1 Nel primo anno di Ciro, re di Persia, affinché si adempisse la parola dell’Eterno pronunciata per bocca di Geremia, l’Eterno destò lo spirito di Ciro, re di Persia, il quale, a voce e per iscritto, fece pubblicare per tutto il suo regno questo editto: 2 "Così dice Ciro, re di Persia: ‘L’Eterno, l’Iddio dei cieli, mi ha dato tutti i regni della terra, ed egli mi ha comandato di costruirgli una casa a Gerusalemme, che è in Giuda. 3 Chiunque tra di voi è del suo popolo, il suo Dio sia con lui, e salga a Gerusalemme, che è in Giuda, e costruisca la casa dell’Eterno, dell’Iddio d’Israele, dell’Iddio che è a Gerusalemme. 4 Tutti quelli che rimangono ancora del popolo dell’Eterno, in qualunque luogo abitino, siano assistiti dalla gente del luogo con argento, con oro, con doni in natura, bestiame, aggiungendo offerte volontarie per la casa dell’Iddio che è a Gerusalemme’". 5 Allora i capifamiglia di Giuda e di Beniamino, i sacerdoti e i Leviti, tutti quelli ai quali Iddio aveva destato lo spirito, si mossero per andare a ricostruire la casa dell’Eterno che è a Gerusalemme. 6 E tutti i loro vicini li fornirono di oggetti d’argento, d’oro, di doni in natura, di bestiame, di cose preziose, oltre a tutte le offerte volontarie. 7 Il re Ciro tirò fuori gli utensili della casa dell’Eterno che Nabucodonosor aveva portato via da Gerusalemme e messi nella casa del suo dio. 8 Ciro, re di Persia, li fece ritirare per mezzo di Mitredat, il tesoriere, che li consegnò a Sesbasar, principe di Giuda. 9 Eccone il numero: trenta bacinelle d’oro, mille bacinelle d’argento, ventinove coltelli, 10 trenta coppe d’oro, quattrocentodieci coppe d’argento di secondo ordine, mille altri utensili. 11 Tutti gli oggetti d’oro e d’argento erano cinquemilaquattrocento. Sesbasar li riportò tutti, quando gli esuli furono ricondotti da Babilonia a Gerusalemme.
1 EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here uit die mond van Jeremia vervul sou word — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee; en Hý het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die Here, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
4 En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef — hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
5 Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete — elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die Here wat in Jerusalem is, te bou.
6 En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.
7 En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die Here uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
8 En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan Sésbassar, die vors van Juda, voorgetel.
9 En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, negen-en-twintig messe;
10 dertig goue bekers; verder vierhonderd-en-tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.
11 Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyfduisend-vierhonderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.