1 Dopo il sabato, quando già albeggiava il primo giorno della settimana, Maria Maddalena e l’altra Maria vennero a visitare il sepolcro. 2 Ed ecco si fece un gran terremoto, perché un angelo del Signore, sceso dal cielo, si avvicinò, rotolò la pietra e vi sedette sopra. 3 Il suo aspetto era come di folgore e la sua veste bianca come neve. 4 E, per lo spavento che ne ebbero, le guardie tremarono e rimasero come morte. 5 Ma l’angelo prese a dire alle donne: "Voi non temete, perché io so che cercate Gesù, che è stato crocifisso. 6 Egli non è qui, poiché è risuscitato come aveva detto; venite a vedere il luogo dove giaceva. 7 E andate presto a dire ai suoi discepoli: ‘Egli è risuscitato dai morti, ed ecco, vi precede in Galilea; là lo vedrete’. Ecco, ve l’ho detto".
8 E quelle se ne andarono in fretta dal sepolcro con spavento e grande gioia, e corsero ad annunciare la cosa ai suoi discepoli.
9 Quand’ecco Gesù si fece loro incontro, dicendo: "Vi saluto!". Ed esse, accostatesi, gli strinsero i piedi e lo adorarono. 10 Allora Gesù disse loro: "Non temete; andate ad annunciare ai miei fratelli che vadano in Galilea; là mi vedranno".
11 Mentre quelle andavano, ecco alcuni della guardia vennero in città e riferirono ai capi sacerdoti tutte le cose che erano avvenute. 12 Ed essi, radunatisi con gli anziani e tenuto consiglio, diedero una forte somma di denaro ai soldati, dicendo: 13 "Dite così: ‘I suoi discepoli sono venuti di notte e lo hanno rubato mentre dormivamo’. 14 E se mai questo viene alle orecchie del governatore, noi lo persuaderemo e vi solleveremo da ogni preoccupazione". 15 Ed essi, preso il denaro, fecero secondo le istruzioni ricevute, e quel dire è stato divulgato fra i Giudei, fino al giorno d’oggi.
16 Quanto agli undici discepoli, essi andarono in Galilea sul monte che Gesù aveva loro designato. 17 E, vedutolo, lo adorarono, alcuni però dubitarono. 18 E Gesù, accostatosi, parlò loro, dicendo: "Ogni potere mi è stato dato in cielo e sulla terra. 19 Andate dunque e fate miei discepoli tutti i popoli, battezzandoli nel nome del Padre e del Figlio e dello Spirito Santo, 20 insegnando loro a osservare tutte quante le cose che vi ho comandate. Ed ecco, io sono con voi tutti i giorni, sino alla fine dell’età presente".
1 EN laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
2 En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
3 En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
4 En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5 Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.
6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
7 en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.
8 En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.
9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.
10 En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.
11 EN terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.
12 En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee
13 en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.
14 En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.
15 Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
16 EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.
17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.