1 Isole, ascoltatemi! Popoli lontani, state attenti! L’Eterno mi ha chiamato fin dal grembo materno, ha pronunciato il mio nome fin dal seno di mia madre. 2 Egli ha reso la mia bocca come una spada tagliente, mi ha nascosto nell’ombra della sua mano; ha fatto di me una freccia appuntita, mi ha riposto nella sua faretra 3 e mi ha detto: "Tu sei il mio servo, Israele, nel quale io manifesterò la mia gloria". 4 Ma io dicevo: "Invano ho faticato, inutilmente, per nulla ho consumato la mia forza; ma certo, il mio diritto è presso l’Eterno e la mia ricompensa è presso il mio Dio". 5 E ora parla l’Eterno che mi ha formato fin dal grembo materno per essere suo servo, per ricondurgli Giacobbe e per raccogliere intorno a lui Israele; io sono onorato agli occhi dell’Eterno e il mio Dio è la mia forza. 6 Egli dice: "È troppo poco che tu sia mio servo per rialzare le tribù di Giacobbe e per ricondurre gli scampati d’Israele; voglio fare di te la luce delle nazioni, lo strumento della mia salvezza fino alle estremità della terra".
7 Così parla l’Eterno, il Redentore, il Santo d’Israele, a colui che è disprezzato dagli uomini, detestato dalla nazione, schiavo dei potenti: "Dei re lo vedranno e si alzeranno; dei prìncipi pure e si prostreranno, a causa dell’Eterno che è fedele, del Santo d’Israele che ti ha scelto".
8 Così parla l’Eterno: "Nel tempo della grazia io ti esaudirò, nel giorno della salvezza ti aiuterò; ti preserverò e farò di te l’alleanza del popolo, per rialzare il paese, per rimetterli in possesso delle eredità devastate, 9 per dire ai prigionieri: ‘Uscite!’ e a quelli che sono nelle tenebre: ‘Mostratevi!’. Essi pascoleranno lungo le vie e troveranno il loro pascolo su tutte le alture; 10 non avranno fame né sete, né miraggio né sole li colpirà più; poiché colui che ha pietà di loro li guiderà e li condurrà alle sorgenti d’acqua. 11 Io trasformerò tutte le mie montagne in vie, e le mie strade saranno elevate. 12 Guardate! Questi vengono da lontano; ecco, questi altri vengono da settentrione e da occidente, e questi dal paese dei Sinim".
13 Esultate, o cieli, e tu, terra, festeggia! Gridate di gioia, o monti, poiché l’Eterno consola il suo popolo e ha pietà dei suoi afflitti.
14 Ma Sion ha detto: "L’Eterno mi ha abbandonata, il Signore mi ha dimenticata". 15 Una donna dimentica forse il bimbo che allatta, smettendo di avere pietà del frutto delle sue viscere? Anche se le madri dimenticassero, io non dimenticherò te. 16 Ecco, io ti ho scolpita sulle palme delle mie mani; le tue mura stanno sempre davanti ai miei occhi. 17 I tuoi figli accorrono; i tuoi distruttori, i tuoi devastatori si allontanano da te. 18 Volgi lo sguardo intorno e guarda: essi tutti si radunano e vengono da te. "Com’è vero che io vivo", dice l’Eterno, "tu ti rivestirai di essi come di un ornamento, te ne adornerai come una sposa. 19 Nelle tue rovine, nei tuoi luoghi desolati, nel tuo paese distrutto, sarai troppo allo stretto per i tuoi abitanti, e quelli che ti divoravano si allontaneranno da te. 20 I figli di cui fosti privata ti diranno ancora all’orecchio: ‘Questo posto è troppo stretto per me; fammi largo, perché io possa stabilirmi’. 21 E tu dirai nel tuo cuore: ‘Questi, chi me li ha generati? Poiché io ero privata dei miei figli, sterile, esiliata, scacciata. Questi chi li ha allevati? Ecco, io ero rimasta sola; questi dov’erano?’".
22 Così parla il Signore, l’Eterno: "Ecco, io alzerò la mia mano verso le nazioni, innalzerò la mia bandiera verso i popoli ed essi ti ricondurranno i tuoi figli in braccio, ti riporteranno le tue figlie sulle spalle. 23 Dei re saranno tuoi precettori e le loro regine saranno le tue balie; essi si prostreranno davanti a te con la faccia a terra e leccheranno la polvere dei tuoi piedi; tu riconoscerai che io sono l’Eterno e che quelli che sperano in me non saranno delusi". 24 Si può forse strappare il bottino al potente? e i giusti, fatti prigionieri, potranno essere liberati? 25 Sì; così dice l’Eterno: "Anche i prigionieri del potente saranno portati via e il bottino del tiranno sarà ripreso; io combatterò contro chi ti combatte e salverò i tuoi figli. 26 Farò mangiare ai tuoi oppressori la propria carne, e s’inebrieranno con il proprio sangue, come con il mosto: ogni carne riconoscerà che io, l’Eterno, sono il tuo Salvatore, il tuo Redentore, il Potente di Giacobbe".
1 HOOR na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die Here het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
2 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
3 en Hy het vir My gesê: Jy is my kneg, Israel, in wie Ek My verheerlik.
4 Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die Here, en my loon is by my God.
5 En nou sê die Here wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word — en Ek word geëer in die oë van die Here, en my God is my sterkte —
6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
7 So sê die Here, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die Here wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.
8 SO sê die Here: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.
10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.
11 En Ek sal al my berge tot 'n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.
12 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.
13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die Here het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.
14 MAAR Sion sê: Die Here het my verlaat, en die Here het my vergeet!
15 Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My.
17 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.
18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die Here, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.
19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land — sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!
20 Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!
21 Dan sal jy in jou hart sê: Wie het vir my hierdie kinders gebaar, aangesien ek kinderloos en onvrugbaar was, verban en verstote? En wie het hulle grootgemaak? Kyk, ek het toe alleen oorgebly; hierdie kinders — waar was húlle?
22 So sê die Here Here: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;
23 en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die Here is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
24 Sal van 'n held die buit afgeneem word? Of sal die gevangenes van 'n regverdige ontvlug?
25 Waarlik, so sê die Here: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ék verlos.
26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die Here, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.