1 Il ventisettesimo anno di Geroboamo, re d’Israele, cominciò a regnare Azaria, figlio di Amasia, re di Giuda. 2 Aveva sedici anni quando cominciò a regnare, e regnò cinquantadue anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Iecolia ed era di Gerusalemme. 3 Egli fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno, interamente come aveva fatto Amasia suo padre. 4 Tuttavia, gli alti luoghi non furono soppressi; il popolo continuava a offrire sacrifici e profumi sugli alti luoghi. 5 L’Eterno colpì il re, che fu lebbroso fino al giorno della sua morte e abitò in una casa a parte; Iotam, figlio del re, era a capo della casa reale e rendeva giustizia per il popolo del paese. 6 Il resto delle azioni di Azaria, e tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 7 Azaria si addormentò con i suoi padri, e con i suoi padri lo seppellirono nella città di Davide; Iotam, suo figlio, regnò al suo posto.
8 Il trentottesimo anno di Azaria, re di Giuda, Zaccaria, figlio di Geroboamo, cominciò a regnare sopra Israele a Samaria; e regnò sei mesi. 9 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno, come avevano fatto i suoi padri; non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele. 10 E Sallum, figlio di Iabes, congiurò contro di lui; lo colpì in presenza del popolo, lo uccise, e regnò al suo posto. 11 Il resto delle azioni di Zaccaria si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 12 Così si avverò la parola che l’Eterno aveva detto a Ieu: "I tuoi figli siederanno sul trono d’Israele fino alla quarta generazione". E così avvenne.
13 Sallum, figlio di Iabes, cominciò a regnare il trentanovesimo anno di Uzzia re di Giuda, e regnò un mese a Samaria. 14 E Menaem, figlio di Gadi, salì da Tirsa e arrivò a Samaria; e in Samaria colpì Sallum, figlio di Iabes, lo uccise e regnò al suo posto. 15 Il resto delle azioni di Sallum, e la congiura che egli ordì, sono cose scritte nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 16 Allora Menaem, partito da Tirsa, colpì Tifsa, tutto quello che vi si trovava, e il suo territorio; la colpì perché non gli aveva aperto le sue porte; e fece sventrare tutte le donne incinte che vi si trovavano.
17 Il trentanovesimo anno del regno di Azaria, re di Giuda, Menaem, figlio di Gadi, cominciò a regnare sopra Israele; e regnò dieci anni a Samaria. 18 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno; non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele. 19 Ai suoi tempi Pul, re d’Assiria, fece invasione nel paese; e Menaem diede a Pul mille talenti d’argento affinché lo aiutasse ad assicurare nelle sue mani il potere reale. 20 Menaem fece pagare quel denaro a Israele, a tutti quelli che erano molto ricchi, per darlo al re d’Assiria; li tassò in ragione di cinquanta sicli d’argento a testa. Così il re d’Assiria se ne andò via, e non si fermò nel paese. 21 Il resto delle azioni di Menaem, e tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 22 Menaem si addormentò con i suoi padri, e Pecachia, suo figlio, regnò al suo posto.
23 Il cinquantesimo anno di Azaria re di Giuda, Pecachia, figlio di Menaem, cominciò a regnare sopra Israele a Samaria, e regnò due anni. 24 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno; non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele. 25 Peca, figlio di Remalia, suo capitano, congiurò contro di lui, e lo colpì a Samaria, e con lui Argob e Arec, nella torre del palazzo reale. Aveva con sé cinquanta uomini di Galaad; uccise Pecachia, e regnò al suo posto. 26 Il resto delle azioni di Pecachia, tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele.
27 Il cinquantaduesimo anno di Azaria, re di Giuda, Peca, figlio di Remalia, cominciò a regnare sopra Israele a Samaria, e regnò vent’anni. 28 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno; non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele. 29 Al tempo di Peca, re d’Israele, venne Tiglat-Pileser, re di Assiria, e prese Iion, Abel-Bet-Maaca, Ianoa, Chedes, Asor, Galaad, la Galilea, tutto il paese di Neftali, e ne deportò gli abitanti in Assiria. 30 Osea, figlio di Ela, ordì una congiura contro Peca, figlio di Remalia; lo colpì, lo uccise e regnò al suo posto, il ventesimo anno del regno di Iotam, figlio di Uzzia. 31 Il resto delle azioni di Peca, tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele.
