1 "Ascoltate questo, o casa di Giacobbe, voi che siete chiamati con il nome d’Israele e che siete usciti dalla sorgente di Giuda; voi che giurate per il nome dell’Eterno e menzionate l’Iddio d’Israele ma senza sincerità, senza giustizia! 2 Poiché prendono il loro nome dalla città santa, si appoggiano sull’Iddio d’Israele, che si chiama l’Eterno degli eserciti! 3 Già anticamente io annunciai le cose passate; esse uscirono dalla mia bocca, io le feci sapere; a un tratto io le effettuai, ed esse avvennero. 4 Siccome io sapevo, o Israele, che tu sei ostinato, che il tuo collo ha muscoli di ferro e che la tua fronte è di bronzo, 5 io ti annunciai queste cose anticamente; te le feci sapere prima che avvenissero, perché tu non dicessi: ‘Le ha fatte il mio idolo, le ha ordinate la mia immagine scolpita, la mia immagine fusa’. 6 Tu ne hai udito l’annuncio, le hai viste compiersi tutte quante. Non lo proclamerete voi stessi? Ora io ti annuncio delle cose nuove, delle cose occulte, a te ignote. 7 Esse sono create adesso, non da tempo antico; e, prima di oggi, non ne avevi udito parlare, perché tu non dica: ‘Ecco, io le sapevo’. 8 No, tu non ne hai udito nulla, non ne hai saputo nulla, nulla in passato te ne è mai venuto agli orecchi, perché sapevo che ti saresti comportato perfidamente, e che ti chiami ‘Ribelle’ fin dal grembo materno. 9 Per amore del mio nome io rinvierò la mia ira, e per amore della mia gloria io mi freno per non sterminarti. 10 Ecco, io ti ho voluto affinare, ma senza ottenerne argento; ti ho provato nel crogiuolo dell’afflizione. 11 Per amore di me stesso, per amore di me stesso io voglio agire; poiché, come potrei lasciar profanare il mio nome? Io non darò la mia gloria a un altro.
12 Ascoltami, o Giacobbe, e tu, Israele, che io ho chiamato. Io sono; io sono il primo, e sono pure l’ultimo. 13 La mia mano ha fondato la terra e la mia destra ha spiegato i cieli; quando io li chiamo, si presentano assieme. 14 Radunatevi tutti quanti e ascoltate! Chi tra di voi ha annunciato queste cose? Colui che l’Eterno ama eseguirà il suo volere contro Babilonia, e alzerà il suo braccio contro i Caldei. 15 Io, io ho parlato, io l’ho chiamato; io l’ho fatto venire, e la sua impresa riuscirà.
16 Avvicinatevi a me e ascoltate questo: fin dal principio io non ho parlato in segreto; quando questi fatti avvenivano, io ero presente; ora, il Signore, l’Eterno, mi manda con il suo Spirito.
17 Così parla l’Eterno, il tuo Redentore, il Santo d’Israele: ‘Io sono l’Eterno, il tuo Dio, che t’insegna per il tuo bene e ti guida per la via che devi seguire.
18 Oh, se tu fossi stato attento ai miei comandamenti! la tua pace sarebbe come un fiume, e la tua giustizia come le onde del mare; 19 la tua discendenza sarebbe come la sabbia e il frutto del tuo grembo come la sabbia che è nel mare; il suo nome non sarebbe cancellato né distrutto davanti a me’".
20 Uscite da Babilonia, fuggite lontano dai Caldei! Annunciatelo con voce gioiosa, proclamatelo a tutti, diffondetelo fino alle estremità della terra! Dite: "L’Eterno ha redento il suo servo Giacobbe". 21 Essi non hanno avuto sete quando egli li ha condotti attraverso i deserti; egli ha fatto scaturire per loro dell’acqua dalla roccia; ha spaccato la roccia e ne è fuoriuscita l’acqua. 22 "Non c’è pace per gli empi", dice l’Eterno.
1 HOOR dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die Here en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie —
2 want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, Here van die leërskare is sy Naam.
3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik het Ek dit volbring, en dit het gekom.
4 Omdat Ek geweet het dat jy halsstarrig is, en jou nek 'n ystersening is, en jou voorhoof koper,
5 daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
6 Jy het dit gehoor — aanskou dit alles! Sal júlle dit dan nie verkondig nie? Van nou af laat Ek jou nuwe dinge hoor en geheime wat jy nie geweet het nie.
7 Nou is hulle geskape en nie tevore nie; en voor vandag het jy niks daarvan gehoor nie, dat jy nie sou sê: Kyk, ek het dit geweet nie!
8 Ja, jy het dit nie gehoor nie, ook het jy dit nie geweet, ook het jou oor tevore nie daarvoor oopgegaan nie; want Ek het geweet dat jy baie troueloos handel, en dat jy van die moederskoot af 'n oortreder genoem is.
9 Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie.
10 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.
11 Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen — want ag, hoe is my Naam ontheilig! — en Ek sal my eer aan geen ander gee nie.
12 Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste.
13 Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
14 Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die Here liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.
15 Ek, Ek het dit gespreek, ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.
16 Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here Here my met sy Gees gestuur.
17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;
19 dan sou jou nakomelinge gewees het soos die sand, en die wat uit jou liggaam voortkom, soos die korreltjies daarvan; sy naam sou nie uitgeroei of verdelg word voor my aangesig nie!
20 Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die Here het sy kneg Jakob verlos;
21 en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.
22 Geen vrede, sê die Here, vir die goddelose nie!