1 Questi sono i sacerdoti e i Leviti che tornarono con Zorobabele, figlio di Sealtiel, e con Iesua: Seraia, Geremia, 2 Esdra, Amaria, Malluc, 3 Cattus, Secania, Reum, 4 Meremot, Iddo, Ghinnetoi, 5 Abiia, Miiamin, Maadia, 6 Bilga, Semaia, Ioiarib, 7 Iedaia, Sallu, Amoc, Chilchia, Iedaia. Questi erano i capi dei sacerdoti e dei loro fratelli al tempo di Iesua. 8 Leviti: Iesua, Binnui, Cadmiel, Serebia, Giuda, Mattania, che dirigeva con i suoi fratelli il canto di lode. 9 Bacbuchia e Unni, loro fratelli, si alternavano con loro secondo il loro turno. 10 Iesua generò Ioiachim; Ioiachim generò Eliasib; Eliasib generò Ioiada; 11 Ioiada generò Ionatan; Ionatan generò Iaddua. 12 Ecco quali erano, al tempo di Ioiachim, i capi di famiglie sacerdotali: della famiglia di Seraia, Meraia; di quella di Geremia, Anania; 13 di quella di Esdra, Mesullam; di quella di Amaria, Iocanan; 14 di quella di Melicu, Ionatan; di quella di Sebania, Giuseppe; 15 di quella di Carim, Adna; di quella di Meraiot, Chelcai; 16 di quella di Iddo, Zaccaria; di quella di Ghinneton, Mesullam; 17 di quella di Abiia, Zicri; di quella di Miniamin… di quella di Moadia, Piltai; 18 di quella di Bilga, Sammua; di quella di Semaia, Ionatan; 19 di quella di Ioiarib, Mattenai; di quella di Iedaia, Uzzi; 20 di quella di Sallai, Callai; di quella di Amoc, Eber; 21 di quella di Chilchia, Casabia; di quella di Iedaia, Netaneel. 22 Quanto ai Leviti, i capifamiglia furono iscritti al tempo di Eliasib, di Ioiada, di Iocanan e di Iaddua; e i sacerdoti, sotto il regno di Dario, il Persiano. 23 I capi delle famiglie levitiche furono iscritti nel libro delle Cronache fino al tempo di Iocanan, figlio di Eliasib. 24 I capi dei Leviti Casabia, Serebia, Iesua, figlio di Cadmiel, e i loro fratelli si alternavano con loro per lodare e celebrare l’Eterno, secondo l’ordine di Davide, uomo di Dio, per gruppi, secondo il loro turno. 25 Mattania, Bacbuchia, Obadia, Mesullam, Talmon, Accub erano portinai, e facevano la guardia ai magazzini delle porte. 26 Questi vivevano al tempo di Ioiachim, figlio di Iesua, figlio di Iosadac e al tempo di Neemia, il governatore, e di Esdra, sacerdote e scriba.
27 Per la dedicazione delle mura di Gerusalemme si mandarono a cercare i Leviti in tutti i luoghi dove si trovavano, per farli venire a Gerusalemme allo scopo di fare la dedicazione con gioia, con lodi e cantici e al suono di cembali, saltèri e cetre. 28 I figli dei cantori si radunarono dalla regione intorno a Gerusalemme, dai villaggi dei Netofatiti, 29 da Bet-Ghilgal e dal territorio di Gheba e di Azmavet; poiché i cantori si erano costruiti dei villaggi nei dintorni di Gerusalemme. 30 I sacerdoti e i Leviti si purificarono e purificarono il popolo, le porte e le mura. 31 Poi feci salire sulle mura i capi di Giuda e formai due grandi cori con i relativi cortei. Il primo s’incamminò dal lato destro, sulle mura, verso la porta del Letame; 32 e dietro questo coro camminavano Osaia, la metà dei capi di Giuda, 33 Azaria, Esdra, Mesullam, Giuda, 34 Beniamino, Semaia, Geremia, 35 dei figli dei sacerdoti con le trombe; Zaccaria, figlio di Ionatan, figlio di Semaia, figlio di Mattania, figlio di Micaia, figlio di Zaccur, figlio di Asaf, 36 e i suoi fratelli Semaia, Azareel, Milalai, Ghilalai, Maai, Netaneel, Giuda, Canani, con gli strumenti musicali di Davide, uomo di Dio. Esdra, lo scriba, camminava alla loro testa. 37 Quando furono giunti alla porta della Sorgente, salirono davanti a loro, per la scalinata della città di Davide, là dove le mura salgono al di sopra del livello della casa di Davide, e giunsero alla porta delle Acque, a oriente. 38 Il secondo coro si incamminò nel senso opposto; e io gli andavo dietro, con l’altra metà del popolo, sopra le mura. Passando al di sopra della torre dei Forni, esso andò fino alle mura larghe; 39 poi al di sopra della porta di Efraim, della porta Vecchia, della porta dei Pesci, della torre di Cananeel, della torre di Mea, fino alla porta delle Pecore; e il coro si fermò alla porta della Prigione. 40 I due cori si fermarono nella casa di Dio; e così feci io, con la metà dei magistrati che era con me, 41 e i sacerdoti Eliachim, Maaseia, Miniamin, Micaia, Elioenai, Zaccaria, Anania con le trombe, 42 e Maaseia, Semaia, Eleazar, Uzzi, Iocanan, Malchia, Elam, Ezer. E i cantori fecero risuonare forte le loro voci, diretti da Izraia. 43 In quel giorno il popolo offrì numerosi sacrifici, e si rallegrò perché Iddio gli aveva concesso una grande gioia. Anche le donne e i bambini si rallegrarono; e la gioia di Gerusalemme si sentiva da lontano.
