1 "Sorgi, risplendi, poiché la tua luce è giunta e la gloria dell’Eterno è spuntata sopra di te! 2 Poiché, ecco, le tenebre coprono la terra e una fitta oscurità avvolge i popoli, ma su di te sorge l’Eterno e la sua gloria appare su di te. 3 Le nazioni cammineranno alla tua luce e i re allo splendore della tua aurora.
4 Alza gli occhi e guardati attorno: tutti si radunano e vengono da te; i tuoi figli giungono da lontano, le tue figlie arrivano, portate in braccio. 5 Allora guarderai e sarai raggiante, il tuo cuore palpiterà forte e si allargherà, poiché l’abbondanza del mare si volgerà verso di te, la ricchezza delle nazioni verrà da te. 6 Moltitudini di cammelli ti copriranno, dromedari di Madian e di Efa; quelli di Seba verranno tutti, portando oro e incenso e proclamando le lodi dell’Eterno. 7 Tutte le greggi di Chedar si raduneranno presso di te, i montoni di Nebaiot saranno al tuo servizio; saliranno sul mio altare come offerta gradita, e io farò risplendere la gloria della mia casa gloriosa.
8 Chi sono mai costoro che volano come una nuvola, come colombi verso le loro colombaie? 9 Sono le isole che spereranno in me e avranno alla loro testa le navi di Tarsis, per ricondurre i tuoi figli da lontano con il loro argento o con il loro oro, per onorare il nome dell’Eterno, del tuo Dio, del Santo d’Israele, che ti avrà glorificato.
10 I figli dello straniero ricostruiranno le tue mura e i loro re saranno al tuo servizio; poiché io ti ho colpita nel mio sdegno, ma nella mia benevolenza ho avuto pietà di te. 11 Le tue porte saranno sempre aperte; non saranno chiuse né giorno né notte, per lasciare entrare in te la ricchezza delle nazioni e i loro re in corteo. 12 Poiché la nazione e il regno che non vorranno servirti, periranno: quelle nazioni saranno completamente distrutte.
13 La gloria del Libano verrà a te, il cipresso, il platano e il larice verranno assieme per ornare il luogo del mio santuario, e io renderò glorioso il luogo dove posano i miei piedi. 14 I figli di quelli che ti avranno oppresso verranno a te, abbassandosi; tutti quelli che ti avranno disprezzato si prostreranno fino alla pianta dei tuoi piedi, e ti chiameranno ‘la Città dell’Eterno’, ‘la Sion del Santo d’Israele’.
15 Invece di essere abbandonata, odiata, al punto che anima viva non passava più da te, sarai motivo di vanto nei secoli, e di gioia per ogni età. 16 Tu succhierai il latte delle nazioni, succhierai al seno dei re e riconoscerai che io, l’Eterno, sono il tuo Salvatore, io, il Potente di Giacobbe, sono il tuo Redentore.
17 Invece del bronzo farò venire dell’oro; invece del ferro farò venire dell’argento; invece del legno, bronzo; invece di pietre, ferro; io ti darò la pace come magistrato, la giustizia come governatore. 18 Non si udrà più parlare di violenza nel tuo paese, di devastazione e di rovina nei tuoi confini; ma chiamerai le tue mura: ‘Salvezza’, e le tue porte: ‘Lode’.
19 Il sole non sarà più la tua luce nel giorno; e la luna non ti illuminerà più con il suo chiarore; ma l’Eterno sarà la tua luce perenne e il tuo Dio sarà la tua gloria. 20 Il tuo sole non tramonterà più e la tua luna non calerà più; poiché l’Eterno sarà la tua luce perenne e i giorni del tuo lutto saranno finiti.
21 Il tuo popolo sarà tutto quanto un popolo di giusti; essi possederanno il paese per sempre: essi, che sono il germoglio da me piantato, l’opera delle mie mani, per manifestare la mia gloria. 22 Il più piccolo diventerà un migliaio; il minimo, una nazione potente. Io, l’Eterno, affretterò le cose a suo tempo".
1 STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.
2 Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
3 En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang.
4 Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra.
5 Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
6 'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die Here.
7 Al die kleinvee van Kedar sal vir jou versamel word, die ramme van Nébajot sal jou dien; hulle kom as welgevallige offer op my altaar, en Ek sal my heerlike huis heerlik maak.
8 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos 'n wolk en soos duiwe na hulle vensters?
9 Ja, op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, om jou seuns van ver te bring. Hul silwer en hul goud is by hulle, vir die Naam van die Here jou God en vir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.
10 En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm.
11 En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog.
12 Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en dié nasies sal seker verwoes word.
13 Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres, die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.
14 En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel.
15 In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
16 En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die Here, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.
17 Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders.
18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie — van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die Here sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die Here sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
21 En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit — as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.
22 Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die Here, sal dit op die regte tyd gou laat kom.