1 A Samaria c’erano settanta figli di Acab. Ieu scrisse delle lettere e le mandò a Samaria ai capi della città, agli anziani, e ai tutori dei figli di Acab; in esse diceva: 2 "Appena avrete ricevuto questa lettera, poiché avete con voi i figli del vostro signore e avete a vostra disposizione carri e cavalli, oltre a una città fortificata e delle armi, 3 scegliete il migliore e il più adatto tra i figli del vostro signore, mettetelo sul trono di suo padre, e combattete per la casa del vostro signore". 4 Ma quelli ebbero grande paura, e dissero: "Ecco, due re non gli hanno potuto resistere; come potremo resistergli noi?". 5 E il prefetto del palazzo, il governatore della città, gli anziani e i tutori dei figli di Acab mandarono a dire a Ieu: "Noi siamo tuoi servi, e faremo tutto quello che ci ordinerai; non eleggeremo nessuno come re; fa’ quello che ti piace". 6 Allora Ieu scrisse loro una seconda lettera, nella quale diceva: "Se voi siete per me e volete ubbidire alla mia voce, prendete le teste di quegli uomini, dei figli del vostro signore, e venite da me, domani a quest’ora, a Izreel". Ora i figli del re, che erano settanta, stavano dai notabili della città, che li educavano. - 7 E appena questi ebbero ricevuto la lettera, presero i figli del re, li sgozzarono tutti e settanta; poi misero le loro teste dentro delle ceste, e le mandarono a Ieu a Izreel. 8 Un messaggero andò da Ieu a recargli la notizia, dicendo: "Hanno portato le teste dei figli del re". Ieu rispose: "Mettetele in due mucchi all’entrata della porta, fino a domattina". 9 La mattina dopo, egli uscì fuori, si fermò e disse a tutto il popolo: "Voi siete giusti; ecco, io ho congiurato contro il mio signore, e l’ho ucciso; ma chi ha ucciso tutti questi? 10 Riconoscete dunque che non cade a terra neppure una parola di quelle che l’Eterno ha pronunciato contro la casa di Acab; l’Eterno ha fatto quello che predisse per mezzo del suo servo Elia". 11 Ieu fece morire tutti quelli che erano rimasti della casa di Acab a Izreel, tutti i suoi grandi, i suoi amici e i suoi consiglieri, senza che ne scampasse uno. 12 Poi si alzò e partì per andare a Samaria. Strada facendo, giunto alla casa di ritrovo dei pastori, 13 Ieu si imbatté nei fratelli di Acazia, re di Giuda, e disse: "Chi siete voi?". Quelli risposero: "Siamo i fratelli di Acazia, e scendiamo a salutare i figli del re e i figli della regina". 14 Ieu disse ai suoi: "Prendeteli vivi!", e quelli li presero vivi e li sgozzarono presso la cisterna della casa di ritrovo. Erano quarantadue, e non ne scampò uno. 15 Partito di là, trovò Ionadab, figlio di Recab, che gli veniva incontro; lo salutò, e gli disse: "Il tuo cuore è retto verso il mio, come il mio verso il tuo?". Ionadab rispose: "Lo è". "Se è così", disse Ieu, "dammi la mano". Ionadab gli diede la mano; Ieu lo fece salire vicino a sé sul carro, e gli disse: 16 "Vieni con me, e vedrai il mio zelo per l’Eterno!". E lo portò via nel suo carro. 17 E, giunto a Samaria, Ieu colpì tutti quelli che rimanevano della casa di Acab a Samaria, finché l’ebbe distrutta, secondo la parola che l’Eterno aveva pronunciato per mezzo di Elia.
18 Poi Ieu radunò tutto il popolo, e gli parlò così: "Acab ha servito un poco Baal; Ieu lo servirà molto. 19 Convocate presso di me tutti i profeti di Baal, tutti i suoi servi, tutti i suoi sacerdoti; che non ne manchi uno! poiché voglio fare un gran sacrificio a Baal; chi mancherà non vivrà". Ma Ieu faceva questo con astuzia, per distruggere gli adoratori di Baal. - 20 E disse: "Bandite una festa solenne in onore di Baal!". E la festa fu bandita. 21 Ieu inviò dei messaggeri per tutto Israele; e tutti gli adoratori di Baal arrivarono, e non ci fu neppure uno che mancasse; entrarono nel tempio di Baal, e il tempio di Baal fu pieno da un capo all’altro. 22 Ieu disse a colui che aveva in custodia il vestiario: "Metti fuori le vesti per tutti gli adoratori di Baal". Ed egli mise fuori le vesti. 23 Allora Ieu, con Ionadab, figlio di Recab, entrò nel tempio di Baal, e disse agli adoratori di Baal: "Cercate bene, e guardate che non ci sia qui con voi nessun servo dell’Eterno, ma ci siano soltanto gli adoratori di Baal". 24 Quelli entrarono per offrire dei sacrifici e degli olocausti. Ora Ieu aveva appostato fuori del tempio ottanta uomini, ai quali aveva detto: "Colui che lascerà fuggire qualcuno degli uomini che io metto in vostro potere, pagherà con la sua vita la vita di quello". 25 E, quando terminò l’offerta dell’olocausto, Ieu disse ai soldati e ai capitani: "Entrate, uccideteli, e che non ne esca neppure uno!". Ed essi li passarono a fil di spada; poi, soldati e capitani ne buttarono là i cadaveri, e penetrarono nell’edificio del tempio di Baal; 26 portarono fuori le statue del tempio di Baal e le bruciarono; 27 fecero a pezzi la statua di Baal, demolirono il tempio di Baal, e lo ridussero in un immondezzaio che esiste anche oggi.
