1 Il settimo anno di Ieu, Ioas cominciò a regnare, e regnò quarant’anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Sibia di Beer-Sceba. 2 Ioas fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno per tutto il tempo in cui fu consigliato dal sacerdote Ieoiada. 3 Tuttavia, gli alti luoghi non scomparvero; il popolo continuava a offrire sacrifici e profumi sugli alti luoghi. 4 Ioas disse ai sacerdoti: "Tutto il denaro consacrato che sarà portato alla casa dell’Eterno, vale a dire il denaro versato da ogni Israelita censito, il denaro che paga per il suo riscatto personale secondo la stima fatta dal sacerdote, tutto il denaro che qualunque persona senta in cuore di portare alla casa dell’Eterno, 5 i sacerdoti lo ricevano, ognuno dalle mani dei suoi conoscenti, e se ne servano per fare i restauri alla casa, dovunque si troverà qualcosa da restaurare". 6 Ma fino al ventitreesimo anno del re Ioas i sacerdoti non avevano ancora eseguito i restauri alla casa. 7 Allora il re Ioas chiamò il sacerdote Ieoiada e gli altri sacerdoti, e disse loro: "Perché non restaurate quello che c’è da restaurare nella casa? Da ora in poi dunque non ricevete più denaro dalle mani dei vostri conoscenti, ma lasciatelo per i restauri della casa". 8 I sacerdoti acconsentirono a non ricevere più denaro dalle mani del popolo, e a non avere più l’incarico dei restauri della casa. 9 E il sacerdote Ieoiada prese una cassa, vi fece un buco nel coperchio, e la collocò vicino all’altare, a destra, entrando nella casa dell’Eterno; e i sacerdoti che custodivano l’ingresso vi mettevano tutto il denaro che era portato alla casa dell’Eterno. 10 E quando vedevano che c’era molto denaro nella cassa, il segretario del re e il sommo sacerdote salivano a chiudere in borse e contare il denaro che si trovava nella casa dell’Eterno. 11 Poi rimettevano il denaro così pesato nelle mani dei direttori preposti ai lavori della casa dell’Eterno, i quali pagavano i falegnami e i costruttori che lavoravano alla casa dell’Eterno, 12 i muratori e i tagliapietre; compravano il legname e le pietre da tagliare che occorrevano per restaurare la casa dell’Eterno, e provvedevano a tutte le spese relative ai restauri della casa. 13 Ma con il denaro che era portato alla casa dell’Eterno non si fecero, per la casa dell’Eterno, né coppe d’argento, né smoccolatoi, né bacinelle, né trombe, né alcun altro utensile d’oro o d’argento; 14 il denaro si dava a quelli che facevano l’opera, e loro lo impiegavano per restaurare la casa dell’Eterno. 15 E non si chiedeva alcun resoconto a quelli nelle cui mani si metteva il denaro per pagare chi eseguiva il lavoro; perché agivano con fedeltà. 16 Il denaro dei sacrifici per la colpa e quello dei sacrifici per il peccato non si portava nella casa dell’Eterno; era per i sacerdoti.
17 In quel tempo Azael, re di Siria, salì a combattere contro Gat, e la conquistò; poi si dispose a salire contro Gerusalemme. 18 Allora Ioas, re di Giuda, prese tutte le cose sacre che i suoi padri Giosafat, Ieoram e Acazia, re di Giuda, avevano consacrato, quelle che aveva consacrato egli stesso, e tutto l’oro che si trovava nei tesori della casa dell’Eterno e della casa del re, e mandò ogni cosa ad Azael, re di Siria, il quale si ritirò da Gerusalemme. 19 Il resto delle azioni di Ioas e tutto quello che fece, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 20 I servi di Ioas si sollevarono, ordirono una congiura, e lo colpirono nella casa di Millo, sulla discesa di Silla. 21 Iozacar, figlio di Simeat, e Iozabad, figlio di Somer, suoi servi, lo colpirono, ed egli morì e fu sepolto con i suoi padri nella città di Davide; e Amasia, suo figlio, regnò al suo posto.
1 IN die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was Sibja, van Berséba.
2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die Here, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.
3 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.
4 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die Here gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die Here bring,
5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en húlle moet die bouvallige plekke van die huis herstel waar 'n bouvallige plek ook al gevind word.
6 Maar toe in die drie-en-twintigste jaar van koning Joas die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,
7 het koning Joas Jójada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.
8 En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.
9 Toe neem die priester Jójada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die Here inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die Here ingebring is, daarin gegooi.
10 En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die Here gevind is.
11 En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die Here aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die Here gewerk het,
12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die Here te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.
13 Ewenwel is daar in die huis van die Here geen silwerskottels, messe, komme, trompette — enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die Here gebring is nie.
14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die Here te herstel.
15 En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.
16 Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die Here gebring nie; dit was vir die priesters.
17 Destyds het Hásael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem; daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.
18 Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die Here se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.
19 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
20 En sy dienaars het opgestaan en 'n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe —
21 Jósabad, die seun van Símeat, en Jósabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Amásia het in sy plek koning geword.