32 Il secondo anno del regno di Peca, figlio di Remalia, re d’Israele, cominciò a regnare Iotam, figlio di Uzzia, re di Giuda. 33 Aveva venticinque anni quando cominciò a regnare, e regnò sedici anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Ierusa, figlia di Sadoc. 34 Egli fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno, interamente come aveva fatto Uzzia suo padre. 35 Tuttavia, gli alti luoghi non furono soppressi; il popolo continuava a offrire sacrifici e profumi sugli alti luoghi. Iotam costruì la porta superiore della casa dell’Eterno. 36 Il resto delle azioni di Iotam, tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 37 In quel tempo l’Eterno cominciò a mandare contro Giuda Resin, re di Siria, e Peca, figlio di Remalia. 38 Iotam si addormentò con i suoi padri, e con i suoi padri fu sepolto nella città di Davide, suo padre. E Acaz, suo figlio, regnò al suo posto.
1 IN die sewen-en-twintigste jaar van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asárja, die seun van Amásia, die koning van Juda, koning geword.
2 Hy was sestien jaar oud toe hy koning geword het, en twee-en-vyftig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jególja, van Jerusalem.
3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, net soos sy vader Amásia gedoen het.
4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.
5 En die Here het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.
6 En die verdere geskiedenis van Asárja en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
7 En Asárja het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en sy seun Jotam het in sy plek koning geword.
8 IN die agt-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Sagaría, die seun van Jeróbeam, oor Israel koning geword in Samaría — ses maande lank.
9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
10 En Sallum, die seun van Jabes, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom voor die oë van die volk verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
11 En die verdere geskiedenis van Sagaría, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
12 Dit was die woord van die Here wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.
13 Sallum, die seun van Jabes, het in die negen-en-dertigste jaar van Ussía, die koning van Juda, koning geword en 'n maand lank in Samaría geregeer.
14 Daarna het Menáhem, die seun van Gadi, van Tirsa opgetrek en in Samaría gekom en Sallum, die seun van Jabes, in Samaría verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword.
15 En die verdere geskiedenis van Sallum en sy sameswering wat hy gesmee het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
16 Toe het Menáhem Tifsag verslaan met almal wat daarin was, en die grondgebied daarvan, van Tirsa af; omdat hulle nie vir hom oopgemaak het nie; hy het dit verslaan en al die swanger vroue daarvan laat oopsny.
17 In die negen-en-dertigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Menáhem, die seun van Gadi, koning oor Israel geword in Samaría — tien jaar lank.
18 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
19 Pul, die koning van Assirië, het die land oorval, en Menáhem het aan Pul duisend talente silwer gegee, dat sy hande met hom sou wees om die koningskap in sy hand te versterk.
20 En Menáhem het oor Israel, al die persone van vermoë, die geld verdeel om dit aan die koning van Assirië te gee: vyftig sikkels silwer vir elke man; toe het die koning van Assirië omgedraai en nie daar in die land gebly nie.
21 En die verdere geskiedenis van Menáhem en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
22 En Menáhem het ontslaap met sy vaders, en sy seun Pekáhia het in sy plek koning geword.
23 In die vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Pekáhia, die seun van Menáhem, koning oor Israel geword in Samaría — twee jaar lank.
24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
25 En Peka, die seun van Remália, sy adjudant, het 'n sameswering teen hom gesmee en hom in Samaría in die vesting van die koning se huis verslaan saam met Argob en met Arje; en vyftig man uit die kinders van die Gileadiete was saam met hom; en hy het hom gedood en in sy plek koning geword.
26 En die verdere geskiedenis van Pekáhia en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
27 In die twee-en-vyftigste jaar van Asárja, die koning van Juda, het Peka, die seun van Remália, koning geword oor Israel in Samaría — twintig jaar lank.
28 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
29 In die dae van Peka, die koning van Israel, het Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, gekom en Ijon ingeneem en Abel-Bet-Máäga en Janóag en Kedes en Hasor en Gílead en Galiléa, die hele land Náftali; en hy het hulle in ballingskap weggevoer na Assirië toe.
30 En Hoséa, die seun van Ela, het 'n sameswering gesmee teen Peka, die seun van Remália, en hom verslaan en hom gedood en in sy plek koning geword, in die twintigste jaar van Jotam, die seun van Ussía.
31 En die verdere geskiedenis van Peka en alles wat hy gedoen het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.
32 IN die tweede jaar van Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, het Jotam, die seun van Ussía, die koning van Juda, koning geword.
33 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jerúsa, die dogter van Sadok.
34 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.
35 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die Here gebou het.
36 En die verdere geskiedenis van Jotam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
37 In dié dae het die Here Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.
38 En Jotam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Agas het in sy plek koning geword.