1 L’Eterno continuò a rispondere a Giobbe e disse:
2 "Il censore dell’Onnipotente vuole ancora contendere con lui? Colui che censura Dio ha forse una risposta a tutto questo?".
3 Allora Giobbe rispose all’Eterno e disse:
4 "Ecco, io sono troppo meschino; che ti potrei rispondere? mi metto la mano sulla bocca. 5 Ho parlato una volta, ma non riprenderò la parola; due volte, ma non lo farò più".
6 L’Eterno allora rispose a Giobbe dal seno della tempesta, e disse:
7 "Cingiti i fianchi come un prode; ti farò delle domande e tu insegnami! 8 Vuoi proprio annullare il mio giudizio? condannare me per giustificare te stesso? 9 Hai tu un braccio pari a quello di Dio? o una voce che tuoni come la sua? 10 Adornati, dunque, di maestà, di grandezza, rivestiti di splendore, di magnificenza! 11 Da’ libero sfogo ai furori della tua ira; scruta tutti i superbi e abbassali! 12 Scruta tutti i superbi e umiliali! schiaccia gli empi ovunque si trovino! 13 Seppelliscili tutti assieme nella polvere, copri di bende la loro faccia nel buio della tomba! 14 Allora anch’io ti loderò, perché la tua destra ti avrà dato la vittoria. 15 Guarda l’ippopotamo che ho fatto al pari di te; esso mangia l’erba come il bue. 16 Ecco, la sua forza è nei suoi lombi e il suo vigore nei muscoli del ventre. 17 Stende la coda rigida come un cedro; i nervi delle sue cosce sono intrecciati insieme. 18 Le sue ossa sono tubi di bronzo; le sue membra sbarre di ferro. 19 Esso è il capolavoro di Dio; colui che lo fece lo ha fornito di falce, 20 perché i monti gli producono la pastura; e là tutte le bestie dei campi gli scherzano intorno. 21 Si sdraia sotto i loti, nel folto dei canneti, in mezzo alle paludi. 22 I loti lo coprono della loro ombra, i salici del torrente lo circondano. 23 Straripi pure il fiume, egli non trema; rimane calmo, anche se avesse un Giordano alla gola. 24 Potrebbe qualcuno impadronirsene assalendolo di fronte? o prenderlo con le reti per forargli il naso? 25 Prenderai tu il coccodrillo all’amo? Gli assicurerai la lingua con la corda? 26 Gli passerai un giunco per le narici? Gli forerai le mascelle con l’uncino? 27 Ti rivolgerà esso molte suppliche? Ti dirà delle parole dolci? 28 Farà con te un patto perché tu lo prenda per sempre al tuo servizio? 29 Scherzerai tu con lui come fosse un uccello? Lo attaccherai a un filo per divertire le tue ragazze? 30 Ne trafficheranno forse i pescatori? Lo spartiranno essi fra i negozianti? 31 Gli coprirai tu la pelle di frecce e la testa di ramponi? 32 Mettigli un po’ le mani addosso! Ti ricorderai del combattimento e non ci tornerai!
1 EN die Here het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
4 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
6 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
12 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
16 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
18 As die rivier swel — hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
19 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
20 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
21 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
23 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
24 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
25 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
26 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?
27 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
28 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?