1 Profezia sull’Egitto.
Ecco l’Eterno che cavalca una nuvola leggera ed entra in Egitto; gli idoli d’Egitto tremano davanti a lui, e all’Egitto si scioglie il cuore nel petto. 2 "Io inciterò Egiziani contro Egiziani, combatteranno il fratello contro il fratello, il vicino contro il vicino, città contro città, regno contro regno. 3 Lo spirito che anima l’Egitto svanirà, io renderò vani i suoi disegni; quelli consulteranno gli idoli, gli incantatori, gli evocatori di spiriti e gli indovini. 4 Io darò l’Egitto nelle mani di un signore duro e un re crudele dominerà su di lui", dice il Signore, l’Eterno degli eserciti.
5 Le acque del mare si prosciugheranno, il fiume diventerà secco e arido; 6 i ruscelli diventeranno infetti, i canali d’Egitto scemeranno e resteranno asciutti, le canne e i giunchi deperiranno. 7 Le praterie sul Nilo, lungo le rive del Nilo, tutti i seminati presso il fiume seccheranno, diventeranno spogli, spariranno. 8 I pescatori gemeranno, tutti quelli che gettano l’amo nel Nilo saranno in lutto e quelli che stendono le reti sulle acque languiranno. 9 Coloro che lavorano il lino pettinato e i tessitori di cotone saranno confusi. 10 Le colonne del paese saranno infrante, tutti quelli che vivono di un salario saranno nella tristezza.
11 I prìncipi di Soan non sono che degli stolti; i più saggi tra i consiglieri del Faraone danno consigli insensati. Come potete mai dire al Faraone: "Io sono figlio dei saggi, figlio degli antichi re?". 12 Dove sono i tuoi saggi? Te lo annuncino essi e lo riconoscano essi stessi quello che l’Eterno degli eserciti ha deciso contro l’Egitto! 13 I prìncipi di Soan sono diventati stolti, i prìncipi di Nof si ingannano; hanno traviato l’Egitto, essi, la pietra angolare delle sue tribù. 14 L’Eterno ha messo in loro uno spirito di vertigine; fanno barcollare l’Egitto in ogni sua impresa, come l’ubriaco che barcolla vomitando. 15 Non gioverà nulla all’Egitto di quello che potranno fare il capo o la coda, la palma o il giunco.
16 In quel giorno, l’Egitto sarà come le donne: tremerà, sarà spaventato, vedendo la mano dell’Eterno degli eserciti che si agita, che si agita minacciosa contro di lui. 17 Il paese di Giuda sarà il terrore dell’Egitto; tutte le volte che gli verrà menzionato, l’Egitto sarà spaventato a causa della decisione presa contro di lui dall’Eterno degli eserciti.
18 In quel giorno, vi saranno nel paese d’Egitto cinque città che parleranno la lingua di Canaan e che giureranno per l’Eterno degli eserciti; una di esse si chiamerà "Città del sole".
19 In quel giorno, in mezzo al paese d’Egitto, ci sarà un altare eretto all’Eterno e, presso la frontiera, una colonna consacrata all’Eterno. 20 Sarà per l’Eterno degli eserciti un segno e una testimonianza nel paese d’Egitto; quando essi grideranno all’Eterno a causa dei loro oppressori, egli manderà loro un salvatore e un difensore a liberarli. 21 L’Eterno si farà conoscere all’Egitto e gli Egiziani, in quel giorno, conosceranno l’Eterno, gli offriranno un culto con sacrifici e offerte, faranno voti all’Eterno e li adempiranno. 22 L’Eterno colpirà gli Egiziani: li colpirà e li guarirà ed essi si convertiranno all’Eterno, che si arrenderà alle loro suppliche e li guarirà.
23 In quel giorno, ci sarà una strada dall’Egitto all’Assiria; gli Assiri andranno in Egitto, e gli Egiziani in Assiria; gli Egiziani serviranno l’Eterno con gli Assiri. 24 In quel giorno, Israele sarà terzo con l’Egitto e con l’Assiria, e tutti e tre saranno una benedizione in mezzo alla terra. 25 L’Eterno degli eserciti li benedirà, dicendo: "Benedetti siano l’Egitto, mio popolo, l’Assiria, opera delle mie mani, e Israele, mia eredità!".
1 GODSPRAAK oor Egipte. Kyk, die Here ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
2 En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk.
3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê.
4 En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here Here van die leërskare.
5 En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê.
6 En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog; riet en biesies sal verwelk.
7 Die weivelde by die Nyl, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai en nie meer wees nie.
8 En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.
9 En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
10 En sy steunpilare word verbrysel; almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
11 Die vorste van Soan is net dwase, die raad van Farao se slimste raadgewers het domheid geword. Hoe kan julle vir Farao sê: Ek is 'n seun van die wyse manne, 'n seun van die konings uit die voortyd?
12 Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die Here van die leërskare oor Egipte besluit het.
13 Die vorste van Soan het dwase geword, die vorste van Nof is bedroë; Egipte is op 'n dwaalweg gebring deur hulle wat die hoeksteen van die stamme is.
14 Die Here het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
15 So is daar dan vir Egipte geen werk wat gedoen word deur kop of stert, palmtak of biesie nie.
16 In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
17 En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die Here van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
18 In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die Here van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
19 In dié dag sal daar 'n altaar wees vir die Here binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die Here by die grens.
20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die Here van die leërskare in Egipteland; as hulle die Here aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.
21 En die Here sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die Here ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die Here en dit betaal.
22 En die Here sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die Here bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
23 In dié dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die Here dien.
24 In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, 'n seën in die midde van die aarde,
25 omdat die Here van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!