1 Allora Giobbe aprì la bocca e maledisse il giorno della sua nascita. 2 E prese a dire così:
3 "Scompaia il giorno che io nacqui e la notte in cui si disse: ‘È stato concepito un maschio!’. 4 Quel giorno si converta in tenebre, non se ne curi Iddio dall’alto, né splenda su di esso un raggio di luce! 5 Se lo riprendano le tenebre e l’ombra di morte, resti su di esso una fitta nuvola, le eclissi lo riempiano di paura! 6 Quella notte diventi preda di un buio cupo, non abbia la gioia di essere contata tra i giorni dell’anno, non entri nel novero dei mesi! 7 Quella notte sia notte sterile e non vi si oda grido di gioia. 8 La maledicano quelli che maledicono i giorni e sono esperti nell’evocare il drago. 9 Si oscurino le stelle del suo crepuscolo, aspetti la luce e la luce non venga, e non contempli le palpebre dell’alba, 10 poiché non chiuse la porta del grembo che mi portava e non nascose l’affanno ai miei occhi. 11 Perché non morii nel seno di mia madre? Perché non spirai appena uscito dal suo grembo? 12 Perché trovai delle ginocchia per ricevermi e delle mammelle da allattare? 13 Adesso giacerei tranquillo, dormirei, e avrei così riposo 14 con i re e con i consiglieri della terra che si costruirono mausolei, 15 con i prìncipi che possedevano dell’oro e che riempirono d’argento le loro case; 16 o, come l’aborto nascosto, non esisterei, sarei come i feti che non videro la luce. 17 Là gli empi cessano di tormentare gli altri, là riposano gli stanchi; 18 là i prigionieri hanno pace tutti insieme, senza udire voce di carceriere. 19 Piccoli e grandi sono là insieme, e lo schiavo è libero dal suo padrone. 20 Perché dare la luce all’infelice e la vita a chi ha l’amarezza nell’anima, 21 i quali aspettano la morte che non viene, e la ricercano più dei tesori nascosti, 22 e si rallegrerebbero fino a giubilarne, esulterebbero se trovassero una tomba? 23 Perché dare vita a un uomo la cui via è oscura, e che Dio ha stretto in un cerchio? 24 Io sospiro anche quando prendo il mio cibo, e i miei gemiti si spandono come acqua. 25 Non appena temo un male, esso mi colpisce; e quello che mi spaventa, mi piomba addosso. 26 Non trovo tranquillità, né riposo, né pace, il tormento è continuo!".
1 DAARNA het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
2 En Job het begin en gesê:
3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
6 Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
7 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.
9 Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
16 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
20 WAAROM gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
23 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!