1 Queste sono le leggi e le prescrizioni che avrete cura di osservare nel paese che l’Eterno, l’Iddio dei tuoi padri, ti dà perché tu lo possegga, tutto il tempo che vivrete sulla terra. 2 Distruggerete interamente tutti i luoghi dove le nazioni che state per scacciare servono i loro dèi: sugli alti monti, sui colli, e sotto qualunque albero verdeggiante. 3 Demolirete i loro altari, spezzerete le loro statue, darete alle fiamme i loro idoli di Astarte, abbatterete le immagini scolpite dei loro dèi, e farete sparire il loro nome da quei luoghi. 4 Non farete così riguardo all’Eterno, al vostro Dio; 5 ma lo cercherete nella sua dimora, nel luogo che l’Eterno, il vostro Dio, avrà scelto fra tutte le vostre tribù, per mettervi il suo nome; e là andrete; 6 là porterete i vostri olocausti e i vostri sacrifici, le vostre decime, quello che le vostre mani avranno prelevato, le vostre offerte votive e le vostre offerte volontarie, e i primogeniti delle vostre mandrie e delle vostre greggi; 7 e là mangerete davanti all’Eterno vostro Dio, e vi rallegrerete, voi e le vostre famiglie, godendo di tutto ciò a cui avrete messo mano, e in cui l’Eterno, il vostro Dio, vi avrà benedetti. 8 Non farete come facciamo oggi qui, dove ognuno fa tutto quello che gli pare bene, 9 perché finora non siete giunti al riposo e all’eredità che l’Eterno, il vostro Dio, vi dà. 10 Ma passerete il Giordano e abiterete il paese che l’Eterno, il vostro Dio, vi dà in eredità, e avrete riposo da tutti i vostri nemici che vi circondano e starete al sicuro; 11 e allora, porterete al luogo che l’Eterno, il vostro Dio, avrà scelto come dimora del suo nome, tutto quello che vi comando: i vostri olocausti e i vostri sacrifici, le vostre decime, quello che le vostre mani avranno prelevato, e tutte le offerte scelte che avrete consacrato in voto all’Eterno. 12 E vi rallegrerete davanti all’Eterno, al vostro Dio, voi, i vostri figli, le vostre figlie, i vostri servi, le vostre serve e il Levita che abiterà nelle vostre città; poiché egli non ha né parte né possesso tra voi. 13 Allora ti guarderai bene dall’offrire i tuoi olocausti in qualunque luogo vedrai; 14 ma offrirai i tuoi olocausti nel luogo che l’Eterno avrà scelto in una delle tue tribù; e là farai tutto quello che ti comando. 15 Però, potrai sgozzare animali a tuo piacimento e mangiarne la carne in tutte le tue città, secondo la benedizione che l’Eterno ti avrà elargito; tanto colui che sarà impuro quanto colui che sarà puro ne potranno mangiare, come si fa della carne di gazzella e di cervo; 16 ma non ne mangerete il sangue; lo spargerai per terra come acqua. 17 Non potrai mangiare nelle tue città le decime del tuo frumento, del tuo mosto, del tuo olio, né i primogeniti dei tuoi armenti e delle tue greggi, né ciò che avrai consacrato per voto, né le tue offerte volontarie, né quel che le tue mani avranno prelevato; 18 mangerai queste cose davanti all’Eterno tuo Dio, nel luogo che l’Eterno, il tuo Dio, avrà scelto, tu, tuo figlio, tua figlia, il tuo servo, la tua serva, e il Levita che sarà nelle tue città; e ti rallegrerai davanti all’Eterno tuo Dio, di ogni cosa a cui avrai messo mano. 19 Guardati bene, tutto il tempo che vivrai nel tuo paese, dall’abbandonare il Levita. 20 Quando l’Eterno, il tuo Dio, avrà ampliato i tuoi confini, come ti ha promesso, e tu, desiderando di mangiare della carne dirai: ‘Vorrei mangiare della carne’, potrai mangiare della carne a tuo piacimento. 21 Se il luogo che l’Eterno, il tuo Dio, avrà scelto per porvi il suo nome sarà lontano da te, potrai ammazzare bestiame grosso e minuto che l’Eterno ti avrà dato, come ti ho prescritto; e potrai mangiarne nelle tue città a tuo piacimento. 22 Soltanto, ne mangerai come si mangia la carne di gazzella e di cervo; ne potrà mangiare tanto chi sarà impuro quanto chi sarà puro; 23 ma guardati assolutamente dal mangiarne il sangue, perché il sangue è la vita; e tu non mangerai la vita insieme con la carne. 24 Non lo mangerai; lo spargerai per terra come acqua. 25 Non lo mangerai affinché sia felice tu e i tuoi figli dopo di te, quando avrai fatto ciò che è giusto agli occhi dell’Eterno. 26 Ma quanto alle cose che avrai consacrato o promesso per voto, le prenderai e andrai al luogo che l’Eterno avrà scelto, 27 e offrirai i tuoi olocausti, la carne e il sangue, sull’altare dell’Eterno, che è il tuo Dio; e il sangue delle altre tue vittime dovrà essere sparso sull’altare dell’Eterno, del tuo Dio, e tu ne mangerai la carne. 