1 Ama dunque l’Eterno, il tuo Dio, e osserva sempre quello che ti dice di osservare, le sue leggi, le sue prescrizioni e i suoi comandamenti. 2 E riconoscete oggi, poiché non parlo ai vostri figli che non hanno conosciuto né hanno visto le lezioni dell’Eterno, del vostro Dio, riconoscete la sua grandezza, la sua mano potente, il suo braccio steso, 3 i suoi miracoli, le opere che fece in mezzo all’Egitto contro Faraone, re d’Egitto, e contro il suo paese; 4 e quello che fece all’esercito d’Egitto, ai suoi cavalli e ai suoi carri, come fece riversare su di loro le acque del Mar Rosso quando essi vi inseguivano, e come li distrusse per sempre; 5 e quello che ha fatto per voi nel deserto, fino al vostro arrivo in questo luogo; 6 e quello che fece a Datan e ad Abiram, figli di Eliab, figlio di Ruben; come la terra spalancò la sua bocca e li inghiottì con le loro famiglie, le loro tende e tutti quelli che erano al loro seguito, in mezzo a tutto Israele. 7 Poiché gli occhi vostri hanno visto le grandi cose che l’Eterno ha fatte. 8 Osservate dunque tutti i comandamenti che oggi vi do, affinché siate forti e possiate entrare in possesso del paese nel quale state per entrare per impadronirvene, 9 e affinché prolunghiate i vostri giorni sul suolo che l’Eterno giurò di dare ai vostri padri e alla loro progenie: terra dove scorre il latte e il miele. 10 Poiché il paese del quale state per entrare in possesso non è come il paese d’Egitto da dove siete usciti, e nel quale gettavi il tuo seme e poi lo irrigavi con i piedi, come si fa con un orto; 11 ma il paese di cui andate a prendere possesso è un paese di monti e di valli, che beve l’acqua della pioggia che viene dal cielo: 12 paese del quale l’Eterno, il tuo Dio, ha cura, e sul quale stanno sempre gli occhi dell’Eterno, del tuo Dio, dal principio dell’anno fino alla fine. 13 E se ubbidirete diligentemente ai miei comandamenti che oggi vi do, amando il vostro Dio, l’Eterno, e servendolo con tutto il vostro cuore e con tutta l’anima vostra, 14 avverrà che io darò al vostro paese la pioggia a suo tempo: la pioggia d’autunno e di primavera, perché tu possa raccogliere il tuo grano, il tuo vino e il tuo olio; 15 e farò pure crescere dell’erba nei tuoi campi per il tuo bestiame, e tu mangerai e sarai saziato. 16 Vegliate su voi stessi, affinché il vostro cuore non sia sedotto e non lasciate la retta via per servire dèi stranieri prostrandovi davanti a loro, 17 e si accenda contro di voi l’ira dell’Eterno, ed egli chiuda i cieli in modo che non vi sia più pioggia, e la terra non dia più i suoi prodotti, e voi periate ben presto, scomparendo dal buon paese che l’Eterno vi dà. 18 Vi metterete dunque nel cuore e nell’anima queste mie parole; ve le legherete alla mano come un segnale e saranno per voi come frontali tra gli occhi; 19 le insegnerete ai vostri figli, parlandone quando te ne starai seduto in casa tua, quando sarai in viaggio, quando ti coricherai e quando ti alzerai; 20 e le scriverai sugli stipiti della tua casa e sulle tue porte, 21 affinché i vostri giorni e i giorni dei vostri figli, nel paese che l’Eterno giurò ai vostri padri di dare loro, siano numerosi come i giorni dei cieli sopra la terra. 22 Poiché, se osservate diligentemente tutti questi comandamenti che vi do, e li mettete in pratica, amando l’Eterno, il vostro Dio, camminando in tutte le sue vie e tenendovi stretti a lui, 23 l’Eterno scaccerà davanti a voi tutte quelle nazioni, e voi vi impadronirete di nazioni più grandi e più potenti di voi. 24 Ogni luogo che la pianta del vostro piede calcherà, sarà vostro; i vostri confini si estenderanno dal deserto al Libano, dal fiume, il fiume Eufrate, al mare occidentale. 25 Nessuno vi potrà resistere; l’Eterno, il vostro Dio, come vi ha detto, incuterà paura e terrore di voi per tutto il paese dove camminerete. 26 Guardate, io metto oggi davanti a voi la benedizione e la maledizione: 27 la benedizione, se ubbidite ai comandamenti dell’Eterno, del vostro Dio, i quali oggi vi do; 28 la maledizione, se non ubbidite ai comandamenti dell’Eterno, del vostro Dio, e se vi allontanate dalla via che oggi vi prescrivo, per andare dietro a dèi stranieri che voi non avete mai conosciuto. 29 E quando l’Eterno, il tuo Dio, ti avrà introdotto nel paese nel quale vai per prenderne possesso, tu pronuncerai la benedizione sul monte Gherizim, e la maledizione sul monte Ebal. 30 Questi monti non sono di là dal Giordano, dietro la via di ponente, nel paese dei Cananei che abitano nella pianura di fronte a Ghilgal presso le querce di More? 31 Poiché voi state per passare il Giordano per andare a prendere possesso del paese, che l’Eterno, il vostro Dio, vi dà; voi lo possederete e vi abiterete. 32 Abbiate dunque cura di mettere in pratica tutte le leggi e le prescrizioni, che oggi io pongo davanti a voi.
1 DAAROM moet jy die Here jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.
2 En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die Here julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm
3 en sy tekens en sy dade wat Hy in Egipte gedoen het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele land;
4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die Here hulle omgebring het tot vandag toe;
5 en wat Hy vir julle in die woestyn gedoen het tot julle aankoms op hierdie plek;
6 en wat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van Elíab, die seun van Ruben, gedoen het — hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat die Here gedoen het.
8 Onderhou dan al die gebooie wat ek jou vandag beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die land in besit neem waarheen julle oortrek om dit in besit te neem,
9 en dat julle die dae kan verleng in die land wat die Here aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
10 Want die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, is nie soos Egipteland waar julle uitgetrek het, wat jy met jou saad besaai en met jou voet, soos 'n groentetuin, natgelei het nie.
11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is 'n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink;
12 'n land waar die Here jou God voor sorg; die oë van die Here jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
14 dan sal Ek die reën van julle land gee op die regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou mos en jou olie kan insamel.
15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee, en jy sal eet en versadig word.
16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word nie, sodat julle afwyk en ander gode dien en voor hulle neerbuig,
17 en die toorn van die Here teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die Here julle gee.
18 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees,
19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan;
20 en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,
21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die Here aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.
22 Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die Here julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,
23 dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.
24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.
25 Niemand sal teen julle standhou nie; die Here julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.
26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor —
27 die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel;
28 en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
29 As dan die Here jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.
30 Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad in die weste, in die land van die Kanaäniete wat in die Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van More nie?
31 Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die Here julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.
32 Onderhou dan sorgvuldiglik al die insettinge en die verordeninge wat ek julle vandag voorhou.