1 Il re Sedechia, figlio di Giosia, regnò al posto di Conia, figlio di Ioiachim, e fu costituito re nel paese di Giuda da Nabucodonosor, re di Babilonia. 2 Ma né lui, né i suoi servitori, né il popolo del paese diedero ascolto alle parole che l’Eterno aveva pronunciato per mezzo del profeta Geremia. 3 Il re Sedechia mandò Ieucal, figlio di Selemia, e Sofonia, figlio di Maaseia, il sacerdote, dal profeta Geremia, per dirgli: "Prega per noi l’Eterno, il nostro Dio". 4 Geremia andava e veniva fra il popolo e non era ancora stato messo in prigione. 5 L’esercito del Faraone era uscito dall’Egitto; e quando i Caldei che assediavano Gerusalemme ne ebbero notizia, tolsero l’assedio a Gerusalemme. 6 Allora la parola dell’Eterno fu rivolta al profeta Geremia, in questi termini: 7 "Così parla l’Eterno, l’Iddio d’Israele: ‘Dite così al re di Giuda che vi ha mandato da me per consultarmi: Ecco, l’esercito del Faraone che era uscito in vostro soccorso, è tornato nel suo paese, in Egitto; 8 i Caldei torneranno e combatteranno contro questa città, la prenderanno e la daranno alle fiamme’. 9 Così parla l’Eterno: ‘Non ingannate voi stessi dicendo: Certo, i Caldei se ne andranno da noi, perché non se ne andranno. 10 Anzi, anche se voi sconfiggeste tutto l’esercito dei Caldei che combatte contro di voi e non ne rimanessero che degli uomini feriti, questi si alzerebbero, ciascuno dalla sua tenda, e darebbero questa città alle fiamme’". 11 Quando l’esercito dei Caldei si fu ritirato davanti a Gerusalemme a causa dell’esercito del Faraone, 12 Geremia uscì da Gerusalemme per andare nel paese di Beniamino, per ricevervi la sua porzione in mezzo al popolo. 13 Ma quando fu alla porta di Beniamino, c’era là un capitano della guardia, di nome Ireia, figlio di Selemia, figlio di Anania, il quale arrestò il profeta Geremia dicendo: "Tu vai ad arrenderti ai Caldei". 14 E Geremia rispose: "È falso; io non vado ad arrendermi ai Caldei"; ma l’altro non gli diede ascolto; arrestò Geremia e lo condusse dai capi. 15 I capi si adirarono contro Geremia, lo percossero e lo misero in prigione nella casa di Gionatan, il segretario; perché di quella avevano fatto un carcere. 16 Quando Geremia fu entrato nella prigione sotterranea fra le segrete, e vi fu rimasto molti giorni, 17 il re Sedechia lo mandò a prendere, lo interrogò in casa sua, di nascosto, e gli disse: "C’è qualche parola da parte dell’Eterno?". Geremia rispose: "Sì, c’è", e aggiunse: "Tu sarai dato in mano del re di Babilonia". 18 Geremia disse inoltre al re Sedechia: "Che peccato ho commesso contro di te o contro i tuoi servitori o contro questo popolo, che mi avete messo in prigione? 19 Dove sono ora i vostri profeti che vi profetizzavano dicendo: ‘Il re di Babilonia non verrà contro di voi né contro questo paese’? 20 Ora ascolta, ti prego, o re, mio signore; e la mia supplica giunga bene accolta in tua presenza; non farmi tornare nella casa di Gionatan lo scriba, altrimenti vi morirò". 21 Allora il re Sedechia ordinò che Geremia fosse custodito nel cortile della prigione e gli fosse dato tutti i giorni un pane dalla via dei fornai, finché tutto il pane della città fosse consumato. Così Geremia rimase nel cortile della prigione.
1 EN Sedekía, die seun van Josía, wat Nebukadrésar, die koning van Babel, koning gemaak het in die land Juda, het as koning geregeer in die plek van Gonja, die seun van Jójakim.
2 Maar hy het nie geluister, hy en sy dienaars en die volk van die land, na die woorde van die Here wat Hy deur die diens van die profeet Jeremia gespreek het nie.
3 Nogtans het koning Sedekía met Jugal, die seun van Selémja, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot die Here onse God vir ons.
4 Toe het Jeremia nog in- en uitgegaan onder die volk, en hulle het hom nog nie in die gevangenis gesit nie.
5 Ook het die leër van Farao uit Egipte uitgetrek; en toe die Chaldeërs wat besig was om Jerusalem te beleër, die tyding aangaande hulle hoor, het hulle van Jerusalem af opgetrek.
6 Daarop kom die woord van die Here tot die profeet Jeremia en sê:
7 So spreek die Here, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;
8 en die Chaldeërs sal terugkom en teen hierdie stad oorlog voer en dit inneem en dit met vuur verbrand.
9 So spreek die Here: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek — want hulle sal nie wegtrek nie.
10 Want al sou julle die hele leër van die Chaldeërs wat teen julle oorlog voer, verslaan, sodat daar onder hulle net swaar gewondes oorbly, dan sou hulle elkeen in sy tent opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.
11 En toe die leër van die Chaldeërs van Jerusalem af opgetrek het vanweë die leër van Farao,
12 wou Jeremia Jerusalem verlaat om in die land Benjamin te gaan, om daar te midde van die volk 'n erfdeel in ontvangs te neem.
13 Toe hy in die Benjaminspoort kom, was daar 'n voorman van die wag met die naam Jiría, die seun van Selémja, die seun van Hanánja; en hy het die profeet Jeremia gevang, met die woorde: Jy wil na die Chaldeërs oorloop!
14 Maar Jeremia het gesê: Leuens! Ek wil nie na die Chaldeërs oorloop nie. Maar hy het na hom nie geluister nie, en Jiría het Jeremia gevang en hom by die vorste gebring.
15 En die vorste het vir Jeremia baie kwaad geword en hom geslaan en hom in die gevangenis gesit in die huis van die skrywer Jónatan; want hulle het daar 'n gevangenis van gemaak.
16 Toe Jeremia in die kerker en in die gewelwe kom en Jeremia daar baie dae gebly het,
17 het koning Sedekía gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huis in die geheim gevra en gesê: Is daar 'n woord van die Here? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.
18 Verder het Jeremia aan die koning Sedekía gesê: Wat het ek teen u of teen u dienaars of teen hierdie volk gesondig, dat julle my in die gevangenis gesit het?
19 En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?
20 Luister dan nou tog, my heer die koning! Laat tog my smeking voor u kom en laat my nie terugbring in die huis van die skrywer Jónatan, dat ek daar nie sterwe nie.
21 Toe gee koning Sedekía bevel dat hulle Jeremia onder toesig moet hou in die voorhof van bewaking en aan hom daagliks 'n skyf brood uit die Bakkerstraat moet gee, totdat al die brood van die stad op was. So het Jeremia dan in die voorhof van bewaking gebly.