Publicidade

2 Reis 3

AFR53
Guerra di Ieoram e di Giosafat contro i Moabiti

1 Ieoram, figlio di Acab, cominciò a regnare sopra Israele a Samaria il diciottesimo anno di Giosafat, re di Giuda, e regnò dodici anni. 2 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno; ma non quanto suo padre e sua madre, perché tolse via la statua di Baal, che suo padre aveva fatta. 3 Tuttavia rimase attaccato ai peccati con i quali Geroboamo figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele e non se ne distolse. 4 In quel tempo Mesa, re di Moab, allevava molto bestiame e pagava al re d’Israele un tributo di centomila agnelli e centomila montoni con la loro lana. 5 Ma, dopo la morte di Acab, il re di Moab si ribellò al re d’Israele. 6 Allora il re Ieoram uscì da Samaria e passò in rassegna tutto Israele; 7 poi si mise in marcia, e mandò a dire a Giosafat, re di Giuda: "Il re di Moab si è ribellato contro di me; vuoi venire con me in guerra contro Moab?". Egli rispose: "Verrò; conta su di me come su te stesso, sul mio popolo come sul tuo, sui miei cavalli come sui tuoi". 8 E aggiunse: "Per che via saliremo?". Ieoram rispose: "Per la via del deserto di Edom". 9 Così il re d’Israele, il re di Giuda e il re di Edom si mossero; e girarono in marcia per sette giorni, ma non c’era l’acqua per l’esercito e per le bestie che lo seguivano. 10 Allora il re d’Israele disse: "Ahimè, l’Eterno ha chiamato insieme questi tre re, per darli nelle mani di Moab!". 11 Ma Giosafat chiese: "Non c’è qui nessun profeta dell’Eterno mediante il quale possiamo consultare l’Eterno?". Uno dei servi del re d’Israele rispose: "C’è qui Eliseo, figlio di Safat, il quale versava l’acqua sulle mani d’Elia". 12 Giosafat disse: "La parola dell’Eterno è con lui". Così il re d’Israele, Giosafat e il re di Edom andarono a trovarlo. 13 Eliseo disse al re d’Israele: "Che cosa ho a che fare con te? Vattene dai profeti di tuo padre e dai profeti di tua madre!". Il re d’Israele gli rispose: "No, perché l’Eterno ha chiamato insieme questi tre re per darli nelle mani di Moab". 14 Allora Eliseo disse: "Com’è vero che vive l’Eterno degli eserciti che io servo, se non avessi rispetto per Giosafat, re di Giuda, io non avrei badato a te ti avrei degnato di uno sguardo. 15 Ma ora conducetemi qua un suonatore d’arpa". E, mentre il suonatore arpeggiava, la mano dell’Eterno fu sopra Eliseo, 16 che disse: "Così parla l’Eterno: Scavate in questa valle molte fosse. 17 Poiché così dice l’Eterno: Voi non vedrete vento, non vedrete pioggia, tuttavia questa valle si riempirà d’acqua e berrete voi, il vostro bestiame e le vostre bestie da soma. 18 E questo è ancora poca cosa agli occhi dell’Eterno; perché egli darà anche Moab nelle vostre mani. 19 Voi distruggerete tutte le città fortificate e tutte le città importanti, abbatterete tutti i buoni alberi, chiuderete tutte le sorgenti d’acqua, e guasterete con delle pietre ogni buon pezzo di terra". 20 La mattina dopo, nell’ora in cui si offre l’oblazione, ecco che l’acqua arrivò dal lato di Edom e il paese ne fu ripieno. 21 Tutti i Moabiti, avendo udito che quei re erano saliti per fare loro guerra, avevano radunato tutti quelli che erano in età di portare le armi, e si schierarono sulla frontiera. 22 Appena si alzarono la mattina, il sole splendeva sulle acque, e i Moabiti videro, di fronte a loro, le acque rosse come sangue; 23 e dissero: "Quello è sangue! Quei re sono di certo venuti alle mani e si sono distrutti fra loro; ora dunque, Moab, alla preda!". 24 E avanzarono verso l’accampamento d’Israele; ma gli Israeliti si alzarono e sbaragliarono i Moabiti, che fuggirono davanti a loro. Poi penetrarono nel paese e continuarono a battere Moab. 25 Distrussero le città; ogni buon pezzo di terra lo riempirono di pietre, ciascuno gettandovi la sua; chiusero tutte le sorgenti d’acqua e abbatterono tutti i buoni alberi. Non rimasero che le mura di Chir-Areset, e i tiratori di fionda la circondarono e l’attaccarono. 26 Il re di Moab, vedendo che l’attacco era troppo forte per lui, prese con settecento uomini, per aprirsi, a spada tratta, un varco fino al re di Edom; ma non riuscì. 27 Allora prese suo figlio primogenito, che doveva succedergli nel regno, e lo offrì in olocausto sopra le mura. A questa vista, un profondo orrore s’impadronì degli Israeliti, che si allontanarono dal re di Moab e se ne tornarono al loro paese.

Wonderbare verlossing van die verbonde leërs van Juda, Israel en Edom.

1 EN Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.

3 Maar hy het die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.

4 En Mesa, die koning van Moab, was 'n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol.

5 Maar die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van Israel afvallig geword.

6 En in dieselfde tyd het koning Joram uit Samaría uitgetrek en die hele Israel gemonster.

7 Ook het hy Jósafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

8 En hy vra: Met watter pad sal ons optrek? Toe antwoord hy: Met die pad deur die woestyn van Edom.

9 So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle 'n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.

10 Toe die koning van Israel: Ag, die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!

11 En Jósafat vra: Is hier nie 'n profeet van die Here, dat ons deur hom die Here kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en : Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het.

12 Daarop Jósafat: By hom is die woord van die Here. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.

13 Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die Here het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.

14 En Elísa : So waar as die Here van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.

15 Maar bring nou vir my 'n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die Here op hom gekom,

16 en hy het gesê: So spreek die Here: Maak hierdie dal vol gate.

17 Want so spreek die Here: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.

18 Ja, dit is nog te gering in die van die Here: Hy sal ook die Moabiete in julle hand gee.

19 En julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.

20 En die volgende môre, omtrent die tyd dat hulle die spysoffer bring, kom daar meteens water van die kant van Edom af, sodat die land vol water geword het.

21 En toe al die Moabiete hoor dat die konings optrek om teen hulle te veg, is hulle opgeroep, almal wat die gord vasgespe en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan.

22 Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op 'n afstand die water rooi soos bloed.

23 En hulle : Dit is bloed; die konings het sekerlik mekaar aangeval en die een die ander verslaan; en nou op die buit af, julle Moabiete!

24 Maar toe hulle by die laer van Israel kom, het die Israeliete hulle gereedgemaak en die Moabiete verslaan, sodat hulle voor hul uit gevlug het; en hulle het dieper ingetrek en die Moabiete verslaan.

25 Daarna het hulle die stede verwoes en op elke goeie stuk grond elkeen sy klip gegooi, sodat dit daarvan vol was, en elke waterfontein toegestop en elke goeie boom omgekap, totdat hulle net in Kir-Haréset die klipmure daarvan laat oorbly het. Maar toe die slingeraars dit omsingel en beskiet,

26 en die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te swaar word, het hy sewehonderd man wat die swaard uittrek, met hom saamgeneem om na die koning van Edom deur te breek; maar hulle kon nie.

27 Daarop neem hy sy eersgebore seun, wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur. Toe het 'n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-