28 Osserva e ascolta tutte queste cose che ti comando, affinché sia sempre felice tu e i tuoi figli dopo di te, quando avrai fatto ciò che è bene e giusto agli occhi dell’Eterno, che è il tuo Dio. 29 Quando l’Eterno, il tuo Dio, avrà sterminato davanti a te le nazioni là dove tu stai per andare a spodestarle, e quando le avrai spodestate e ti sarai stabilito nel loro paese, 30 guardati bene dal cadere nel laccio, seguendo il loro esempio, dopo che saranno state distrutte davanti a te, e dall’informarti dei loro dèi, dicendo: ‘Come servivano i loro dèi queste nazioni? Anch’io voglio fare lo stesso’. 31 Non farai così riguardo all’Eterno, al tuo Dio; poiché esse praticavano verso i loro dèi tutto ciò che è abominevole per l’Eterno e che egli detesta; davano perfino alle fiamme i loro figli e le loro figlie, in onore dei loro dèi. 32 Avrete cura di mettere in pratica tutte le cose che vi comando; non vi aggiungerai nulla, e nulla ne toglierai.
1 DIT is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die Here, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe.
2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op die heuwels en onder elke groen boom.
3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme met vuur verbrand en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.
4 So mag julle nie doen met die Here julle God nie;
5 maar die plek wat die Here julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.
6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en julle slagoffers en julle tiendes en die offergawe van julle hand en julle gelofte- en julle vrywillige offers en die eersgeborenes van julle beeste en van julle kleinvee.
7 En daar moet julle voor die aangesig van die Here julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die Here jou God jou geseën het.
8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie — elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.
9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die Here jou God jou sal gee nie.
10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die Here julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.
11 Dan moet julle na die plek wat die Here julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die Here sal belowe.
12 En julle moet vrolik wees voor die aangesig van die Here julle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.
13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring op elke plek wat jy sien nie.
14 Maar op die plek wat die Here in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.
15 Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die Here jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet dit soos water op die grond uitgooi.
17 Jy mag in jou poorte nie eet die tiendes van jou koring en jou mos en jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en jou kleinvee en al jou gelofte-offers wat jy sal belowe, en jou vrywillige offers en die offergawe van jou hand nie.
18 Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat die Here jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.
19 Neem jou in ag dat jy die Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy in jou land lewe nie.
20 As die Here jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet — omdat jy lus het om vleis te eet — dan mag jy na hartelus vleis eet.
21 As die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die Here jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
22 Maar soos die gemsbok en die takbok geëet word, so moet jy dit eet; die onreine en die reine moet dit saam eet.
23 Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie.
24 Jy mag dit nie eet nie; op die grond moet jy dit uitgooi soos water.
25 Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die Here.
26 Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die Here sal uitkies;
27 en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die Here jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die Here jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.
28 Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die Here jou God.
29 As die Here jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,
30 neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? — dat ek ook so kan doen.
31 So mag jy nie handel met die Here jou God nie; want alles wat vir die Here 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
32 Alles wat ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat nie.