Publicidade

Jó 30

AFR53

1 Ora servo da zimbello ai più giovani di me, i cui padri non avrei degnato di mettere fra i cani del mio gregge! 2 A che mi sarebbe servita la forza delle loro mani? Gente incapace a raggiungere l’età matura, 3 pallida dalla miseria e dalla fame, ridotta a brucare nel deserto, la terra da tempo nuda e desolata, 4 strappando erba amara vicino ai cespugli, e avendo per pane radici di ginestra. 5 Sono scacciati di mezzo agli uomini, la gente grida dietro a loro come dietro al ladro, 6 abitano in burroni orrendi, nelle caverne della terra e fra le rocce; 7 urlano fra i cespugli, si sdraiano alla rinfusa sotto i rovi; 8 gente da nulla, razza senza nome, cacciata via dal paese a bastonate. 9 Ora io sono il tema delle loro canzoni, il soggetto dei loro discorsi. 10 Mi detestano, mi schivano, non si trattengono dallo sputarmi in faccia. 11 Non hanno più ritegno, mi umiliano, rompono ogni freno in mia presenza. 12 Questa gentaglia insorge alla mia destra, mi incalzano, e si appianano le vie contro di me per distruggermi. 13 Hanno sovvertito il mio cammino, lavorano alla mia rovina, loro che nessuno vorrebbe soccorrere! 14 Avanzano come attraverso un’ampia breccia, si precipitano davanti in mezzo alle rovine. 15 Terrori mi si rovesciano addosso; il mio onore è portato via come dal vento, la mia felicità è passata come una nube. 16 Ora l’anima mia si strugge in me, mi hanno colto i giorni dell’afflizione. 17 La notte mi trafigge, mi stacca le ossa, e i dolori che mi rodono non hanno posa. 18 Per la grande violenza del mio male la mia veste si deforma, mi si stringe addosso come la tunica. 19 Iddio mi ha gettato nel fango, e rassomiglio alla polvere e alla cenere. 20 Io grido a te, e tu non mi rispondi; ti sto davanti, e tu non mi consideri! 21 Ti sei trasformato in nemico crudele verso di me; mi perseguiti con la potenza della tua mano. 22 Mi alzi per aria, mi fai portare via dal vento, e mi annienti nella tempesta. 23 Infatti, lo so, tu mi conduci alla morte, alla casa di convegno di tutti i viventi. 24 Ma chi sta per morire non stende la mano? e nella sua angoscia non grida aiuto? 25 Non piangevo io forse per chi era nell’avversità? la mia anima non era forse afflitta per il povero? 26 Speravo il bene, ma è venuto il male; aspettavo la luce, ma è venuta l’oscurità! 27 Le mie viscere ribollono e non hanno riposo, sono venuti per me giorni di afflizione. 28 Me ne vado tutto annerito, ma non dal sole; mi alzo in mezzo all’assemblea e grido aiuto; 29 sono diventato fratello degli sciacalli, compagno degli struzzi. 30 La mia pelle è nera e cade a pezzi; le mie ossa sono calcinate dall’arsura. 31 La mia cetra non più che accenti di lutto, e la mia zampogna voce di pianto.

En nou? Selfs die laagste klas mense lag hom uit.

1 EN nóú lag hulle wat jonger is as ek, my uit mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2 Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3 Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4 hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5 Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief.

6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7 Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar

8 dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word.

9 En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10 Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11 Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12 Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

13 My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het.

14 Soos deur 'n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15 Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.

16 Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18 Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21 U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27 My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29 Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise.

30 My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

31 So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-