Publicidade

2 Reis 17

AFR53
Osea, ultimo re d’Israele. Salmaneser, re d’Assiria, assedia e prende Samaria. Gli abitanti del regno d’Israele trasportati in Assiria. I Samaritani.

1 Il dodicesimo anno di Acaz, re di Giuda, Osea, figlio di Ela, cominciò a regnare sopra Israele a Samaria, e regnò nove anni. 2 Egli fece ciò che è male agli occhi dell’Eterno; non però come gli altri re d’Israele che lo avevano preceduto. 3 Salmaneser, re d’Assiria marciò contro di lui; Osea gli fu sottomesso e gli pagò tributo. 4 Ma il re d’Assiria scoprì una congiura ordita da Osea, il quale aveva inviato dei messaggeri a So, re d’Egitto, e non pagava più il consueto tributo annuale al re d’Assiria; perciò il re d’Assiria lo fece imprigionare e mettere in catene. 5 Poi il re d’Assiria invase tutto il paese, salì contro Samaria, e la assediò per tre anni. 6 Il nono anno di Osea, il re d’Assiria prese Samaria, trasportò gli Israeliti in Assiria e li collocò in Ala e sull’Abor, fiume di Gozan, e nelle città dei Medi. 7 Questo avvenne perché i figli d’Israele avevano peccato contro l’Eterno, il loro Dio, che li aveva fatti uscire dal paese d’Egitto, liberandoli dal potere del Faraone re d’Egitto; e avevano adorato altri dèi; 8 essi avevano imitato i costumi delle nazioni che l’Eterno aveva scacciato davanti a loro, e quelli che i re d’Israele avevano introdotto. 9 I figli d’Israele avevano fatto, in segreto, contro l’Eterno, il loro Dio, delle cose non giuste: si erano costruiti degli alti luoghi in tutte le loro città, dalle torri dei guardiani alle città fortificate, 10 avevano eretto colonne e idoli sopra ogni colle elevato e sotto ogni albero verdeggiante; 11 e , su tutti gli alti luoghi, avevano offerto profumi, come le nazioni che l’Eterno aveva scacciato davanti a loro. Avevano commesso azioni malvagie, provocando a ira l’Eterno, 12 e avevano servito gli idoli, mentre l’Eterno aveva detto loro: "Non fate una cosa simile!". 13 Eppure l’Eterno aveva avvertito Israele e Giuda per mezzo di tutti i profeti e di tutti i veggenti, dicendo: "Convertitevi dalle vostre vie malvagie, e osservate i miei comandamenti e i miei precetti, seguendo in tutto la legge che io prescrissi ai vostri padri, e che ho mandato a voi per mezzo dei miei servi, i profeti". 14 Ma essi non vollero dargli ascolto e irrigidirono il collo, come avevano fatto i loro padri, i quali non ebbero fede nell’Eterno, nel loro Dio; 15 respinsero le sue leggi e il patto che egli aveva stabilito con i loro padri e gli avvertimenti che egli aveva dato loro; andarono dietro a cose vane, diventando vani essi stessi; andarono dietro alle nazioni circostanti, che l’Eterno aveva loro proibito di imitare. 16 Abbandonarono tutti i comandamenti dell’Eterno, del loro Dio; si fecero due vitelli di metallo fuso, si fabbricarono degli idoli di Astarte, adorarono tutto l’esercito del cielo, servirono Baal; 17 fecero passare per il fuoco i loro figli e le loro figlie, praticarono la divinazione e gli incantesimi, e si diedero a fare ciò che è male agli occhi dell’Eterno, provocandolo a ira. 18 Perciò l’Eterno si adirò fortemente contro Israele, e lo allontanò dalla sua presenza; non rimase altro che la sola tribù di Giuda. 19 Neppure Giuda osservò i comandamenti dell’Eterno, del suo Dio, ma seguì i costumi stabiliti da Israele. 20 L’Eterno rigettò tutta la stirpe d’Israele, la umiliò, e la abbandonò in balìa di predoni, finché la scacciò dalla sua presenza. 21 Infatti, quando egli strappò Israele dalla casa di Davide ed essi proclamarono re Geroboamo, figlio di Nebat, Geroboamo distolse Israele dal seguire l’Eterno e gli fece commettere un grande peccato. 22 I figli d’Israele si abbandonarono a tutti i peccati che Geroboamo aveva commesso, e non se ne allontanarono, 23 finché l’Eterno mandò via Israele dalla sua presenza, come aveva predetto per bocca di tutti i profeti suoi servi; e Israele fu deportato dal suo paese in Assiria, dov’è rimasto fino al giorno d’oggi. 24 Il re d’Assiria fece venire gente da Babilonia, da Cuta, da Avva, da Camat e da Sefarvaim, e la stabilì nelle città della Samaria al posto dei figli d’Israele; e quelli presero possesso della Samaria, e abitarono nelle sue città. 25 Quando cominciarono a insediarsi, non temevano l’Eterno; e l’Eterno mandò contro di loro dei leoni, che facevano strage fra loro. 26 Fu quindi detto al re d’Assiria: "La gente che tu hai deportato e stabilito nelle città della Samaria non conosce il modo di servire l’Iddio del paese; perciò egli ha mandato contro di loro dei leoni, che ne fanno strage, perché esse non conoscono il modo di servire l’Iddio del paese". 27 Allora il re d’Assiria diede quest’ordine: "Fate tornare uno dei sacerdoti che avete deportato di ; vada a stabilirsi in quel luogo, e insegni loro il modo di servire l’Iddio del paese". 28 Così uno dei sacerdoti che erano stati deportati dalla Samaria venne a stabilirsi a Betel, e insegnò loro come dovevano temere l’Eterno. 29 Tuttavia, ognuna di quelle popolazioni si fece i propri dèi nelle città dove abitava, e li collocarono nei templi degli alti luoghi che i Samaritani avevano costruito. 30 Quelli di Babilonia fecero Succot-Benot; quelli di Cuta fecero Nergal; quelli di Camat fecero Asima; 31 quelli di Avva fecero Nibaz e Tartac; e quelli di Sefarvaim bruciavano i loro figli in onore di Adrammelec e di Anammelec, dèi di Sefarvaim. 32 Temevano anche l’Eterno; e si fecero dei sacerdoti degli alti luoghi che prendevano fra loro, e che offrivano per loro dei sacrifici nei templi degli alti luoghi. 33 Così temevano l’Eterno, e servivano al tempo stesso i loro dèi, secondo le usanze delle nazioni da cui erano stati deportati in Samaria. 34 Anche oggi continuano a seguire l’antica usanza: non temono l’Eterno, e non si conformano alle loro leggi e ai loro precetti, alla legge e ai comandamenti che l’Eterno prescrisse ai figli di Giacobbe, da lui chiamato Israele, 35 con i quali l’Eterno aveva stabilito un patto, dando loro questo ordine: "Non temete altri dèi, non vi prostrate davanti a loro, non li servite, offrite loro sacrifici; 36 ma temete l’Eterno, che vi fece uscire dal paese d’Egitto per la sua grande potenza e con il suo braccio steso; prostratevi davanti a lui, offrite a lui sacrifici; 37 e abbiate cura di mettere sempre in pratica i precetti, le regole, la legge e i comandamenti che egli scrisse per voi; e non temete altri dèi. 38 Non dimenticate il patto che io stabilii con voi, e non temete altri dèi; 39 ma temete l’Eterno, il vostro Dio, ed egli vi libererà dalle mani di tutti i vostri nemici". 40 Ma quelli non ubbidirono, e continuarono invece a seguire la loro antica usanza. 41 Così quelle nazioni temevano l’Eterno e, al tempo stesso, servivano i loro idoli; i loro figli e i figli dei loro figli hanno continuato fino al giorno d’oggi a fare quello che avevano fatto i loro padri.

