1 Guai a quelli che scendono in Egitto in cerca di soccorso e hanno fiducia nei cavalli, che confidano nei carri perché sono numerosi, e nei cavalieri perché molto potenti, ma non guardano al Santo d’Israele e non cercano l’Eterno! 2 Eppure, anch’egli è saggio; fa venire il male e non revoca le sue parole, ma insorge contro la casa dei malvagi e contro il soccorso degli artefici di iniquità. 3 Gli Egiziani sono uomini, e non Dio; i loro cavalli sono carne e non spirito; quando l’Eterno stenderà la sua mano il protettore inciamperà, cadrà il protetto e periranno tutti assieme.
4 Poiché così mi ha detto l’Eterno: "Come il leone o il leoncello ruggisce sulla sua preda e, benché una folla di pastori gli sia raccolta contro, non si spaventa alla loro voce, né si lascia intimidire dallo strepito che fanno, così scenderà l’Eterno degli eserciti a combattere sul monte Sion e sul suo colle. 5 Come gli uccelli spiegano le ali sulla loro nidiata, così l’Eterno degli eserciti proteggerà Gerusalemme; la proteggerà, la libererà, la risparmierà, la farà scampare". 6 Tornate a colui dal quale vi siete così profondamente allontanati, o figli d’Israele! 7 Poiché, in quel giorno, ognuno getterà via i suoi idoli d’argento e i suoi idoli d’oro, che le vostre mani hanno fatto per peccare. 8 "Allora l’Assiro cadrà per una spada non di uomo, e una spada, che non è di uomo, lo divorerà; egli fuggirà davanti alla spada e i suoi giovani saranno ridotti in schiavitù. 9 La sua rocca fuggirà spaventata e i suoi prìncipi saranno atterriti davanti alla bandiera", dice l’Eterno che ha il suo fuoco in Sion e la sua fornace in Gerusalemme.
1 WEE hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die Here nie.
2 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
3 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die Here sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
4 Want so het die Here vir my gesê: Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas — só sal die Here van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
5 Soos voëls wat fladder, so sal die Here van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
6 Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
7 Want in dié dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
8 En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
9 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die Here, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.