1 Eliù riprese a parlare e disse:
2 "Voi saggi, ascoltate le mie parole! Voi che siete intelligenti, prestatemi orecchio! 3 Poiché l’orecchio giudica i discorsi, come il palato assapora le vivande. 4 Scegliamo quello che è giusto, riconosciamo fra noi quello che è buono. 5 Giobbe ha detto: ‘Sono giusto, ma Dio mi nega giustizia; 6 ho ragione e passo da bugiardo; la mia ferita è incurabile, e sono senza peccato’. 7 Dov’è l’uomo che, come Giobbe, beva gli insulti cattivi come l’acqua, 8 cammini in compagnia dei malfattori, e vada assieme agli scellerati? 9 Infatti ha detto: ‘Non giova nulla all’uomo avere il suo diletto in Dio’. 10 Ascoltatemi dunque, o uomini di senno! Lungi da Dio il male, lungi dall’Onnipotente l’iniquità! 11 Poiché egli rende all’uomo secondo le sue opere, e fa trovare a ognuno il salario del suo comportamento. 12 No, di certo Iddio non commette ingiustizie! l’Onnipotente non perverte il diritto. 13 Chi gli ha dato il governo della terra? Chi ha affidato l’universo alla sua cura? 14 Se egli non si curasse che di sé stesso, se ritirasse a sé il suo Spirito e il suo soffio, 15 ogni carne perirebbe all’improvviso, e l’uomo ritornerebbe in polvere. 16 Se tu sei intelligente, ascolta questo, porgi orecchio alla voce delle mie parole. 17 Uno che odiasse la giustizia potrebbe governare? Osi tu condannare il Giusto, il Potente, 18 che chiama i re ‘uomini da nulla’ e i prìncipi ‘scellerati’, 19 che non porta rispetto all’apparenza dei grandi, che non considera il ricco più del povero, perché sono tutti opera delle sue mani? 20 In un attimo essi muoiono; nel cuore della notte la gente del popolo è scossa e scompare, i potenti sono portati via, senza mano d’uomo. 21 Perché Iddio tiene gli occhi aperti sulle vie dei mortali, e vede tutti i loro passi. 22 Non ci sono tenebre, non c’è ombra di morte, dove possa nascondersi chi opera ingiustamente. 23 Dio non ha bisogno di osservare a lungo un uomo per portarlo davanti a lui in giudizio. 24 Egli fiacca i potenti, senza inchiesta, e ne stabilisce altri al loro posto; 25 poiché egli conosce le loro azioni; li abbatte nella notte, e sono fiaccati; 26 li colpisce come dei malvagi, in presenza di tutti, 27 perché si sono sviati da lui e non hanno posto mente a nessuna delle sue vie; 28 hanno fatto salire a lui il gemito del povero, ed egli ha dato ascolto al gemito degli infelici. 29 Quando Iddio dà riposo chi lo condannerà? Chi potrà contemplarlo quando nasconde il suo volto a una nazione oppure a un individuo, 30 per impedire all’empio di regnare, per allontanare dal popolo le insidie? 31 Quell’empio ha forse detto a Dio: ‘Io porto la mia pena, non farò più il male, 32 mostrami tu quello che non so vedere; se ho agito perversamente, non lo farò più’? 33 Dovrà forse Iddio rendere la giustizia a modo tuo, che tu lo critichi? Ti dirà forse: ‘Scegli tu, non io, quello che sai, dillo’? 34 La gente assennata e ogni uomo saggio che mi ascolta, mi diranno: 35 ‘Giobbe parla senza giudizio, le sue parole sono prive di senno’. 36 Ebbene, sia Giobbe provato sino alla fine! poiché le sue risposte sono quelle degli iniqui, 37 poiché al suo peccato aggiunge la ribellione, batte le mani in mezzo a noi e moltiplica le sue parole contro Dio".
1 VERDER het Elíhu aangehef en gesê:
2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!
3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.
4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.
5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.
6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!
7 Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?
8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?
9 Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.
10 DAAROM, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!
11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.
12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.
13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?
14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,
15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
16 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.
17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
18 Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!
19 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.
20 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf — nie deur 'n hand nie.
21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.
22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.
23 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.
24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.
25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.
26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,
27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie —
28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.
29 En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;
30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.
31 WANT sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;
32 wat ek nie insien nie, leer Ú my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie —
33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit!
34 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:
35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.
36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.
37 Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.