1 Parola che Isaia, figlio di Amots, ebbe in visione riguardo a Giuda e a Gerusalemme.
2 Avverrà, negli ultimi giorni, che il monte della casa dell’Eterno si ergerà sulla vetta dei monti e sarà elevato al di sopra dei colli; e tutte le nazioni affluiranno a esso. 3 Molti popoli vi accorreranno, e diranno: "Venite, saliamo al monte dell’Eterno, alla casa dell’Iddio di Giacobbe; egli ci insegnerà le sue vie, e noi cammineremo per i suoi sentieri". Poiché da Sion uscirà la legge, e da Gerusalemme la parola dell’Eterno. 4 Egli giudicherà tra nazione e nazione e sarà l’arbitro fra molti popoli; essi, con le loro spade, costruiranno vomeri di aratro e, con le loro lance, falci; una nazione non alzerà più la spada contro un’altra e non impareranno più la guerra.
5 Casa di Giacobbe, venite, e camminiamo alla luce dell’Eterno! 6 Infatti tu, o Eterno, hai abbandonato il tuo popolo, la casa di Giacobbe, perché sono pieni di pratiche divinatorie; praticano le arti occulte come i Filistei e fanno alleanza con i figli degli stranieri. 7 Il suo paese è pieno d’argento e d’oro e ha tesori senza fine; il suo paese è pieno di cavalli e ha carri senza fine. 8 Il suo paese è pieno di idoli: si prostrano davanti all’opera delle sue mani, davanti a ciò che le sue dita hanno fatto. 9 Perciò l’uomo comune è umiliato, i grandi sono abbassati e tu non li perdoni. 10 Entra nella roccia, nasconditi nella polvere per sottrarti al terrore dell’Eterno e allo splendore della sua maestà. 11 Lo sguardo altero dell’uomo comune sarà abbassato e l’orgoglio dei grandi sarà umiliato; l’Eterno solo sarà esaltato in quel giorno.
12 Poiché l’Eterno degli eserciti ha un giorno contro tutto ciò che è orgoglioso e altero, e contro chiunque si innalza, per abbassarlo; 13 contro tutti i cedri del Libano, alti, elevati, e contro tutte le querce di Basan; 14 contro tutti i monti alti, e contro tutti i colli elevati; 15 contro ogni torre eccelsa, e contro ogni muro fortificato; 16 contro tutte le navi di Tarsis e contro tutto ciò che piace allo sguardo. 17 La superbia dell’uomo comune sarà abbassata, e l’orgoglio dei grandi sarà umiliato; l’Eterno solo sarà esaltato in quel giorno.
18 Gli idoli scompariranno del tutto. 19 Gli uomini entreranno nelle caverne delle rocce e negli antri della terra per sottrarsi al terrore dell’Eterno e allo splendore della sua maestà, quando egli sorgerà per far tremare la terra. 20 In quel giorno gli uomini getteranno ai topi e ai pipistrelli gli idoli d’argento e gli idoli d’oro, che si erano fatti per adorarli; 21 ed entreranno nelle fessure delle rocce e nei crepacci delle rupi per sottrarsi al terrore dell’Eterno e allo splendore della sua maestà, quando egli sorgerà per far tremare la terra.
22 Smettete di confidarvi nell’uomo, nelle cui narici non c’è che un soffio; poiché in quale conto si può tenere?
1 DIE woord wat Jesaja, die seun van Amos, gesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem.
2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
3 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem.
4 En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
5 Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die Here!
6 Want U het u volk verwerp, die huis van Jakob, omdat hulle vol is van wat die Ooste aanbied, en van goëlaars soos die Filistyne, en met die kinders van vreemdes dryf hulle handel.
7 En hulle land is vol silwer en goud, en daar is geen end aan hulle skatte nie; en hulle land is vol perde, en daar is geen end aan hulle strydwaens nie.
8 Ook is hulle land vol afgode; voor die werk van hul hande buig hulle hul neer, voor wat hulle vingers gemaak het.
9 So moet dan die mens neergebuig en die man verneder word; en U moet hulle dit nie vergewe nie.
10 Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die Here en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
11 Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die Here alleen sal in dié dag verhewe wees.
12 Want 'n dag is daar vir die Here van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
13 en oor al die hoë en verhewe seders van die Líbanon en oor al die eikebome van Basan;
14 en oor al die hoë berge en oor al die verhewe heuwels;
15 en oor al die hoë torings en oor al die versterkte mure;
16 en oor al die skepe van Tarsis en oor al die kosbare pronkstukke.
17 Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die Here alleen sal in dié dag verhewe wees.
18 En die afgode sal geheel en al verdwyn.
19 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die Here en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
20 In dié dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise;
21 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die Here en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
22 Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!