1 Risvègliati, risvègliati, rivèstiti della tua forza, o Sion! Mettiti le tue vesti più splendide, Gerusalemme, città santa! Poiché da ora in poi non entreranno più in te né l’incirconciso né l’impuro. 2 Scuotiti di dosso la polvere, alzati, siediti, o Gerusalemme! Sciogliti le catene dal collo, o figlia di Sion che sei in schiavitù!
3 Poiché così parla l’Eterno: "Voi siete stati venduti per nulla e sarete riscattati senza denaro". 4 Infatti così parla il Signore, l’Eterno: "Il mio popolo scese già in Egitto per abitarvi; poi l’Assiro lo oppresse senza motivo. 5 E ora che faccio io qui", dice l’Eterno, "quando il mio popolo è stato portato via per nulla? Quelli che lo dominano mandano urla", dice l’Eterno, "e il mio nome è continuamente, tutto il giorno schernito; 6 perciò il mio popolo conoscerà il mio nome; perciò saprà, in quel giorno, che sono io che ho parlato: Eccomi!".
7 Quanto sono belli, sui monti, i piedi del messaggero di buone notizie, che annuncia la pace, che è araldo di notizie liete, che annuncia la salvezza, che dice a Sion: "Il tuo Dio regna!". 8 Odi le tue sentinelle! Esse alzano la voce, mandano tutte assieme grida di gioia; poiché esse vedono con i loro occhi l’Eterno che ritorna a Sion. 9 Gridate di gioia insieme, o rovine di Gerusalemme! Poiché l’Eterno consola il suo popolo, redime Gerusalemme. 10 L’Eterno ha rivelato il suo braccio santo agli occhi di tutte le nazioni; e tutte le estremità della terra vedranno la salvezza del nostro Dio. 11 Partite, partite, uscite di là! Non toccate nulla d’impuro! Uscite di mezzo a lei! Purificatevi, voi che portate i vasi dell’Eterno! 12 Poiché voi non partirete in fretta, non ve ne andrete come chi fugge, poiché l’Eterno camminerà davanti a voi e l’Iddio d’Israele sarà la vostra retroguardia.
13 Ecco, il mio servo prospererà, sarà innalzato, esaltato, reso sommamente eccelso. 14 Come molti, vedendolo, sono rimasti sbigottiti (tanto era sfigurato il suo aspetto al punto da non sembrare più un uomo, e il suo sembiante al punto da non sembrare più un figlio d’uomo), 15 così molte saranno le nazioni di cui egli desterà l’ammirazione; i re chiuderanno la bocca davanti a lui, poiché vedranno quello che non era loro mai stato narrato e apprenderanno quello che non avevano udito.
1 ONTWAAK, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.
2 Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion!
3 Want so sê die Here: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
4 Want so sê die Here Here: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
5 Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die Here; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die Here, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.
6 Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!
7 HOE lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
8 Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die Here terugkeer na Sion.
9 Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die Here het sy volk getroos, Jerusalem verlos.
10 Die Here het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.
11 Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die Here!
12 Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die Here trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.
13 KYK, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word.
14 Soos baie hulle oor U verstom het — so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van 'n mensekind nie —
15 so sal Hy baie nasies laat opspring, konings sal hulle mond oor Hom toehou; want wat aan hulle nie vertel is nie, sien hulle; en wat hulle nie gehoor het nie, word hulle gewaar.