Hoséa die laaste koning van Israel. Salmanéser neem Samaría in en voer die tien stamme in ballingskap weg.

1 IN die twaalfde jaar van Agas, die koning van Juda, het Hoséa, die seun van Ela, in Samaría oor Israel koning geword nege jaar lank.

2 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.

3 Teen hom het Salmanéser, die koning van Assirië, opgetrek, en Hoséa het sy dienaar geword en aan hom belasting betaal.

4 Maar die koning van Assirië het by Hoséa 'n sameswering ontdek, dat hy boodskappers gestuur het na So, die koning van Egipte, en nie aan die koning van Assirië belasting betaal het soos jaar vir jaar nie; daarom het die koning van Assirië hom opgesluit en hom in die gevangenis laat bind.

5 En die koning van Assirië het opgetrek deur die hele land en opgetrek na Samaría en dit drie jaar lank beleër.

6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag en aan die Habor, die rivier van Gosan, en in die stede van Medië.

7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die Here hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees

8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.

9 En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die Here hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.

10 En hulle het vir hul klippilare en heilige boomstamme opgerig op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

11 En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die Here voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die Here te terg.

12 En hulle het die drekgode gedien waarvan die Here vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie.

13 En die Here het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.

14 Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die Here hulle God vertrou het nie.

15 En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die Here hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.

16 En hulle het al die gebooie van die Here hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.

17 En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die van die Here, om Hom te terg.

18 So het die Here dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.

19 Selfs Juda het die gebooie van die Here hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.

20 Daarom het die Here die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.

21 Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter die Here weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.

22 En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie;

23 totdat die Here Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.

Die gebied van Israel word met afgodsdienaars bevolk.

24 EN die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en laat woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan woon.

25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die Here nie gevrees nie. Toe stuur die Here leeus onder hulle, en dié het onder hulle sommige gedood.

26 Daarna het hulle aan die koning van Assirië gesê: Die nasies wat u weggevoer en in die stede van Samaría laat woon het, ken nie die verpligting teenoor die God van die land nie; daarom het Hy leeus onder hulle gestuur, en kyk, dié maak hulle dood, omdat hulle die verpligting teenoor die God van die land nie ken nie.

27 Toe gee die koning van Assirië bevel en : Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.

28 En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die Here moet vrees.

29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:

30 die manne van Babel het Sukkot-Benot gemaak, en die manne van Kut het Nergal gemaak, en die manne van Hamat het Asíma gemaak,

31 en die Awiete het Nibhas en Tartak gemaak. En die Sefarviete het hulle seuns vir Adramméleg en Anamméleg, die gode van Sefarváim, in die vuur verbrand.

32 Hulle het die Here ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.

33 Hulle het die Here gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.

34 Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die Here nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die Here die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.

35 Tog het die Here met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.

36 Maar die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.

37 En die insettinge en die verordeninge en die wet en die gebod wat Hy julle voorgeskrywe het, moet julle altyd sorgvuldig onderhou, maar ander gode mag julle nie vrees nie.

38 En die verbond wat Ek met julle gesluit het, mag julle nie vergeet nie, en julle mag ander gode nie vrees nie.

39 Maar die Here julle God moet julle vrees, en sal julle verlos uit die hand van al julle vyande.

40 Hulle het egter nie geluister nie en volgens hul vroeër gebruik gehandel.

41 So het hierdie nasies dan die Here gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-