1 Il secondo anno di Ioas, figlio di Ioacaz, re d’Israele, cominciò a regnare Amasia, figlio di Ioas, re di Giuda. 2 Aveva venticinque anni quando cominciò a regnare, e regnò ventinove anni a Gerusalemme. Sua madre si chiamava Ioaddan, ed era di Gerusalemme. 3 Egli fece ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno; non però come Davide suo padre; fece interamente come aveva fatto Ioas suo padre. 4 Tuttavia gli alti luoghi non furono soppressi; il popolo continuava a offrire sacrifici e profumi sugli alti luoghi. 5 E, appena il potere reale fu assicurato nelle sue mani, egli fece morire quei suoi servi che avevano ucciso il re suo padre; 6 ma non fece morire i figli degli assassini, secondo quanto è scritto nel libro della legge di Mosè, dove l’Eterno ha dato questo comandamento: "I padri non saranno messi a morte per colpa dei figli, né i figli saranno messi a morte per colpa dei padri; ma ciascuno sarà messo a morte per il proprio peccato". 7 Egli uccise diecimila Idumei nella valle del Sale; e in questa guerra prese Sela e le diede il nome di Iocteel, che ha conservato fino al giorno d’oggi. 8 Allora Amasia inviò dei messaggeri a Ioas, figlio di Ioacaz, figlio di Ieu, re d’Israele, per dirgli: "Vieni, affrontiamoci!". 9 E Ioas, re d’Israele, fece dire ad Amasia, re di Giuda: "Il rovo del Libano mandò a dire al cedro del Libano: ‘Da’ tua figlia in moglie a mio figlio’. E le bestie selvagge del Libano passarono, e calpestarono il rovo. 10 Tu hai sconfitto gli Idumei e il tuo cuore ti ha reso orgoglioso. Godi la tua gloria, e stattene in casa tua. Perché impegnarti in un’impresa disgraziata che porterebbe alla rovina te e Giuda con te?". 11 Ma Amasia non volle dargli retta. Così Ioas, re d’Israele, salì contro Amasia; lui e Amasia, re di Giuda, si trovarono a faccia a faccia a Bet-Semes, che apparteneva a Giuda. 12 Giuda fu sconfitto da Israele; e quelli di Giuda fuggirono ognuno alla propria tenda. 13 Ioas, re d’Israele, fece prigioniero a Bet-Semes Amasia, re di Giuda, figlio di Ioas, figlio di Acazia. Poi venne a Gerusalemme, e fece una breccia di quattrocento cubiti nelle mura di Gerusalemme, dalla porta di Efraim alla porta dell’angolo. 14 E prese tutto l’oro e l’argento e tutti i vasi che si trovavano nella casa dell’Eterno e nei tesori della casa del re; prese anche degli ostaggi, e se ne tornò a Samaria. 15 Il resto delle azioni compiute da Ioas, il suo valore, e come combatté contro Amasia re di Giuda, sono cose scritte nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 16 Ioas si addormentò con i suoi padri e fu sepolto a Samaria con i re d’Israele; e Geroboamo, suo figlio, regnò al suo posto. 17 Amasia, figlio di Ioas, re di Giuda, visse ancora quindici anni dopo la morte di Ioas, figlio di Ioacaz, re d’Israele. 18 Il resto delle azioni di Amasia si trova scritto nel libro delle Cronache dei re di Giuda. 19 Fu ordita contro di lui una congiura a Gerusalemme; ed egli fuggì a Lachis; ma lo fecero inseguire fino a Lachis, e là fu messo a morte. 20 Di là fu trasportato sopra cavalli, e quindi sepolto a Gerusalemme con i suoi padri nella città di Davide. 21 Tutto il popolo di Giuda prese Azaria, che allora aveva sedici anni, e lo proclamò re al posto di Amasia suo padre. 22 Egli ricostruì Elat, e la riconquistò a Giuda, dopo che il re si fu addormentato con i suoi padri.
23 Il quindicesimo anno di Amasia, figlio di Ioas, re di Giuda, cominciò a regnare a Samaria Geroboamo, figlio di Ioas, re d’Israele; e regnò quarantun anni. 24 Egli fece quello che è male agli occhi dell’Eterno; non si allontanò da nessuno dei peccati con i quali Geroboamo, figlio di Nebat, aveva fatto peccare Israele. 25 Egli ristabilì i confini d’Israele dall’ingresso di Camat al mare della pianura, secondo la parola che l’Eterno, l’Iddio d’Israele, aveva pronunciato per mezzo del suo servitore, il profeta Giona, figlio di Amittai, che era di Gat-Efer. 26 Poiché l’Eterno vide che l’afflizione d’Israele era amarissima, che schiavi e liberi erano ridotti all’estremo, e che non c’era più nessuno che soccorresse Israele. 27 L’Eterno non aveva parlato ancora di cancellare il nome d’Israele da sotto al cielo; quindi li salvò, per mezzo di Geroboamo, figlio di Ioas. 28 Il resto delle azioni di Geroboamo, tutto quello che fece, il suo valore in guerra, e come riconquistò a Israele Damasco e Camat che appartenevano a Giuda, si trova scritto nel libro delle Cronache dei re d’Israele. 29 Geroboamo si addormentò con i suoi padri, i re d’Israele; e Zaccaria, suo figlio, regnò al suo posto.
1 IN die tweede jaar van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, het Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.
2 Vyf-en-twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en negen-en-twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Joáddan van Jerusalem.
3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.
4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
5 En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.
6 Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die Here dít beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
7 Hý het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tienduisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jókteël genoem, tot vandag toe.
8 Toe stuur Amásia boodskappers na Joas, die seun van Jóahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.
9 Maar Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, dít laat weet: Die distel wat op die Líbanon is, het die seder wat op die Líbanon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die Líbanon is, het verbygegaan en die distel vertrap.
10 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?
11 Maar Amásia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Amásia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan Juda behoort.
12 En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug elkeen na sy tente toe.
13 En Joas, die koning van Israel, het Amásia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ahásia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vierhonderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.
14 En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die Here en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.
15 En die verdere geskiedenis van Joas, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen Amásia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
16 En Joas het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samaría by die konings van Israel; en sy seun Jeróbeam het in sy plek koning geword.
17 En Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas, die seun van Jóahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.
18 En die verdere geskiedenis van Amásia, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
19 En hulle het 'n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.
20 En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.
21 En die hele volk van Juda het Asárja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Amásia.
22 Hý het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.
23 In die vyftiende jaar van Amásia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jeróbeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samaría koning geword — een-en-veertig jaar lank.
24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
25 Hý het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die Here, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.
26 Want die Here het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.
27 En die Here het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.
28 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
29 En Jeróbeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagaría het in sy plek koning geword.