28 Così Ieu estirpò Baal da Israele; 29 tuttavia egli non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele; cioè non abbandonò i vitelli d’oro che erano a Betel e a Dan. 30 E l’Eterno disse a Ieu: "Poiché tu hai eseguito puntualmente ciò che è giusto ai miei occhi, e hai fatto alla casa di Acab tutto quello che avevo in cuore, i tuoi figli sederanno sul trono d’Israele fino alla quarta generazione". 31 Ma Ieu non si preoccupò di seguire con tutto il cuore la legge dell’Eterno, dell’Iddio d’Israele; non si allontanò dai peccati con i quali Geroboamo aveva fatto peccare Israele. 32 In quel tempo, l’Eterno cominciò a diminuire il territorio d’Israele; Azael, infatti, sconfisse gli Israeliti su tutta la loro frontiera: 33 dal Giordano, verso oriente, soggiogò tutto il paese di Galaad, i Gaditi, i Rubeniti e i Manassiti, fino ad Aroer che è presso la valle dell’Arnon, vale a dire tutto il paese di Galaad e di Basan. 34 Il resto delle azioni di Ieu, tutto quello che fece e tutte le sue prodezze, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 35 Ieu si addormentò con i suoi padri, e lo seppellirono a Samaria, e Ioacaz, suo figlio, regnò al suo posto. 36 Il tempo che Ieu regnò sopra Israele a Samaria fu di ventotto anni.
1 EN Agab het sewentig seuns gehad in Samaría. Toe skryf Jehu 'n brief, en hy stuur dit na Samaría aan die owerstes van Jísreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê:
2 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens,
3 kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.
4 Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou?
5 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu dít weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.
6 Daarop het hy vir die tweede maal 'n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in Jísreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het.
7 En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na Jísreël gestuur.
8 En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe.
9 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ék het 'n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?
10 Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die Here wat die Here gespreek het teen die huis van Agab nie — die Here het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het.
11 Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jísreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
12 En hy het hom gereedgemaak en gegaan en na Samaría getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was
13 en Jehu die broers van Ahásia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ahásia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet.
14 En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee-en-veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie.
15 En vandaar het hy gegaan en Jónadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jónadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim
16 en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die Here. En hulle het hom op sy wa laat ry.
17 En toe hy in Samaría aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die Here wat Hy tot Elía gespreek het.
18 En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het Baäl 'n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.
19 Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.
20 Verder sê Jehu: Heilig 'n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep.
21 Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom — sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie — en in die tempel van Baäl ingegaan, sodat die tempel van Baäl vol was van end tot end.
22 En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring.
23 Daarop gaan Jehu saam met Jónadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die Here hier by julle is nie, net die dienaars van Baäl alleen.
24 En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van dié se lewe wees.
25 En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan.
26 En hulle het die pilare van die Baälstempel uitgebring en dit verbrand
27 en die klippilaar van Baäl afgebreek en Baäl se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe.
28 So het Jehu dan Baäl uit Israel uit verdelg.
29 MAAR die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het — daar het Jehu nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was.
30 Toe sê die Here vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë — volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het — sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
31 Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van die Here, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie.
32 In dié dae het die Here Israel begin inkort, en Hásael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan:
33 van die Jordaan af na die ooste toe, die hele land Gílead, die Gadiete en die Rubeniete en die Manassiete, van Ároër af wat aan die Arnonrivier lê, Gílead sowel as Basan.
34 En die verdere geskiedenis van Jehu en alles wat hy gedoen het, en al sy magtige dade, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
35 En Jehu het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría, en sy seun Jóahas het in sy plek koning geword.
36 En die dae wat Jehu oor Israel in Samaría geregeer het, was agt-en-twintig jaar.