1 Allora si accostarono a Gesù dei farisei e degli scribi venuti da Gerusalemme e gli dissero: 2 "Perché i tuoi discepoli trasgrediscono la tradizione degli antichi? Poiché non si lavano le mani quando prendono cibo". 3 Ma egli rispose loro: "E voi, perché trasgredite il comandamento di Dio a motivo della vostra tradizione? 4 Dio, infatti, ha detto:
‘Onora tuo padre e tua madre’; e: ‘Chi maledice padre o madre sia punito di morte’;
voi, invece, dite: 5 ‘Se uno dice a suo padre o a sua madre: quello con cui potrei assisterti è offerta a Dio, 6 egli non è più obbligato a onorare suo padre o sua madre’. Così avete annullato la parola di Dio a motivo della vostra tradizione. 7 Ipocriti, ben profetizzò Isaia di voi quando disse:
8 ‘Questo popolo mi onora con le labbra, ma il suo cuore è lontano da me.9 Invano mi rendono il loro culto, insegnando dottrine che sono precetti d’uomini’".
10 Chiamata a sé la folla, disse loro: "Ascoltate e intendete: 11 non è quel che entra nella bocca che contamina l’uomo, ma è quello che esce dalla bocca, ciò che contamina l’uomo". 12 Allora i suoi discepoli, accostatisi, gli dissero: "Sai tu che i farisei, quando hanno udito questo discorso, ne sono rimasti scandalizzati?". 13 Ed egli rispose loro: "Ogni pianta che il Padre mio celeste non ha piantato, sarà sradicata. 14 Lasciateli; sono ciechi, guide di ciechi; ora se un cieco guida un altro cieco, cadranno in un fosso". 15 Pietro allora iniziò a dirgli: "Spiegaci la parabola". 16 E Gesù disse: "Siete anche voi tuttora privi d’intendimento? 17 Non capite che tutto quello che entra nella bocca va nel ventre ed è poi espulso nella latrina? 18 Ma ciò che esce dalla bocca viene dal cuore ed è quello che contamina l’uomo. 19 Poiché dal cuore vengono pensieri malvagi, omicidi, adultèri, fornicazioni, furti, false testimonianze, diffamazioni. 20 Queste sono le cose che contaminano l’uomo, ma il mangiare con le mani non lavate non contamina l’uomo".
21 Partito di là, Gesù si ritirò nelle parti di Tiro e di Sidone. 22 Quand’ecco, una donna cananea di quei luoghi venne fuori e si mise a gridare: "Abbi pietà di me, Signore, Figlio di Davide! Mia figlia è gravemente tormentata da un demonio". 23 Ma egli non le rispose parola. E i suoi discepoli, accostatisi, lo pregavano dicendo: "Mandala via, perché ci grida dietro". 24 Ma egli rispose: "Io non sono stato mandato che alle pecore perdute della casa d’Israele". 25 Ella però venne e gli si prostrò davanti, dicendo: "Signore, aiutami!". 26 Egli rispose: "Non è bene prendere il pane dei figli per buttarlo ai cagnolini". 27 Ma ella disse: "Dici bene, Signore; eppure anche i cagnolini mangiano delle briciole che cadono dalla tavola dei loro padroni". 28 Allora Gesù le disse: "O donna, grande è la tua fede; ti sia fatto come vuoi". E da quel momento sua figlia fu guarita.
29 Partito di là, Gesù venne presso il mar di Galilea e, salito sul monte, se ne stava seduto lassù. 30 E gli si avvicinò una grande folla che aveva con sé degli zoppi, dei ciechi, dei muti, degli storpi e molti altri malati; li deposero ai suoi piedi e Gesù li guarì. 31 La folla restò piena di stupore nel vedere che i muti parlavano, gli storpi erano guariti, gli zoppi camminavano, i ciechi vedevano, e diede gloria al Dio d’Israele.
32 Gesù, chiamati a sé i suoi discepoli, disse: "Io ho pietà di questa folla, poiché già da tre giorni sta con me e non ha da mangiare; non voglio rimandarli digiuni, affinché non vengano meno per via". 33 I discepoli gli dissero: "Dove potremmo trovare, in un luogo deserto, tanti pani da saziare così gran folla?". 34 E Gesù chiese loro: "Quanti pani avete?"; essi risposero: "Sette e pochi pescetti". 35 Allora egli ordinò alla folla di accomodarsi per terra. 36 Poi prese i sette pani e i pesci; dopo aver reso grazie, li spezzò e li diede ai discepoli e i discepoli alle folle. 37 Tutti mangiarono e furono saziati e dei pezzi avanzati si raccolsero sette panieri pieni. 38 Quelli che avevano mangiato erano quattromila persone, senza contare le donne e i fanciulli. 39 E Gesù, dopo aver congedato la folla, salì nella barca e andò al paese di Magadan.
1 TOE kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê:
2 Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.
3 Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?
4 Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.
5 Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is 'n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.
6 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.
7 Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:
8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
10 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!
11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
12 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?
13 Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.
14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.
15 En Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis.
16 Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand?
17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?
18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
21 EN Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.
22 En 'n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
23 Maar Hy het haar nie 'n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.
24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.
25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!
26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.
27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.
28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
29 TOE gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.
30 En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,
31 sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.
32 Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.
33 En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so 'n groot skare te versadig?
34 Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en 'n paar vissies.
35 En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.
36 Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.
37 En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.
38 En die wat geëet het, was vierduisend manne buiten die vroue en kinders.
39 En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van Mágdala gekom.