1 "O Israele, se tu torni", dice l’Eterno, "se tu torni a me, e se togli dalla mia presenza le tue abominazioni, se non vai più vagando qua e là 2 e giuri per l’Eterno che vive, con verità, con rettitudine e con giustizia, allora le nazioni saranno benedette in lui e in lui si glorieranno". 3 Poiché così parla l’Eterno a quelli di Giuda e di Gerusalemme: "Dissodatevi un campo nuovo, e non seminate fra le spine! 4 Circoncidetevi per l’Eterno, circoncidete i vostri cuori, o uomini di Giuda e abitanti di Gerusalemme, affinché il mio furore non scoppi come un fuoco, e non si infiammi in modo che nessuno possa spegnerlo, a causa della malvagità delle vostre azioni!".
5 "Annunciate in Giuda, proclamate questo in Gerusalemme e dite: ‘Suonate le trombe nel paese!’ gridate forte e dite: ‘Radunatevi ed entriamo nelle città fortificate!’. 6 Alzate la bandiera verso Sion, cercate un rifugio, non vi fermate, perché io faccio venire dal settentrione una calamità e una grande rovina". 7 Un leone balza fuori dal folto del bosco, un distruttore di nazioni si è messo in viaggio, ha lasciato il suo luogo, per ridurre il tuo paese in desolazione, al punto che le tue città saranno rovinate e prive di abitanti. 8 Perciò, vestitevi di sacchi, fate cordoglio, lamentatevi! perché l’ardente ira dell’Eterno non si è allontanata da noi. 9 "In quel giorno avverrà", dice l’Eterno, "che il cuore del re e il cuore dei capi verranno meno, i sacerdoti saranno attoniti, e i profeti stupefatti".
10 Allora io dissi: "Ahi! Signore, Eterno! tu hai dunque ingannato questo popolo e Gerusalemme dicendo: ‘Voi avrete pace’, mentre la spada penetra fino all’anima".
11 In quel tempo si dirà a questo popolo e a Gerusalemme: "Un vento ardente viene dalle alture del deserto verso la figlia del mio popolo, non per vagliare, non per mondare il grano; 12 un vento anche più impetuoso di quello verrà da parte mia; ora anche io pronuncerò la sentenza contro di loro". 13 Ecco, l’invasore sale come fanno le nuvole, e i suoi carri sono come un turbine; i suoi cavalli sono più rapidi delle aquile. Guai a noi! poiché siamo devastati! 14 Gerusalemme, purifica il tuo cuore dalla malvagità, affinché tu sia salvata. Fino a quando albergheranno in te i tuoi pensieri iniqui? 15 Poiché una voce che viene da Dan annuncia la calamità e la proclama dai colli di Efraim. 16 "Avvertitene le nazioni, fatelo sapere a Gerusalemme: degli assedianti vengono da un paese lontano e mandano le loro grida contro le città di Giuda. 17 Si sono posti contro Gerusalemme da ogni lato, come guardie di un campo, perché essa si è ribellata contro di me", dice l’Eterno. 18 "Il tuo comportamento e le tue azioni ti hanno attirato queste cose; questo è il frutto della tua malvagità; sì, è amaro; sì, è una cosa che ti arriva al cuore".
19 Le mie viscere! le mie viscere! Sento un grande dolore! Le pareti del mio cuore! Il mio cuore mi freme in petto! Io non posso tacere; poiché, anima mia, tu odi il suono della tromba, il grido di guerra. 20 Si annuncia rovina sopra rovina, poiché tutto il paese è devastato. Le mie tende sono distrutte all’improvviso, i miei padiglioni in un attimo. 21 Fino a quando vedrò la bandiera e udrò il suono della tromba?
22 "Veramente il mio popolo è stolto, non mi conosce; sono dei figli insensati e non hanno intelligenza; sono sapienti per fare il male; ma il bene non lo sanno fare". 23 Io guardo la terra, ed ecco è desolata e deserta; i cieli, e sono senza luce. 24 Guardo i monti, ed ecco tremano e tutti i colli sono agitati. 25 Guardo, ed ecco non c’è uomo; tutti gli uccelli del cielo sono volati via. 26 Guardo, ed ecco il Carmelo è un deserto; tutte le sue città sono abbattute davanti all’Eterno, davanti alla sua ira ardente.
