1 L’eunuco a cui sono stati infranti o mutilati i genitali, non entrerà nell’assemblea dell’Eterno. 2 Il bastardo non entrerà nell’assemblea dell’Eterno; nessuno dei suoi, neppure alla decima generazione, entrerà nell’assemblea dell’Eterno. 3 L’Ammonita e il Moabita non entreranno nell’assemblea dell’Eterno; nessuno dei loro discendenti, neppure alla decima generazione, entrerà nell’assemblea dell’Eterno; 4 non entreranno mai, perché non vi vennero incontro con il pane e con l’acqua nel vostro viaggio, quando usciste dall’Egitto, e perché assoldarono contro di te Balaam, figlio di Beor, da Petor in Mesopotamia, per maledirti. 5 Ma l’Eterno, il tuo Dio, non volle ascoltare Balaam; ma l’Eterno, il tuo Dio, mutò per te la maledizione in benedizione perché l’Eterno, il tuo Dio, ti ama. 6 Non cercherai mai né la loro pace né la loro prosperità, finché tu viva. 7 Non detesterai l’Idumeo, poiché è tuo fratello; non detesterai l’Egiziano, perché fosti straniero nel suo paese; 8 i figli che nasceranno loro potranno, alla terza generazione, entrare nell’assemblea dell’Eterno.
9 Quando uscirai e ti accamperai contro i tuoi nemici, guardati da ogni cosa malvagia. 10 Se c’è qualcuno in mezzo a te che è impuro a causa di un accidente notturno, uscirà dal campo, e non vi rientrerà; 11 sulla sera si laverà con acqua, e dopo il tramonto del sole potrà rientrare nell’accampamento. 12 Avrai pure un luogo fuori dall’accampamento e là fuori andrai per i tuoi bisogni; 13 e fra i tuoi utensili avrai una pala, con la quale, quando vorrai andare fuori per i tuoi bisogni, scaverai la terra e coprirai i tuoi escrementi. 14 Poiché l’Eterno, il tuo Dio, cammina in mezzo al tuo campo per liberarti e per darti nelle mani i tuoi nemici; perciò il tuo campo dovrà essere santo; affinché l’Eterno non veda in mezzo a te nessuna indecenza e debba ritirarsi da te.
15 Non consegnerai al suo padrone lo schiavo che, dopo averlo lasciato, si sarà rifugiato presso di te. 16 Rimarrà da te, nel tuo paese, nel luogo che avrà scelto, in quella delle tue città che gli sembrerà meglio; e non lo molesterai. 17 Non ci sarà nessuna prostituta tra le figlie d’Israele, né vi sarà nessun uomo che si prostituisca tra i figli d’Israele. 18 Non porterai nella casa dell’Eterno, del tuo Dio, il salario di una prostituta né il prezzo della vendita di un cane, per sciogliere qualsiasi voto; poiché entrambe sono cose abominevoli per l’Eterno, che è il tuo Dio. 19 Non farai a tuo fratello prestiti a interesse, né di denaro, né di viveri, né di qualsiasi cosa che si presta a interesse. 20 Allo straniero potrai prestare a interesse, ma non a tuo fratello; affinché l’Eterno, il tuo Dio, ti benedica in tutto ciò a cui porrai mano, nel paese dove stai per entrare per prenderne possesso. 21 Quando avrai fatto un voto all’Eterno, al tuo Dio, non tarderai ad adempierlo; poiché l’Eterno, il tuo Dio, te ne chiederebbe certamente conto, e tu saresti colpevole; 22 ma se ti astieni dal fare voti, non commetti peccato. 23 Mantieni e adempi la parola uscita dalle tue labbra; fa’ secondo il voto che avrai fatto volontariamente all’Eterno, al tuo Dio, e che la tua bocca avrà pronunciato. 24 Quando entrerai nella vigna del tuo prossimo, potrai a tuo piacere mangiare dell’uva a sazietà, ma non ne metterai nel tuo paniere. 25 Quando entrerai nei campi di grano del tuo prossimo, potrai cogliere delle spighe con la mano; ma non metterai la falce nel grano del tuo prossimo.
1 HY wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die Here nie kom nie.
2 Geen baster mag in die vergadering van die Here kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die Here nie kom nie.
3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die Here kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die Here kom nie;
4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.
5 Maar die Here jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die Here jou God het vir jou die vloek in 'n seën verander, omdat die Here jou God jou liefgehad het.
6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.
7 Die Edomiet moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as 'n gruwel beskou nie, want jy was 'n vreemdeling in sy land.
8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore word, mag in die vergadering van die Here kom.
9 WANNEER jy as leër teen jou vyande uittrek, pas dan op vir enigiets wat verkeerd is.
10 As daar iemand by jou is wat weens 'n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
11 Maar as die aand aankom, moet hy hom in die water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.
12 Jy moet buitekant die laer 'n plek hê, en daarheen moet jy uitgaan.
13 En jy moet by jou gereedskap 'n grafie hê; as jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het, weer toemaak.
14 Want die Here jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
15 JY mag 'n slaaf wat van sy heer na jou ontsnap het, nie aan sy heer oorlewer nie.
16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie verdruk nie.
17 Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.
18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die Here jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die Here jou God 'n gruwel.
19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van geld, rente van eetware, rente van enigiets wat 'n mens teen rente uitleen nie.
20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die Here jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
21 As jy aan die Here jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die Here jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen sonde in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die Here jou God vrywillig beloof het — wat jy met jou mond gespreek het.
24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy na hartelus volop druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.
25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar 'n sekel mag jy nie swaai in die ongesnyde graan van jou naaste nie.