1 Allora Zofar di Naama rispose e disse:
2 "Per questo i miei pensieri mi spingono a risponderti, e perciò c’è questa fretta dentro di me. 3 Ho udito rimproveri che mi offendono; ma il mio spirito darà una risposta assennata. 4 Non lo sai tu che in ogni tempo, da quando l’uomo è stato posto sulla terra, 5 il trionfo dei malvagi è breve e la gioia degli empi non dura che un istante? 6 Anche se la sua altezza giungesse fino al cielo e il suo capo toccasse le nubi, 7 l’empio perirà per sempre come il suo sterco; quelli che lo vedevano diranno: ‘Dov’è?’. 8 Se ne volerà via come un sogno, e non si troverà più; si dileguerà come una visione notturna. 9 L’occhio che lo guardava, smetterà di vederlo, e la sua dimora non lo scorgerà più. 10 I suoi figli si raccomanderanno ai poveri, e le sue mani restituiranno la sua ricchezza. 11 Il vigore giovanile che gli riempiva le ossa giacerà nella polvere con lui. 12 Il male è dolce alla sua bocca, se lo nasconde sotto la lingua, 13 lo risparmia, non lo lascia andare giù, lo trattiene sotto al suo palato: 14 ma il cibo gli si trasforma nelle viscere, e diventa nel suo corpo veleno di aspide. 15 Ha divorato ricchezze e le vomiterà; Iddio stesso gliele farà uscire dal ventre. 16 Ha succhiato veleno di aspide, la lingua della vipera lo ucciderà. 17 Non godrà più la vista di acque perenni, né di rivi fluenti di miele e di latte. 18 Restituirà il frutto delle sue fatiche, senza poterlo mangiare. Quello che restituirà sarà pari alla sua ricchezza, e così non godrà dei suoi beni. 19 Perché ha oppresso e abbandonato il povero, si è impadronito di case che non aveva costruite; 20 perché la sua ingordigia non conobbe riposo, egli non salverà nulla di ciò che ha tanto desiderato. 21 La sua voracità non risparmiava nulla, perciò il suo benessere non durerà. 22 Nel colmo dell’abbondanza, si troverà in penuria; la mano di tutti quelli che soffrono tormenti si alzerà contro lui. 23 Quando starà per riempirsi il ventre, ecco Iddio manderà contro di lui l’ardore della sua ira; gliela farà piovere addosso per servirgli da cibo. 24 Se scampa alle armi di ferro, lo trafigge l’arco di bronzo. 25 Si strappa la freccia, essa gli esce dal corpo, la punta sfolgorante gli viene fuori dal fiele, lo assalgono i terrori della morte. 26 Buio profondo è riservato ai suoi tesori; lo consumerà un fuoco non acceso dall’uomo, che divorerà ciò che resta nella sua tenda. 27 Il cielo rivelerà la sua iniquità, e la terra insorgerà contro di lui. 28 Le rendite della sua casa se ne andranno, portate via nel giorno dell’ira di Dio. 29 Tale è la parte che Dio riserva all’empio, questa è l’eredità che Dio gli destina".
1 TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.
3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.
4 WEET jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:
5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?
6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke —
7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?
8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.
9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.
10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.
11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.
12 AL smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,
13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte —
14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.
15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.
16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.
17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.
18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.
19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.
20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.
21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.
22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.
23 OM sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.
24 Hy sal vlug vir die ysterwapens — 'n koperboog sal hom deurboor.
25 Hy trek — daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.
27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
28 Weggevoer word die opbrings van sy huis — goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.
29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.