato ed essi non hanno dato ascolto, ma hanno fatto ciò che è male ai miei occhi e hanno preferito ciò che mi dispiace".
5 Ascoltate la parola dell’Eterno, voi che tremate alla sua parola. "I vostri fratelli che vi odiano e vi scacciano a causa del mio nome, dicono: ‘Si mostri l’Eterno nella sua gloria, affinché possiamo vedere la vostra gioia!’. Ma essi saranno confusi. 6 Uno strepito esce dalla città, un clamore viene dal tempio. È la voce dell’Eterno, che dà la retribuzione ai suoi nemici. 7 Prima di provare le doglie del parto, essa ha partorito; prima che le venissero i dolori, ha dato alla luce un maschio. 8 Chi ha udito mai una cosa simile? chi ha mai visto cose come queste? Un paese nasce forse in un giorno? una nazione viene forse alla luce in una volta? Ma Sion, appena ha sentito le doglie, ha subito partorito i suoi figli. 9 Io che preparo la nascita non farei partorire?", dice l’Eterno, "io che faccio partorire, chiuderei il grembo materno?", dice il tuo Dio.
10 "Rallegratevi con Gerusalemme e festeggiate a causa sua, voi tutti che la amate! Gioite grandemente con lei, voi tutti che siete in lutto per lei, 11 affinché siate allattati e saziati al seno delle sue consolazioni; affinché beviate a lunghi sorsi, e con delizia, l’abbondanza della sua gloria". 12 Poiché così parla l’Eterno: "Ecco, io dirigerò la pace verso di lei come un fiume, e la ricchezza delle nazioni come un torrente che straripa; voi sarete allattati, sarete portati in braccio e accarezzati sulle ginocchia. 13 Come un uomo che sua madre consola, così io consolerò voi, e sarete consolati in Gerusalemme". 14 Voi lo vedrete, il vostro cuore si rallegrerà e le vostre ossa, come l’erba, riprenderanno vigore; la mano dell’Eterno si farà conoscere in favore dei suoi servi, e la sua indignazione, contro i suoi nemici.
15 Poiché ecco, l’Eterno verrà nel fuoco, e i suoi carri saranno come l’uragano per dare la retribuzione della sua ira con furore, per eseguire le sue minacce con fiamme di fuoco. 16 Poiché l’Eterno eserciterà il suo giudizio con il fuoco e con la sua spada, contro ogni carne; gli uccisi dall’Eterno saranno molti. 17 "Quelli che si santificano e si purificano per andare nei giardini dietro all’idolo che è là in mezzo, quelli che mangiano carne di maiale, cose abominevoli e topi, saranno tutti quanti consumati", dice l’Eterno. 18 "Io conosco le loro opere e i loro pensieri; il tempo è giunto per raccogliere tutte le nazioni e tutte le lingue; ed esse verranno e vedranno la mia gloria. 19 Io metterò un segnale fra loro, manderò alcuni dei loro scampati alle nazioni: a Tarsis, a Pul e a Lud che tirano l’arco, a Tubal e a Iavan, alle isole lontane che non hanno mai udito la mia fama e non hanno mai visto la mia gloria; essi proclameranno la mia gloria fra le nazioni. 20 Ricondurranno tutti i vostri fratelli, tra tutte le nazioni, come un’offerta all’Eterno, su cavalli, su carri, su lettighe, su muli, su dromedari, al mio monte santo, a Gerusalemme", dice l’Eterno, "nel modo in cui i figli d’Israele portano le loro offerte in un vaso puro alla casa dell’Eterno. 21 Tra di loro prenderò pure alcuni come sacerdoti e come Leviti", dice l’Eterno. 22 "Poiché come i nuovi cieli e la nuova terra che io sto per creare sussisteranno stabili davanti a me", dice l’Eterno, "così sussisteranno la vostra discendenza e il vostro nome. 23 E avverrà che, di novilunio in novilunio e di sabato in sabato, ogni carne verrà a prostrarsi davanti a me", dice l’Eterno. 24 "Quando gli adoratori usciranno, vedranno i cadaveri degli uomini che si sono ribellati a me; poiché il loro verme non morirà, e il loro fuoco non si estinguerà; e saranno in orrore a ogni carne".
1 SO sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die Here. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
3 Wie 'n bees as offer slag, is soos hy wat 'n man doodslaan; wie 'n lam offer, soos hy wat 'n hond se nek breek; wie 'n spysoffer bring — dit is varkbloed; wie wierook as gedenkoffer bring, is soos hy wat 'n afgod prys. Soos húlle hul eie weë verkies het en hulle siel 'n behae het in hul verfoeisels,
4 so sal Ek ook hulle ongeluk verkies en wat hulle met skrik vervul, oor hulle laat kom; omdat Ek geroep en niemand geantwoord het nie, Ek gespreek en hulle nie gehoor het nie; maar hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, en verkies wat My nie behaag nie.
5 Hoor die woord van die Here, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die Here heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
6 Hoor — 'n rumoer uit die stad! Hoor — uit die tempel! Hoor — dit is die Here wat sy vyande hulle dade vergeld!
7 Voordat sy weë gekry het, het sy gebaar; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos.
8 Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.
9 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die Here. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het!
11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid.
12 Want so sê die Here: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
13 Soos iemand wat deur sy moeder getroos word, so sal Ek julle troos; en julle sal in Jerusalem getroos word.
14 En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die Here bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.
15 Want kyk, die Here sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
16 Want met vuur en met sy swaard sal die Here strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die Here verslaan is, sal baie wees.
17 Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise — almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die Here.
18 Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien.
19 En Ek sal 'n teken onder hulle doen, en vrygeraaktes uit hulle stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud, wat die boog span, na Tubal en Jawan, na die ver kuslande wat my tyding nie gehoor en my heerlikheid nie gesien het nie; en hulle sal my heerlikheid onder die nasies verkondig.
20 En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die Here, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die Here, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die Here.
21 En ook sal Ek uit hulle priesters en Leviete neem, spreek die Here.
22 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here.
24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.