1 Voi siete i figli dell’Eterno, che è il vostro Dio; non fatevi incisioni addosso, e non vi radete i peli tra gli occhi per un morto; 2 poiché tu sei il popolo consacrato all’Eterno, al tuo Dio, e l’Eterno ti ha scelto perché tu fossi, fra tutti i popoli che sono sulla faccia della terra, il suo popolo particolare. 3 Non mangerai nessuna cosa abominevole. 4 Questi sono gli animali che potrete mangiare: il bue, la pecora e la capra; 5 il cervo, la gazzella, il daino, lo stambecco, l’antilope, il capriolo e il camoscio. 6 Potrete mangiare ogni animale che ha l’unghia spartita, il piede forcuto e che rumina. 7 Ma non mangerete quelli che ruminano soltanto, o che hanno soltanto l’unghia spartita o il piede forcuto; e sono: il cammello, la lepre, l’irace, che ruminano ma non hanno l’unghia spartita; considerateli come impuri; 8 e anche il maiale, che ha l’unghia spartita ma non rumina; lo considererete come impuro. Non mangerete la loro carne e non toccherete il loro corpo morto. 9 Fra tutti gli animali che vivono nelle acque, potrete mangiare tutti quelli che hanno pinne e squame; 10 ma non mangerete nessuno di quelli che non hanno pinne e squame; considerateli come impuri. 11 Potrete mangiare qualunque uccello puro; 12 ma ecco quelli che non dovete mangiare: l’aquila, l’ossifraga e l’aquila di mare; 13 il nibbio, il falco e ogni specie di avvoltoio; 14 ogni specie di corvo; 15 lo struzzo, il barbagianni, il gabbiano e ogni specie di sparviere; 16 il gufo, l’ibis, il cigno; 17 il pellicano, lo svasso piccolo, lo smergo; 18 la cicogna, ogni specie di airone, l’upupa e il pipistrello. 19 E considererete come impuro ogni insetto alato; non se ne mangerà. 20 Potrete mangiare ogni volatile puro. 21 Non mangerete nessuna bestia morta da sé; la darai allo straniero che sarà nella tua città perché la mangi, o la venderai a qualche estraneo; poiché tu sei un popolo consacrato all’Eterno, che è il tuo Dio. Non farai cuocere il capretto nel latte di sua madre. 22 Avrete cura di prelevare la decima da tutto quello che produrrà la tua semina, da quello che ti frutterà il campo ogni anno. 23 Mangerai, alla presenza dell’Eterno, del tuo Dio, nel luogo che egli avrà scelto come dimora del suo nome, la decima del tuo frumento, del tuo mosto, del tuo olio, e i primi parti dei tuoi armenti e delle tue greggi, affinché tu impari a temere sempre l’Eterno, il tuo Dio. 24 Ma se il cammino è troppo lungo per te, e tu non puoi portare quelle decime fin là, essendo troppo lontano da te il luogo che l’Eterno, il tuo Dio, avrà scelto per stabilirvi il suo nome, perché l’Eterno, il tuo Dio, ti avrà benedetto, 25 allora le convertirai in denaro, terrai stretto in mano questo denaro, andrai al luogo che l’Eterno, il tuo Dio, avrà scelto, 26 e impiegherai quel denaro a comprarti tutto quello che il tuo cuore desidererà: buoi, pecore, vino, bevande alcoliche, o qualunque cosa possa piacerti di più; e là mangerai alla presenza dell’Eterno, del tuo Dio, e ti rallegrerai: tu con la tua famiglia. 27 E il Levita che abita nella tua città, non lo abbandonerai poiché non ha parte né eredità con te. 28 Alla fine di ogni triennio, metterai da parte tutte le decime delle tue entrate del terzo anno, e le depositerai nelle tue città; 29 e il Levita, che non ha parte né eredità con te, e lo straniero e l’orfano e la vedova che saranno nelle tue città verranno, mangeranno e si sazieranno, affinché l’Eterno, il tuo Dio, ti benedica in ogni opera a cui porrai mano.
1 JULLE is kinders van die Here julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie.
2 Want jy is 'n volk heilig aan die Here jou God, en jou het die Here uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
3 Jy mag niks eet wat 'n gruwel is nie.
4 Dit is die diere wat julle mag eet: 'n bees, 'n skaap en 'n bok;
5 'n takbok en 'n gemsbok en 'n gestippelde takbok en 'n steenbok en 'n ribbok en 'n eland en 'n klipspringer;
6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel heeltemal in twee gesplitste kloue, en herkou onder die diere — dié mag julle eet.
7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie — onrein is hulle vir julle;
8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar is geen herkouer nie — onrein is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie eet en hulle aas mag julle nie aanraak nie.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie, mag julle nie eet nie — onrein is dit vir julle.
11 Al die rein voëls mag julle eet.
12 Maar dít is wat julle uit hulle nie mag eet nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
13 en die kuikendief en die valk en die gier na sy soorte;
14 en elke kraai na sy soorte;
15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu en die kleinvalk na sy soorte;
16 en die steenuil en die steunuil en die silweruil;
17 en die pelikaan en die klein-aasvoël en die visvanger;
18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier na sy soorte, en die hoep-hoep en die vlermuis.
19 En al die insekte met vlerke moet vir julle onrein wees; hulle mag nie geëet word nie.
20 Al die rein voëls mag julle eet.
21 Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die Here jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
22 JY moet noukeurig die hele opbrings van jou saad — wat jaar vir jaar uit die land uitspruit — vertien.
23 En jy moet voor die aangesig van die Here jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die Here jou God altyd te vrees.
24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die Here jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die Here jou God jou sal seën,
25 dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die Here jou God sal uitkies.
26 Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die Here jou God en vrolik wees, jy en jou huis.
27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou nie.
28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al die tiendes van jou opbrings in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;
29 dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.