1 Mosè convocò tutto Israele, e disse loro: "Ascolta, Israele, le leggi e le prescrizioni che oggi io proclamo davanti a voi; imparatele e mettetele diligentemente in pratica. 2 L’Eterno, il nostro Dio, stabilì un patto con noi in Oreb. 3 L’Eterno non stabilì questo patto con i nostri padri, ma con noi, che siamo oggi qui tutti quanti in vita. 4 L’Eterno vi parlò faccia a faccia sul monte, di mezzo al fuoco. 5 Io stavo allora fra l’Eterno e voi per riferirvi la parola dell’Eterno; poiché voi avevate paura di quel fuoco e non saliste sul monte. Egli disse: 6 ‘Io sono l’Eterno, il tuo Dio, che ti ho fatto uscire dal paese d’Egitto, dalla casa di schiavitù. 7 Non avere altri dèi di fronte a me. 8 Non ti fare scultura alcuna né immagine alcuna delle cose che sono lassù nel cielo o quaggiù sulla terra o nelle acque sotto la terra. 9 Non ti prostrare davanti a quelle cose e non servire loro, perché io, l’Eterno, il tuo Dio, sono un Dio geloso che punisco l’iniquità dei padri sopra i figli fino alla terza e alla quarta generazione di quelli che mi odiano, 10 e uso bontà fino a mille generazioni verso quelli che mi amano e osservano i miei comandamenti. 11 Non usare il nome dell’Eterno, del tuo Dio, invano, poiché l’Eterno non terrà per innocente chi avrà usato il suo nome invano. 12 Osserva il giorno del riposo per santificarlo, come l’Eterno, il tuo Dio, ti ha comandato. 13 Lavora sei giorni, e fa’ in essi tutta l’opera tua; 14 ma il settimo giorno è giorno di riposo consacrato all’Eterno, al tuo Dio: non fare in esso nessun lavoro, né tu, né tuo figlio, né tua figlia, né il tuo servo, né la tua serva, né il tuo bue, né il tuo asino, né alcuna delle tue bestie, né il tuo straniero che sta dentro le tue porte, affinché il tuo servo e la tua serva si riposino come te. 15 E ricordati che sei stato schiavo nel paese d’Egitto, e che l’Eterno, il tuo Dio, ti ha fatto uscire di là con mano potente e con braccio steso; perciò l’Eterno, il tuo Dio, ti ordina di osservare il giorno del riposo. 16 Onora tuo padre e tua madre, come l’Eterno, il tuo Dio, ti ha comandato, affinché i tuoi giorni siano prolungati, e tu sia felice sulla terra che l’Eterno, il tuo Dio, ti dà. 17 Non uccidere. 18 Non commettere adulterio. 19 Non rubare. 20 Non attestare il falso contro il tuo prossimo. 21 Non concupire la moglie del tuo prossimo, e non bramare la casa del tuo prossimo, né il suo campo, né il suo servo, né la sua serva, né il suo bue, né il suo asino, né nessuna cosa che sia del tuo prossimo’. 22 Queste sono le parole che l’Eterno pronunciò parlando a tutta la vostra comunità, sul monte, di mezzo al fuoco, dalla nuvola, dall’oscurità, con voce forte, senza aggiungere altro. Le scrisse su due tavole di pietra, e me le diede. 23 Quando udiste la voce che usciva dalle tenebre, mentre il monte era tutto in fiamme, i vostri capi tribù e i vostri anziani si accostarono tutti a me, e diceste: 24 ‘Ecco, l’Eterno, il nostro Dio, ci ha fatto vedere la sua gloria e la sua grandezza, e noi abbiamo udito la sua voce di mezzo al fuoco; oggi abbiamo visto che Dio ha parlato con l’uomo e l’uomo è rimasto vivo. 25 Ora dunque, perché dovremmo morire? questo grande fuoco ci consumerà; noi moriremo se continuiamo a udire ancora la voce dell’Eterno, del nostro Dio. 26 Poiché qual è il mortale, chiunque egli sia, che abbia udito come noi la voce dell’Iddio vivente parlare di mezzo al fuoco e sia rimasto vivo? 27 Avvicinati tu e ascolta tutto ciò che l’Eterno, il nostro Dio, ti dirà; e ci riferirai tutto ciò che l’Eterno, il nostro Dio, ti avrà detto, e noi lo ascolteremo e lo faremo’. 28 L’Eterno udì le vostre parole, mentre mi parlavate; e l’Eterno mi disse: ‘Io ho udito le parole che questo popolo ti ha rivolto; tutto quello che hanno detto, sta bene. 29 Oh, se avessero sempre un cuore tale da temermi e da osservare tutti i miei comandamenti, per essere felici loro e i loro figli per sempre! 30 Va’ e di’ loro: Tornate alle vostre tende; 31 ma tu resta qui con me, e io ti dirò tutti i comandamenti, tutte le leggi e le prescrizioni che insegnerai loro, perché le mettano in pratica nel paese di cui do loro il possesso’. 32 Abbiate dunque cura di fare ciò che l’Eterno, il vostro Dio, vi ha comandato; non ve ne sviate né a destra né a sinistra; 33 camminate in tutto e per tutto per la via che l’Eterno, il vostro Dio, vi ha prescritto, affinché viviate e siate felici e prolunghiate i vostri giorni nel paese di cui avrete il possesso.
1 EN Moses het die hele Israel laat roep en vir hulle gesê: Hoor, Israel, die insettinge en die verordeninge wat ek vandag voor julle ore uitspreek; julle moet dit leer en dit sorgvuldig hou.
2 Die Here onse God het by Horeb met ons 'n verbond gesluit.
3 Met ons vaders het die Here hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.
4 Van aangesig tot aangesig het die Here op die berg uit die vuur met julle gespreek —
5 ek het in dié tyd tussen die Here en julle gestaan om aan julle die woord van die Here bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie — en Hy het gesê:
6 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
7 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
8 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
9 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
10 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
11 Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
12 Onderhou die sabbatdag, dat jy dit heilig soos die Here jou God jou beveel het.
13 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
14 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; dan mag jy géén werk doen nie — jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
15 En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die Here jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die Here jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
16 Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.
17 Jy mag nie doodslaan nie.
18 En jy mag nie egbreek nie.
19 En jy mag nie steel nie.
20 En jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
21 En jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie; en jy mag nie na jou naaste se huis hunker nie — na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
22 Met hierdie woorde het die Here julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
23 En toe julle die stem uit die duisternis hoor, terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe aangekom, al die hoofde van julle stamme en julle oudstes,
24 en gesê: Kyk, die Here onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.
25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die Here onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.
26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?
27 Gaan ú naderby en hoor alles wat die Here onse God sal sê; dan kan ú ons alles meedeel wat die Here onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.
28 En die Here het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die Here vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het.
29 Ag, as hulle maar so 'n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan.
30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle tente toe.
31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.
32 Sorg dan dat julle doen soos die Here julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.
33 In al die weë wat die Here julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.