1 Il diciassettesimo anno di Peca, figlio di Remalia, cominciò a regnare Acaz, figlio di Iotam, re di Giuda. 2 Acaz aveva vent’anni quando cominciò a regnare, e regnò sedici anni a Gerusalemme. Egli non fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno, il suo Dio, come aveva fatto Davide suo padre; 3 ma seguì la via dei re d’Israele, e fece perfino passare suo figlio per il fuoco, seguendo le pratiche abominevoli dei popoli che l’Eterno aveva scacciato davanti ai figli d’Israele; 4 e offriva sacrifici e profumi sugli alti luoghi, sulle colline, e sotto ogni albero verdeggiante. 5 Allora Resin, re di Siria, e Peca, figlio di Remalia, re d’Israele, salirono contro Gerusalemme per assalirla; e vi assediarono Acaz, ma non riuscirono a vincerlo. 6 In quel tempo, Resin, re di Siria, riconquistò Elat alla Siria, scacciò i Giudei da Elat e i Siri entrarono in Elat, dove sono rimasti fino al giorno d’oggi. 7 Acaz inviò dei messaggeri a Tiglat-Pileser, re degli Assiri, per dirgli: "Io sono tuo servo e tuo figlio; sali qua e liberami dalle mani del re di Siria e dalle mani del re d’Israele, che sono insorti contro di me". 8 Acaz prese l’argento e l’oro che si trovava nella casa dell’Eterno e nei tesori della casa reale, e li mandò in dono al re degli Assiri. 9 Il re d’Assiria gli diede ascolto; salì contro Damasco, la prese, ne deportò gli abitanti a Chir, e fece morire Resin. 10 E il re Acaz andò a Damasco, incontro a Tiglat-Pileser, re d’Assiria; e avendo visto l’altare che era a Damasco, il re Acaz mandò al sacerdote Uria il disegno e il modello di quell’altare, in tutti i suoi particolari. 11 Il sacerdote Uria costruì un altare, esattamente secondo il modello che il re Acaz gli aveva mandato da Damasco; e il sacerdote Uria lo costruì prima del ritorno del re Acaz da Damasco. 12 Al suo ritorno da Damasco, il re vide l’altare, vi si avvicinò, vi salì, 13 vi fece bruciare sopra il suo olocausto e la sua offerta, vi versò la sua libazione, e vi sparse il sangue dei suoi sacrifici di ringraziamento. 14 L’altare di bronzo, che era davanti all’Eterno, lo pose accanto al nuovo altare, verso settentrione, perché non fosse fra il nuovo altare e la casa dell’Eterno. 15 Il re Acaz diede quest’ordine al sacerdote Uria: "Fa’ bruciare sull’altare grande l’olocausto del mattino e l’oblazione della sera, l’olocausto del re e la sua oblazione, gli olocausti di tutto il popolo del paese e le sue oblazioni; versa le loro libazioni, e spandi tutto il sangue degli olocausti e tutto il sangue dei sacrifici; quanto all’altare di bronzo toccherà a me a pensarci". 16 E il sacerdote Uria fece tutto quello che il re Acaz gli aveva comandato. 17 Il re Acaz spezzò anche i riquadri delle basi, e tolse le conche che c’erano sopra; tirò giù il mare dai buoi di bronzo che lo reggevano, e lo posò sopra un pavimento di pietra. 18 A causa del re d’Assiria, nella casa dell’Eterno cambiò pure il portico del sabato che era stato costruito nella casa, e l’ingresso esterno riservato al re. 19 Il resto delle azioni compiute da Acaz si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 20 Acaz si addormentò con i suoi padri, e con i suoi padri fu sepolto nella città di Davide. Ezechia, suo figlio, regnò al suo posto.
1 IN die sewentiende jaar van Peka, die seun van Remália, het Agas, die seun van Jotam, die koning van Juda, koning geword.
2 Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die Here sy God soos sy vader Dawid nie.
3 Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdryf het.
4 Hy het ook geoffer en rook laat opgaan op die hoogtes en op die heuwels en onder elke groen boom.
5 Toe het Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om te veg, en hulle het Agas ingesluit; maar hulle kon nie veg nie.
6 In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe.
7 Agas stuur toe boodskappers na Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, om te sê: Ek is u dienaar en u seun; kom op en verlos my uit die hand van die koning van Aram en uit die hand van die koning van Israel wat teen my optree.
8 Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die Here en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië.
9 En die koning van Assirië het na hom geluister, en die koning van Assirië het teen Damaskus opgetrek en dit verower en hulle in ballingskap weggevoer na Kir en Resin gedood.
10 Toe trek koning Agas Tiglat-Piléser, die koning van Assirië, tegemoet na Damaskus; en nadat hy die altaar gesien het wat in Damaskus was, stuur koning Agas aan die priester Uría 'n tekening en afbeelding van die altaar volgens die hele inrigting daarvan.
11 En die priester Uría het die altaar gebou — geheel en al volgens opdrag van koning Agas uit Damaskus, so het die priester Uría gedoen voor die koms van koning Agas uit Damaskus.
12 En toe die koning van Damaskus af kom en die koning die altaar sien, het die koning nader gekom na die altaar en daarop geklim.
13 En hy het sy brandoffer en sy spysoffer aan die brand gesteek en sy drankoffer uitgegiet en die bloed van sy eie dankoffers teen die altaar uitgegooi.
14 Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die Here was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die Here uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.
15 En koning Agas het hom, die priester Uría, bevel gegee en gesê: Steek op die groot altaar aan die brand die môrebrandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en gooi al die bloed van brandoffers en al die bloed van slagoffers daarteen uit; maar die koperaltaar sal vir my wees om verder te oorweeg.
16 En die priester Uría het gedoen net soos koning Agas beveel het.
17 En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op 'n klipvloer gesit.
18 En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die Here verwyder ter wille van die koning van Assirië.
19 En die verdere geskiedenis van Agas, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
20 En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Hiskía het in sy plek koning geword.