1 Manasse aveva dodici anni quando cominciò a regnare, e regnò cinquantacinque anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Chefsiba. 2 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno, seguendo le abominazioni delle nazioni che l’Eterno aveva scacciato davanti ai figli d’Israele. 3 Egli ricostruì gli alti luoghi che Ezechia suo padre aveva distrutto, eresse altari a Baal, fece un idolo di Astarte, come aveva fatto Acab re d’Israele, adorò tutto l’esercito del cielo e lo servì. 4 Costruì pure degli altari ad altri dèi nella casa dell’Eterno, riguardo alla quale l’Eterno aveva detto: "In Gerusalemme io porrò il mio nome". 5 Costruì altari a tutto l’esercito del cielo nei due cortili della casa dell’Eterno. 6 Fece passare per il fuoco suo figlio, si diede alla magia e agli incantesimi, e istituì quelli che evocavano gli spiriti e predicevano il futuro; si abbandonò interamente a fare ciò che è male agli occhi dell’Eterno, provocandolo a ira. 7 Mise l’idolo di Astarte che aveva fatto, nella casa riguardo alla quale l’Eterno aveva detto a Davide e a Salomone suo figlio: "In questa casa, e a Gerusalemme, che io ho scelto fra tutte le tribù d’Israele, porrò il mio nome per sempre; 8 e non permetterò più che il piede d’Israele vada vagando fuori del paese che io diedi ai suoi padri, purché essi abbiano cura di mettere in pratica tutto quello che ho loro comandato, e tutta la legge che il mio servo Mosè gli ha prescritto". 9 Ma essi non ubbidirono, e Manasse li indusse a fare peggio delle nazioni che l’Eterno aveva distrutto davanti ai figli d’Israele. 10 L’Eterno parlò per mezzo dei suoi servi, i profeti, in questi termini: 11 "Poiché Manasse, re di Giuda, ha commesso queste abominazioni e ha fatto peggio di quanto fecero mai gli Amorei, prima di lui, e con i suoi idoli ha fatto peccare anche Giuda, 12 così dice l’Eterno, l’Iddio d’Israele: ‘Ecco, io faccio venire su Gerusalemme e su Giuda sciagure tali, che chiunque ne udrà parlare ne avrà le orecchie frastornate. 13 Stenderò su Gerusalemme la cordicella di Samaria e la livella della casa di Acab; ripulirò Gerusalemme come si ripulisce un piatto, che, dopo ripulito, si capovolge. 14 E abbandonerò il resto della mia eredità; li darò nelle mani dei loro nemici, e diventeranno preda e bottino di tutti i loro nemici, 15 perché hanno fatto ciò che è male ai miei occhi, e mi hanno provocato a ira dal giorno che i loro padri uscirono dall’Egitto, fino a oggi’". 16 Manasse, inoltre, sparse moltissimo sangue innocente: tanto da riempirne Gerusalemme da un capo all’altro; senza contare i peccati che fece commettere a Giuda, facendo ciò che è male agli occhi dell’Eterno. 17 Il resto delle azioni di Manasse e tutto quello che fece, i peccati che commise, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 18 Manasse si addormentò con i suoi padri, e fu sepolto nel giardino di casa sua, nel giardino di Uzza; e Amon, suo figlio, regnò al suo posto.
19 Amon aveva ventidue anni quando cominciò a regnare, e regnò due anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Mesullemet, figlia di Carus di Iotba. 20 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno, come aveva fatto Manasse suo padre; 21 seguì in tutto la via percorsa da suo padre, servì gli idoli che aveva servito suo padre, e li adorò; 22 abbandonò l’Eterno, l’Iddio dei suoi padri, e non camminò per la via dell’Eterno. 23 Ora i servi di Amon ordirono una congiura contro di lui, e uccisero il re in casa sua. 24 Ma il popolo del paese fece morire tutti quelli che avevano congiurato contro il re Amon, e fece re, al suo posto, Giosia, suo figlio. 25 Il resto delle azioni compiute da Amon, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 26 Egli fu sepolto nel suo sepolcro, nel giardino di Uzza; e Giosia, suo figlio, regnò al suo posto.
1 MANASSE was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.
2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
3 En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en 'n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
4 ook het hy altare gebou in die huis van die Here, waarvan die Here gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
5 En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die Here;
6 ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here om Hom te terg.
7 Hy het ook 'n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die Here vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
8 En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.
9 Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdelg het.
10 Toe het die Here deur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:
11 Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het — erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode —
12 daarom, so sê die Here, die God van Israel: Kyk, Ek sal 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
13 En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos 'n mens 'n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.
14 En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande 'n buit en 'n plundering sal word;
15 omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.
16 En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here.
17 En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
18 En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.
19 AMON was twee-en-twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, 'n dogter van Harus, uit Jotba.
20 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, soos sy vader Manasse gedoen het.
21 En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.
22 En hy het die Here, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die Here gewandel nie.
23 En die dienaars van Amon het 'n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.
24 Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.
25 En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
26 En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.