1 Questa è la parola che fu rivolta a Geremia dall’Eterno: 2 "Così parla l’Eterno, l’Iddio d’Israele: ‘Scrivi in un libro tutte le parole che ti ho detto; 3 poiché, ecco, i giorni vengono’, dice l’Eterno, ‘in cui io riporterò dall’esilio il mio popolo d’Israele e di Giuda’, dice l’Eterno, ‘e li ricondurrò nel paese che diedi ai loro padri, ed essi lo possederanno’". 4 Queste sono le parole che l’Eterno ha pronunciato riguardo a Israele e a Giuda.
5 "Così parla l’Eterno: ‘Noi udiamo un grido di terrore, di spavento e non di pace. 6 Informatevi e guardate se un maschio partorisce! Perché dunque vedo tutti gli uomini con le mani sui fianchi come una donna che partorisce? Perché tutte le facce sono diventate pallide? 7 Ahimè, perché quel giorno è grande; non ce ne fu mai altro simile; è un tempo di angoscia per Giacobbe; tuttavia egli ne sarà salvato. 8 In quel giorno’, dice l’Eterno degli eserciti, ‘io spezzerò il suo giogo dal tuo collo e romperò le tue catene; gli stranieri non ti faranno più loro schiavo, 9 ma quelli d’Israele serviranno l’Eterno, il loro Dio, e Davide loro re, che io susciterò loro. 10 Tu dunque, o Giacobbe, mio servitore, non temere’, dice l’Eterno, ‘non ti sgomentare, o Israele; poiché, ecco, io ti salverò dal lontano paese, salverò la tua discendenza dalla terra del suo esilio; Giacobbe ritornerà, sarà in riposo, sarà tranquillo, e nessuno più lo spaventerà. 11 Poiché io sono con te’, dice l’Eterno, ‘per salvarti; io annienterò tutte le nazioni fra le quali ti ho disperso, ma non annienterò te; però, ti castigherò con giusta misura e non ti lascerò del tutto impunito’".
12 "Così parla l’Eterno: ‘La tua ferita è incurabile, la tua piaga è grave. 13 Nessuno difende la tua causa per fasciare la tua piaga; tu non hai medicine adatte a guarirla. 14 Tutti i tuoi amanti ti hanno dimenticata, non si curano più di te; poiché io ti ho percossa come si percuote un nemico, ti ho inflitto la correzione di un uomo crudele, per la grandezza della tua iniquità, perché i tuoi peccati sono andati aumentando. 15 Perché gridi a causa della tua ferita? Il tuo dolore è insanabile. Io ti ho fatto queste cose per la grandezza della tua iniquità, perché i tuoi peccati sono andati aumentando. 16 Tuttavia, tutti quelli che ti divorano saranno divorati, tutti i tuoi nemici, tutti quanti, saranno deportati; quelli che ti spogliano saranno spogliati, quelli che ti saccheggiano li abbandonerò al saccheggio. 17 Ma io medicherò le tue ferite, ti guarirò delle tue piaghe’, dice l’Eterno, ‘poiché ti chiamano la scacciata, la Sion di cui nessuno si cura’".
18 "Così parla l’Eterno: ‘Ecco, io riporto dall’esilio le tende di Giacobbe e ho pietà delle sue abitazioni; le città saranno ricostruite sulle loro rovine e i palazzi saranno abitati come di consueto. 19 Ne usciranno ringraziamenti, voci di gente festeggiante. Io li moltiplicherò e non saranno più ridotti a pochi; li renderò onorati e non saranno più avviliti. 20 I suoi figli saranno come furono un tempo, la sua comunità sarà stabilita davanti a me e io punirò tutti i loro oppressori. 21 Il loro principe sarà uno di essi, e chi li dominerà uscirà di mezzo a loro; io lo farò avvicinare, ed egli verrà a me; poiché chi disporrebbe il suo cuore ad avvicinarsi a me?’ dice l’Eterno. 22 ‘Voi sarete mio popolo e io sarò vostro Dio’".
23 Ecco la tempesta dell’Eterno; il furore scoppia; la tempesta imperversa, scroscia sul capo degli empi. 24 L’ardente ira dell’Eterno non si placherà, finché non abbia eseguito, compiuto i disegni del suo cuore; negli ultimi giorni, lo capirete.
1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het.
2 So spreek die Here, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;
3 want kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die Here; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
4 En dit is die woorde wat die Here gespreek het oor Israel en Juda:
5 Want so sê die Here: Ons het 'n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!
6 Vra tog, en kyk of 'n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is 'n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.
8 En op dié dag, spreek die Here van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
9 Maar hulle sal die Here hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.
10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die Here; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
11 Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
12 Want so sê die Here: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik.
13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.
14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos 'n vyand slaan, met 'n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes.
15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen.
16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as 'n buit.
17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.
18 So sê die Here: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en 'n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.
20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die Here.
22 En julle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees.
23 Kyk, 'n storm van die Here, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
24 Die toorngloed van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.