1 Ora io dico: finché l’erede è fanciullo non differisce in nulla dal servo, benché sia padrone di tutto, 2 ma è sotto tutori e curatori fino al tempo prestabilito dal padre. 3 Così anche noi, quando eravamo fanciulli, eravamo tenuti in servitù sotto gli elementi del mondo, 4 ma, quando giunse la pienezza dei tempi, Dio mandò suo Figlio, nato di donna, nato sotto la legge, 5 per riscattare quelli che erano sotto la legge, affinché noi ricevessimo l’adozione di figli. 6 E, perché siete figli, Dio ha mandato lo Spirito del Figlio suo nei nostri cuori, che grida: "Abbà, Padre". 7 Così tu non sei più servo, ma figlio, e, se sei figlio, sei anche erede per grazia di Dio.
8 In quel tempo, è vero, non avendo conoscenza di Dio, voi avete servito quelli che per natura non sono dèi, 9 ma, ora che avete conosciuto Dio, o piuttosto che siete stati conosciuti da Dio, come mai vi rivolgete di nuovo ai deboli e poveri elementi di cui volete essere di nuovo schiavi? 10 Voi osservate giorni, mesi, stagioni e anni. 11 Io temo di essermi affaticato invano per voi. 12 Siate come sono io, fratelli, ve ne prego, perché anch’io sono come voi. 13 Voi non mi faceste alcun torto, anzi sapete bene che fu a motivo di un’infermità del corpo che vi evangelizzai la prima volta 14 e quella mia infermità corporale, che era per voi una prova, non la disprezzaste né vi fece ripugnanza, al contrario, mi accoglieste come un angelo di Dio, come Cristo Gesù stesso. 15 Dove sono dunque quelle espressioni di benedizione? Poiché io vi rendo questa testimonianza: che, se fosse stato possibile, vi sareste cavati gli occhi e me li avreste dati. 16 Sono dunque divenuto vostro nemico dicendovi la verità? 17 Costoro sono zelanti per voi, ma non per fini onesti, anzi vi vogliono separare da noi perché il vostro zelo si volga a loro. 18 Ora è una buona cosa essere oggetto dello zelo altrui nel bene in ogni tempo e non soltanto quando sono presente fra voi. 19 Figli miei, per i quali io sono di nuovo in doglie finché Cristo sia formato in voi, 20 oh, come vorrei essere ora presente fra voi e cambiare tono, perché sono perplesso a vostro riguardo!
21 Ditemi: voi che volete essere sotto la legge, non ascoltate la legge? 22 Poiché sta scritto che Abraamo ebbe due figli: uno dalla schiava e uno dalla donna libera; 23 quello della schiava nacque secondo la carne, mentre quello della libera nacque in virtù della promessa. 24 Queste cose hanno un senso allegorico, poiché queste donne sono due patti; uno, del monte Sinai, genera per la schiavitù, ed è Agar. 25 Infatti Agar è il monte Sinai in Arabia e corrisponde alla Gerusalemme del tempo presente, la quale è schiava con i suoi figli. 26 Ma la Gerusalemme di sopra è libera ed essa è nostra madre. 27 Poiché è scritto:
"Rallegrati, o sterile che non partorivi! Prorompi in grida, tu che non avevi sentito doglie di parto! Poiché i figli dell’abbandonata saranno più numerosi di quelli di colei che aveva il marito".
28 Ora, fratelli, voi siete figli della promessa come Isacco. 29 Ma, come allora colui che era nato secondo la carne perseguitava il nato secondo lo Spirito, così succede anche ora. 30 Ma che dice la Scrittura? Caccia via la schiava e suo figlio; perché il figlio della schiava non sarà erede con il figlio della libera. 31 Perciò, fratelli, noi non siamo figli della schiava, ma della libera.
1 MAAR ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles;
2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal.
3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld.
4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet,
5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
8 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;
9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
10 Julle neem dae en maande en tye en jare waar.
11 Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.
12 Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie;
13 maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;
14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus.
15 Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het.
16 Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?
17 Hulle ywer vir julle is nie goed nie, maar hulle wil ons buitesluit, sodat julle vir hulle kan ywer.
18 Dit is goed as daar altyd geywer word in 'n goeie saak en nie alleen wanneer ek by julle teenwoordig is nie,
19 my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.
20 EN ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle.
21 Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?
22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar — dit is Hagar;
25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny.
26 Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
27 Want daar is geskrywe: Verbly jou, onvrugbare wat nie baar nie; breek uit en roep, jy wat geen barensnood het nie, want die kinders van die eensame is meer as van haar wat 'n man het.
28 Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte;
29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.