Publicidade

Isaías 50

AFR53
Il Servo dell’Eterno oltraggiato e soccorso

1 Così parla l’Eterno: "Dov’è la lettera di divorzio di vostra madre con la quale io l’ho ripudiata? Oppure a quale dei miei creditori vi ho venduto? Ecco, per le vostre malvagità siete stati venduti e per le vostre iniquità vostra madre è stata ripudiata. 2 Perché, quando io sono venuto, non si è trovato nessuno? Perché, quando ho chiamato, nessuno ha risposto? La mia mano è forse troppo corta per redimere? oppure non ho io la forza per liberare? Ecco, con la mia minaccia io prosciugo il mare, riduco i fiumi in deserto; il loro pesce diventa fetido per mancanza di acqua e muore di sete. 3 Io rivesto i cieli di nero e do loro un cilicio come coperta".

4 Il Signore, l’Eterno, mi ha dato una lingua preparata perché io sappia sostenere con la parola lo stanco. Egli risveglia, ogni mattina, risveglia il mio orecchio, perché io ascolti come fanno i discepoli. 5 Il Signore, l’Eterno, mi ha aperto l’orecchio e io non sono stato ribelle, non mi sono tirato indietro. 6 Io ho presentato il mio dorso a chi mi percuoteva, e le mie guance a chi mi strappava la barba; io non ho nascosto il mio volto alla vergogna e agli sputi. 7 Ma il Signore, l’Eterno, mi ha soccorso; perciò non sono stato confuso; perciò ho reso la mia faccia dura come una pietra e so che non sarò svergognato. 8 Vicino è colui che mi giustifica, chi contenderà con me? presentiamoci assieme! Chi è il mio avversario? Mi venga vicino! 9 Ecco, il Signore, l’Eterno, mi verrà in aiuto; chi mi condannerà? Ecco, tutti costoro diventeranno logori come un vestito, la tignola li roderà.

10 Chi di voi teme l’Eterno e ascolta la voce del suo servo? Sebbene cammini nelle tenebre, privo di luce, confidi nel nome dell’Eterno e si appoggi sul suo Dio! 11 Ecco, voi tutti che accendete un fuoco, che vi munite di tizzoni, andatevene nelle fiamme del vostro fuoco e fra i tizzoni che avete acceso! Questo avrete dalla mia mano; voi giacerete nel dolore.

1 SO die Here: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.

2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot 'n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.

3 Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met 'n roukleed.

Die Kneg van die Here.

4 DIE Here Here het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.

5 Die Here Here het my oor geopen, en Ek was nie wederstrewig nie; Ek het nie agteruitgewyk nie.

6 Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie.

7 Maar die Here Here help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

8 Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My 'n regsaak begin? laat ons saam optree! Wie is my teëparty? laat hom nader kom na My toe!

9 Kyk, die Here Here help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.

10 Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!

11 Kyk, julle almal wat 'n vuur aansteek, wat julle met vuurpyle omgord wandel in die vlam van julle vuur en onder die vuurpyle wat julle aangesteek het! Van my hand het dit julle oorgekom; in smart sal julle neerlê.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-