44 In quel tempo, alcuni uomini furono preposti alle stanze che servivano da magazzini delle offerte, delle primizie e delle decime, affinché raccogliessero dalle campagne delle città le parti assegnate dalla legge ai sacerdoti e ai Leviti; poiché i Giudei gioivano a vedere i sacerdoti e i Leviti ai loro posti. 45 Questi compivano ciò che si riferiva al servizio del loro Dio e alle purificazioni; come facevano, dal canto loro, i cantori e i portinai secondo l’ordine di Davide e di Salomone suo figlio. 46 Poiché, anticamente, al tempo di Davide e di Asaf c’erano dei capi dei cantori e dei canti di lode e di ringraziamento a Dio. 47 Tutto Israele, al tempo di Zorobabele e di Neemia, dava giorno per giorno le porzioni assegnate ai cantori e ai portinai; dava ai Leviti le cose consacrate, e i Leviti davano ai figli di Aaronne le cose consacrate che spettavano loro.
1 EN dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,
2 Amárja, Mallug, Hattus,
3 Segánja, Rehum, Méremot,
4 Iddo, Gínnetoi, Abía,
5 Míjamin, Maädja, Bilga,
6 Semája en Jójarib, Jedája,
7 Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
8 En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, Mattánja wat met sy broers die leiding by die kore gehad het.
9 En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste teenoor hulle gestaan.
10 En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,
11 en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van Jaddúa.
12 En in die dae van Jójakim was die priesterlike familiehoofde: van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja;
13 van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;
14 van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;
15 van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;
16 van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;
17 van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai;
18 van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan;
19 en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi;
20 van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;
21 van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.
22 Wat die Leviete betref — in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.
23 Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die kronieke tot die dae van Jóhanan, die seun van Éljasib.
24 En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, die man van God, wag naas wag:
25 Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
26 Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.
27 EN by die inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters.
28 Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die dorpe van die Netofatiete,
29 en uit Bet-Gilgal en uit die buiteveld van Geba en Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem gebou.
30 En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
31 En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, een na regs bo-op die muur na die Aspoort toe;
32 en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,
33 en Asárja, Esra en Mesúllam,
34 Juda en Benjamin en Semája en Jeremia,
35 en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
36 en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met die musiekinstrumente van Dawid, die man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.
37 En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
38 En die tweede koor het in teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoondtoring langs tot by die Breë Muur;
39 verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het bly staan by die Gevangenispoort.
40 Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;
41 en die priesters Éljakim, Maäséja, Mínjamin, Migája, Eljoënai, Sagaría, Hanánja met trompette,
42 en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.
43 En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
44 EN op dié dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.
45 En hulle het die ordening van hulle God en die reinigingsordening onderhou; ook die sangers en die poortwagters, volgens die bevel van Dawid en sy seun Salomo.
46 Want in die dae van Dawid en Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
47 En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na die eis van elke dag; en hulle het die heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete aan die seuns van Aäron.