27 Poiché così parla l’Eterno: "Tutto il paese sarà desolato, ma io non lo finirò del tutto. 28 Per questo motivo, la terra fa cordoglio, e i cieli di sopra si oscurano; perché io l’ho detto, l’ho stabilito e non me ne pento, non ritratterò". 29 Al rumore dei cavalieri e degli arcieri tutte le città sono in fuga; tutti entrano nel folto dei boschi, montano sulle rocce; tutte le città sono abbandonate e non c’è più nessun abitante. 30 E tu che stai per essere devastata, che fai? Hai un bel vestirti di scarlatto, un bel metterti i tuoi ornamenti d’oro, un bell’ingrandirti gli occhi con il belletto! Invano ti abbellisci; i tuoi amanti ti disprezzano, vogliono la tua vita. 31 Poiché io odo delle grida come di una donna che è nei dolori; un’angoscia come quella di una donna nel suo primo parto; è la voce della figlia di Sion, che sospira ansimando e stende le mani: "Ahi, povera me! La mia anima viene meno davanti agli assassini".
1 AS jy jou bekeer, Israel, spreek die Here, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
2 Dan sal jy sweer: So waar as die Here leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.
3 Want so sê die Here aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.
4 Besny julle vir die Here en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos 'n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
5 VERKONDIG in Juda en laat dit hoor in Jerusalem en sê: Blaas die basuin in die land! Roep hardop en sê: Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan!
6 Steek óp die banier na Sion toe! Vlug, bly nie staan nie! Want Ek bring 'n onheil uit die Noorde en 'n groot verwoesting.
7 'n Leeu het opgekom uit sy bos en 'n verderwer van nasies het weggetrek, uitgegaan uit sy plek om jou land 'n woesteny te maak; jou stede sal verwoes word, sonder inwoners.
8 Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van die Here teen ons het nie bedaar nie.
9 En op dié dag, spreek die Here, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.
10 Toe het ek gesê: Ag, Here Here, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê — terwyl die swaard tot aan die siel raak.
11 In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!
12 'n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.
13 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos 'n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!
14 Was jou hart van boosheid, o Jerusalem, dat jy gered kan word. Hoe lank sal jou onheilsgedagtes in jou binneste vertoef?
15 Want 'n stem verkondig uit Dan en laat onheil hoor van die gebergte van Efraim af.
16 Vermeld dit aan die nasies! Kyk, laat dit hoor teen Jerusalem! Beleëraars kom uit 'n ver land en het hulle stem verhef teen die stede van Juda.
17 Soos veldwagters is hulle teen die stad rondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek die Here.
18 Jou wandel en jou handel het jou dit aangedoen; dit is jou boosheid; ja, bitter is dit, ja, dit raak tot aan jou hart.
19 o My ingewande, my ingewande, ek moet bewe van angs! o Mure van my hart! My hart steun in my, ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid gehoor, oorlogsgeskreeu!
20 Verwoesting op verwoesting word uitgeroep, want die hele land is verwoes; skielik is my tente verwoes, my tentdoeke in 'n oomblik.
21 Hoe lank sal ek die banier sien, die basuingeluid hoor?
22 Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.
23 Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
24 Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud.
25 Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg.
26 Ek het gekyk, en die land van tuine was 'n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die Here, voor sy toorngloed.
27 Want so sê die Here: Die hele land sal 'n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
28 Hieroor sal die aarde treur en die hemel daarbo rou dra, omdat Ek dit gespreek, My dit voorgeneem het en Ek geen berou het en daarvan nie sal terugkom nie.
29 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.
30 En jy, verwoeste, wat gaan jy doen? Al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf — tevergeefs maak jy jou mooi; minnaars versmaad jou, hulle soek jou lewe.
31 Want ek het gehoor 'n stem soos van een wat inmekaar krimp, 'n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uit en sê: Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.