1 Chiama pure! C’è forse chi ti risponda? E a quale dei santi vorrai rivolgerti? 2 No, l’ira non uccide che l’insensato e l’irritazione non fa morire che lo stolto. 3 Io ho visto l’insensato prendere radice, ma ben presto ho dovuto maledire la sua casa. 4 I suoi figli vanno privi di soccorso, sono oppressi alla porta, e non c’è chi li difenda. 5 L’affamato gli divora il raccolto, glielo ruba perfino tra le spine; e l’assetato gli divora i beni. 6 Poiché la sventura non spunta dalla terra né il dolore germoglia dal suolo; 7 ma l’uomo nasce per soffrire, come la scintilla per volare in alto. 8 Io però vorrei cercare Dio e a Dio vorrei esporre la mia causa: 9 a lui, che fa cose grandi, imperscrutabili, meraviglie senza numero; 10 che sparge la pioggia sopra la terra e manda l’acqua sui campi; 11 che innalza quelli che erano abbassati e pone gli afflitti in salvo in luogo elevato; 12 che sventa i disegni degli astuti in modo che le loro mani non riescano a eseguirli: 13 che prende gli abili nella loro astuzia, in modo che il consiglio degli scaltri vada in rovina. 14 Di giorno essi incorrono nelle tenebre, a mezzogiorno brancolano come di notte; 15 ma Iddio salva l’oppresso dalla spada della loro bocca, e il povero dalla mano del potente. 16 Così per il misero c’è speranza, mentre l’iniquità ha la bocca chiusa. 17 Beato l’uomo che Dio corregge! Tu non disprezzare la correzione dell’Onnipotente; 18 poiché egli fa la piaga, poi la fascia; egli ferisce, ma le sue mani guariscono. 19 In sei sciagure egli sarà il tuo liberatore e in sette il male non ti toccherà. 20 In tempo di carestia ti scamperà dalla morte, in tempo di guerra dai colpi della spada. 21 Sarai sottratto al flagello della lingua, non temerai quando verrà il disastro. 22 In mezzo al disastro e alla fame riderai, non temerai le belve della terra; 23 perché avrai per alleate le pietre del suolo, e gli animali dei campi saranno con te in pace. 24 Saprai al sicuro la tua tenda e, visitando i tuoi pascoli, vedrai che non ti manca nulla. 25 Saprai che la tua progenie moltiplica, che i tuoi rampolli crescono come l’erba dei campi. 26 Scenderai maturo nella tomba, come i covoni di grano che si ammucchiano a suo tempo. 27 Ecco ciò che abbiamo trovato, riflettendo. Così è. Tu ascolta, e fanne profitto".
1 ROEP maar — is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
2 Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
3 Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
4 Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
5 Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
6 Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
7 Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
8 MAAR wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
9 aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
10 wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
11 om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
12 Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
13 wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
14 Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
16 So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
17 KYK, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
18 Want Hý doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
19 In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
21 As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
22 Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
23 Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
24 En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
25 Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
26 Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd.
27 Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.