(capitoli da 1 a 17)
1 Dopo la morte di Acab, Moab si ribellò contro Israele. 2 Acazia cadde dalla ringhiera della sala superiore di un suo appartamento a Samaria, e si ammalò; spedì dei messaggeri, dicendo loro: "Andate a consultare Baal-Zebub, dio di Ecron, per sapere se mi riprenderò da questa malattia". 3 Ma un angelo dell’Eterno disse a Elia il Tisbita: "Alzati, sali incontro ai messaggeri del re di Samaria, e di’ loro: ‘È forse perché non c’è Dio in Israele che voi andate a consultare Baal-Zebub, dio di Ecron? 4 Perciò, così dice l’Eterno: Tu non scenderai dal letto sul quale sei salito, ma di certo morirai’". Ed Elia se ne andò. 5 I messaggeri tornarono da Acazia, il quale disse loro: "Perché siete tornati?". 6 E quelli risposero: "Un uomo ci è venuto incontro, e ci ha detto: ‘Andate, tornate dal re che vi ha mandati, e ditegli: Così dice l’Eterno: È forse perché non c’è alcun Dio in Israele che tu mandi a consultare Baal-Zebub, dio di Ecron? Perciò, non scenderai dal letto sul quale sei salito, ma per certo morirai’". 7 E Acazia chiese loro: "Com’era l’uomo che vi è venuto incontro e vi ha detto queste parole?". 8 Quelli gli risposero: "Era un uomo vestito di pelo, con una cintura di cuoio intorno ai fianchi". E Acazia disse: "È Elia il Tisbita!". 9 Allora mandò un capitano di cinquanta uomini con la sua compagnia a Elia; egli salì e trovò Elia che stava seduto in cima al monte. Il capitano gli disse: "O uomo di Dio, il re dice: ‘Scendi!’". 10 Elia rispose e disse al capitano dei cinquanta: "Se io sono un uomo di Dio, scenda del fuoco dal cielo, e consumi te e i tuoi cinquanta uomini!". E dal cielo scese del fuoco che consumò lui e i suoi cinquanta. 11 Acazia mandò di nuovo un altro capitano di cinquanta uomini con la sua compagnia, il quale si rivolse a Elia e gli disse: "O uomo di Dio, il re dice così: ‘Fa’ presto, scendi!’". 12 Elia rispose e disse loro: "Se io sono un uomo di Dio, scenda del fuoco dal cielo, e consumi te e i tuoi cinquanta uomini". E dal cielo scese il fuoco di Dio che consumò lui e i suoi cinquanta. 13 Acazia mandò di nuovo un terzo capitano di cinquanta uomini con la sua compagnia. Questo terzo capitano di cinquanta uomini salì da Elia; e, giunto presso di lui, gli si gettò davanti in ginocchio, e lo supplicò, dicendo: "O uomo di Dio, ti prego, la mia vita e la vita di questi cinquanta tuoi servi sia preziosa ai tuoi occhi! 14 Ecco che del fuoco è sceso dal cielo, e ha consumato i due primi capitani di cinquanta uomini con le loro compagnie; ma ora la mia vita sia preziosa ai tuoi occhi". 15 E l’angelo dell’Eterno disse a Elia: "Scendi con lui; non avere timore di lui". Elia dunque si alzò, scese con il capitano, andò dal re, e gli disse: 16 "Così dice l’Eterno: ‘Poiché tu hai spedito dei messaggeri a consultare Baal-Zebub, dio di Ecron, come se non ci fosse nessun Dio da poter consultare in Israele, perciò tu non scenderai dal letto sul quale sei salito, ma di certo morirai’". 17 E Acazia morì, secondo la parola dell’Eterno pronunciata da Elia. Ieoram cominciò a regnare al suo posto, il secondo anno di Ieoram, figlio di Giosafat re di Giuda, perché Acazia non aveva figli. 18 Il resto delle azioni compiute da Acazia sta scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele.
1 EN Moab het na die dood van Agab van Israel afvallig geword.
2 En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word.
3 Maar die Engel van die Here het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
4 Daarom dan, so sê die Here: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
5 En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
6 En hulle antwoord hom: 'n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die Here: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
7 Daarop sê hy vir hulle: Hoe was die voorkoms van die man wat opgekom het julle tegemoet en hierdie woorde met julle gespreek het?
8 En hulle antwoord hom: 'n Man met 'n harige mantel en omgord met 'n leergord om sy heupe. Toe sê hy: Dit is Elía, die Tisbiet!
9 En hy het 'n owerste van vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En toe hy na hom opklim, terwyl hy juis op die top van die berg sit, sê hy vir hom: Man van God, die koning spreek: Kom af!
10 Toe antwoord Elía en sê aan die owerste oor vyftig: As ek dan 'n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het vuur van die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
11 En hy het weer 'n ander owerste oor vyftig met sy vyftig na hom gestuur; en die het begin spreek en vir hom gesê: Man van God, so sê die koning: Kom gou af!
12 Daarop antwoord Elía en sê vir hulle: As ek 'n man van God is, mag daar vuur van die hemel neerdaal en jou en jou vyftig verteer! En daar het die vuur van God uit die hemel neergedaal en hom met sy vyftig verteer.
13 En hy het weer 'n owerste van 'n derde vyftig met sy vyftig na hom gestuur. En die derde owerste oor vyftig het opgeklim en aangekom en op sy knieë voor Elía gebuig en hom gesmeek en vir hom gesê: Man van God, laat tog my lewe en die lewe van u dienaars, hierdie vyftig, kosbaar wees in u oë!
14 Kyk, vuur het van die hemel neergedaal en die eerste twee owerstes oor vyftig met hulle vyftig verteer; maar laat my lewe nou kosbaar wees in u oë!
15 Toe sê die Engel van die Here vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan
16 en met hom gespreek: So sê die Here: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg — is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? — daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
17 En hy het gesterwe volgens die woord van die Here wat Elía gespreek het; en Joram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.
18 En die verdere geskiedenis van Ahásia, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?