1 I profeti Aggeo e Zaccaria, figlio di Iddo, profetizzarono nel nome dell’Iddio d’Israele, ai Giudei che erano in Giuda e a Gerusalemme. 2 Allora Zorobabele, figlio di Sealtiel, e Iesua, figlio di Iosadac, si alzarono e ricominciarono a costruire la casa di Dio a Gerusalemme; e con loro c’erano i profeti di Dio, che li assistevano. 3 In quello stesso tempo giunsero da loro Tattenai, governatore di oltre il fiume, Setar-Boznai e i loro colleghi, e parlarono loro così: "Chi vi ha dato ordine di costruire questa casa e di rialzare queste mura?". 4 Poi aggiunsero: "Quali sono i nomi degli uomini che costruiscono questo edificio?". 5 Ma sugli anziani dei Giudei vegliava l’occhio del loro Dio e quelli non gli fecero cessare i lavori, finché la cosa non fosse stata sottoposta a Dario, e da lui fosse giunta una risposta in proposito. 6 Copia della lettera mandata al re Dario da Tattenai, governatore di oltre il fiume, da Setar-Boznai, e dai suoi colleghi, gli Afarsachiti, che erano oltre il fiume. 7 Gli inviarono un rapporto così elaborato: "Al re Dario, perfetta salute! 8 Sappia il re che noi siamo andati nella provincia di Giuda, alla casa del grande Dio. Essa si costruisce con blocchi di pietra, e nelle pareti si inserisce del legname; l’opera viene fatta con cura e progredisce nelle loro mani. 9 Noi abbiamo interrogato quegli anziani, e abbiamo parlato loro così: ‘Chi vi ha dato ordine di costruire questa casa e di rialzare queste mura?’. 10 Abbiamo anche domandato i loro nomi per notificarteli, mettendo per iscritto i nomi degli uomini che sono i loro capi. 11 E questa è la risposta che ci hanno dato: ‘Noi siamo i servi dell’Iddio del cielo e della terra, e ricostruiamo la casa che era stata costruita già molti anni fa: un grande re d’Israele l’aveva costruita e compiuta. 12 Ma poiché i nostri padri hanno provocato a ira l’Iddio del cielo, Iddio li diede in mano di Nabucodonosor, re di Babilonia, il Caldeo, il quale distrusse questa casa, e deportò il popolo a Babilonia. 13 Ma il primo anno di Ciro, re di Babilonia, il re Ciro diede ordine che questa casa di Dio fosse ricostruita. 14 E il re Ciro prese dal tempio di Babilonia gli utensili d’oro e d’argento della casa di Dio, che Nabucodonosor aveva portato via dal tempio di Gerusalemme e trasportato nel tempio di Babilonia; li fece consegnare a uno chiamato Sesbasar, che lui aveva fatto governatore, e gli disse: 15 Prendi questi utensili, va’ a riporli nel tempio di Gerusalemme, e la casa di Dio sia ricostruita dove era. 16 Allora lo stesso Sesbasar venne e gettò le fondamenta della casa di Dio a Gerusalemme; da quel tempo fino a ora essa è in costruzione, ma non è ancora finita’. 17 Dunque, se così piace al re, si facciano delle ricerche nella casa dei tesori del re a Babilonia, per accertare se vi sia stato un ordine dato dal re Ciro per la costruzione di questa casa a Gerusalemme; e ci trasmetta il re la sua decisione a riguardo".
1 MAAR Haggai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.
2 Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van Jósadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.
3 In dié tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en só aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?
4 Só het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.
5 Maar die oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Daríus sou kom, en dan daaroor 'n brief teruggebring sou word.
6 'n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsegaïete wat wes van die Eufraat was, aan koning Daríus gestuur het.
7 Hulle het aan hom 'n berig gestuur, en só was daarin geskrywe: Aan koning Daríus — alle heil!
8 Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.
9 Toe het ons daardie oudstes gevra; só het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?
10 Verder het ons vir hulle ook hul name gevra om u bekend te maak, dat ons die name van die manne wat aan hul hoof staan, kan skrywe.
11 En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat 'n groot koning van Israel gebou en voltooi het.
12 Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.
13 Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.
14 En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadnésar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam van Sésbassar, wat hy as goewerneur aangestel het;
15 en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.
16 Toe het hierdie Sésbassar gekom, hy het die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie.
17 As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.