Publicidade

Deuteronômio 33

AFR53
Benedizione profetica di Mosè

1 Questa è la benedizione con la quale Mosè, uomo di Dio, benedisse i figli d’Israele, prima di morire. 2 Disse dunque: "L’Eterno è venuto dal Sinai, è spuntato su loro da Seir; ha fatto splendere la sua luce dal monte di Paran, è giunto dal mezzo delle sante miriadi; dalla sua destra usciva per essi il fuoco della legge. 3 Certo, l’Eterno ama i popoli; tutti i suoi santi sono nella tua mano. Essi si sono seduti ai tuoi piedi e riceveranno le tue parole. 4 Mosè ci ha dato una legge, eredità dell’assemblea di Giacobbe; 5 ed egli è stato re in Iesurun, quando si radunavano i capi del popolo e le tribù d’Israele tutte assieme. 6 Viva Ruben! che egli non muoia; ma siano i suoi uomini ridotti a pochi!". 7 E questo è per Giuda. Egli disse: "Ascolta, o Eterno, la voce di Giuda, e riconducilo al suo popolo. Egli lotta per la sua causa con tutte le sue forze; tu gli sarai di aiuto contro i suoi nemici!". 8 Poi disse di Levi: "I tuoi Tummim e i tuoi Urim appartengono all’uomo pio che ti sei scelto, che tu provasti a Massa, e con il quale contendesti alle acque di Meriba. 9 Egli dice di suo padre, e di sua madre: Io non li ho visti!, non riconosce i suoi fratelli, e non sa nulla dei propri figli; perché i Leviti osservano la tua parola e sono i custodi del tuo patto. 10 Essi insegnano i tuoi statuti a Giacobbe e la tua legge a Israele; mettono l’incenso sotto le tue narici, e l’olocausto sopra il tuo altare. 11 O Eterno, benedici la sua forza e gradisci l’opera delle sue mani. Trafiggi le reni a quelli che insorgono contro di lui, che gli sono nemici, così che non possano rialzarsi". 12 Di Beniamino disse: "L’amato dell’Eterno abiterà sicuro presso di lui. L’Eterno gli farà riparo sempre, e abiterà fra le sue colline". 13 Poi disse di Giuseppe: "Il suo paese sarà benedetto dall’Eterno con i doni più preziosi del cielo, con la rugiada, con le acque dell’abisso che giace in basso, 14 con i frutti più preziosi che il sole matura, con le cose più squisite che germoglia ogni luna, 15 con i migliori prodotti dei monti antichi, con i doni più preziosi dei colli eterni, con i doni più preziosi della terra e di quanto essa racchiude. 16 Il favore di colui che stava nel pruno venga sul capo di Giuseppe, sulla fronte di colui che è principe tra i suoi fratelli! 17 Del suo toro primogenito egli ha la maestà; le sue corna sono corna di bufalo. Con esse cozzerà contro i popoli tutti quanti assieme, fino alle estremità della terra. Tali sono le miriadi di Efraim, tali sono le migliaia di Manasse". 18 Poi disse di Zabulon: "Rallegrati, o Zabulon, nel tuo uscire, e tu, Issacar, nelle tue tende! 19 Essi chiameranno i popoli al monte, e offriranno sacrifici di giustizia; poiché succhieranno l’abbondanza del mare e i tesori nascosti nella sabbia". 20 Poi disse di Gad: "Benedetto colui che mette Gad al largo! Egli sta nella sua dimora come una leonessa e sbrana braccio e cranio. 21 Egli si è scelto le primizie del paese, poiché questa è la parte riservata al condottiero, ed egli vi è giunto alla testa del popolo, ha compiuto la giustizia dell’Eterno e i suoi decreti, insieme a Israele". 22 Poi disse di Dan: "Dan è un leoncello che balza da Basan". 23 Poi disse di Neftali: "O Neftali, sazio di favori e ricolmo di benedizioni dell’Eterno, prendi possesso dell’occidente e del meridione!". 24 Poi disse di Ascer: "Benedetto sia Ascer tra i figli d’Israele! Sia il favorito dei suoi fratelli, e tuffi il suo piede nell’olio! 25 Siano le sue sbarre di ferro e di bronzo, e duri quanto i tuoi giorni la tua forza! 26 O Iesurun, nessuno è pari a Dio che, sul carro dei cieli, corre in tuo aiuto, che, nella sua maestà, avanza sulle nubi: 27 l’Iddio eterno è il tuo rifugio; e sotto di te stanno le braccia eterne. Egli scaccia davanti a te il nemico, e ti dice: Distruggi!. 28 Israele starà sicuro nella sua dimora; la sorgente di Giacobbe sgorgherà solitaria in un paese di frumento e di mosto, e dove il cielo stilla la rugiada. 29 Te beato, o Israele! Chi è pari a te, un popolo salvato dall’Eterno, che è lo scudo che ti protegge, e la spada che ti fa trionfare? I tuoi nemici verranno ad adularti, e tu calpesterai le loro alture".

Seëning van die twaalf stamme deur Moses voor sy dood.

1 EN dit is die seën waarmee Moses, die man van God, die kinders van Israel geseën het voor sy dood.

2 En hy het gesê: Die Here het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tienduisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.

3 Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.

4 Moses het ons die wet beveel, 'n besitting vir die vergadering van Jakob.

5 En Hy het Koning geword in Jesúrun, toe die hoofde van die volk vergader het, die stamme van Israel almal saam.

6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy manne 'n aantal wees.

7 En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor, Here, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teëstanders.

8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;

9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het u woord bewaar en u verbond gehou.

10 Hulle sal Jakob u verordeninge leer en Israel u wet; hulle sal reukwerk voor U neerlê en 'n voloffer op u altaar.

11 Seën, Here, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.

12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die Here hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.

13 En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die Here is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder ,

14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane

15 en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels

16 en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.

17 Sy eersgebore stier heerlikheid is syne, en sy horings is buffelhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes van die aarde almal saam. En dit is die tienduisende van Efraim, en dit is die duisende van Manasse!

18 En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou, Sébulon, oor jou togte, en Íssaskar, oor jou tente.

19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van geregtigheid offer; want hulle sal die oorvloed van die see insuig en die verborgenste skatte van die sand.

20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir Gad ruimte maak; hy gaan soos 'n leeuin en verskeur die arm, ja, die hoofskedel.

21 En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die Here uitgevoer en sy verordeninge met Israel.

22 En van Dan het hy gesê: Dan is 'n jong leeu wat uit Basan uitspring.

23 En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die Here neem jy see en suidland in besit!

24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie insteek.

25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou sterkte soos jou dae.

26 Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

27 Die ewige God is 'n woning, en onder ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

28 So het Israel dan veilig gaan woon, die bron van Jakob in afsondering, in 'n land van koring en mos; ja, sy hemel laat dou afdrup.

29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die Here verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar sal op hulle hoogtes stap.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-