1 In quei giorni comparve Giovanni il battista, predicando nel deserto della Giudea e dicendo: 2 "Ravvedetevi, poiché il regno dei cieli è vicino". 3 Di lui parlò infatti il profeta Isaia quando disse:
"Voce di uno che grida nel deserto: ‘Preparate la via del Signore, raddrizzate i suoi sentieri’".
4 Giovanni aveva un vestito di pelo di cammello e una cintura di cuoio intorno ai fianchi e si cibava di cavallette e di miele selvatico. 5 Allora Gerusalemme e tutta la Giudea e tutto il paese intorno al Giordano accorrevano a lui 6 ed erano battezzati da lui nel fiume Giordano, confessando i loro peccati. 7 Ma, vedendo molti dei farisei e dei sadducei venire al suo battesimo, disse loro: "Razza di vipere, chi vi ha insegnato a fuggire dall’ira a venire? 8 Fate dunque dei frutti degni del ravvedimento. 9 E non pensate di dire dentro di voi: ‘Abbiamo per padre Abraamo’, perché io vi dico che Dio può far sorgere da queste pietre dei figli ad Abraamo. 10 La scure è già posta alla radice degli alberi; ogni albero dunque che non fa buon frutto sta per essere tagliato e gettato nel fuoco. 11 Io vi battezzo in acqua, in vista del ravvedimento, ma colui che viene dietro a me è più forte di me e io non sono degno di portargli i calzari; egli vi battezzerà in Spirito Santo e fuoco. 12 Egli ha il suo ventilabro in mano, pulirà interamente la sua aia e raccoglierà il suo grano nel granaio, ma arderà la pula con fuoco inestinguibile".
13 Allora Gesù dalla Galilea si recò al Giordano da Giovanni per essere da lui battezzato. 14 Ma questi vi si opponeva dicendo: "Sono io che ho bisogno di essere battezzato da te e tu vieni a me?". 15 Ma Gesù gli rispose: "Lascia fare per ora, poiché conviene che noi adempiamo così ogni giustizia". Allora Giovanni lo lasciò fare. 16 E Gesù, appena fu battezzato, salì fuori dall’acqua ed ecco i cieli si aprirono ed egli vide lo Spirito di Dio scendere come una colomba e venire sopra di lui. 17 Ed ecco una voce dai cieli che disse: "Questo è il mio diletto Figlio nel quale mi sono compiaciuto".
1 IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa
2 gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4 En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
5 En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.
6 En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
7 Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
9 En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
12 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.
13 TOE het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.
14 Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom.
17 En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.