1 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 2 "Da’ quest’ordine ad Aaronne e ai suoi figli, e di’ loro: ‘Questa è la legge dell’olocausto. L’olocausto rimarrà sulla legna accesa sopra l’altare tutta la notte, fino al mattino; e il fuoco dell’altare sarà tenuto acceso. 3 Il sacerdote si vestirà della sua tunica di lino e si metterà sul corpo i calzoni; toglierà la cenere fatta dal fuoco che avrà consumato l’olocausto sull’altare e la metterà accanto all’altare. 4 Poi si spoglierà delle vesti e ne indosserà delle altre, e porterà la cenere fuori dall’accampamento, in un luogo puro. 5 Il fuoco sarà mantenuto acceso sull’altare e non si lascerà spegnere; e il sacerdote vi brucerà della legna ogni mattina, vi disporrà sopra l’olocausto, e vi farà bruciare sopra il grasso dei sacrifici di ringraziamento. 6 Il fuoco deve essere sempre mantenuto acceso sull’altare, e non si lascerà spegnere.
7 Questa è la legge dell’oblazione. I figli di Aaronne l’offriranno davanti all’Eterno, di fronte all’altare. 8 Si prenderà una manciata di fior di farina con il suo olio e tutto l’incenso che è sull’oblazione, e si farà bruciare ogni cosa sull’altare in sacrificio di odore soave, come un ricordo per l’Eterno. 9 Aaronne e i suoi figli mangeranno ciò che rimarrà dell’oblazione; si mangerà senza lievito, in luogo santo; la mangeranno nel cortile della tenda di convegno. 10 Non la si cuocerà con il lievito; è la parte che ho dato loro dei miei sacrifici fatti mediante il fuoco. È cosa santissima, come il sacrificio per il peccato e come il sacrificio per la colpa. 11 Ogni maschio tra i figli di Aaronne ne potrà mangiare. È una parte perenne, assegnata di generazione in generazione, sui sacrifici fatti mediante il fuoco all’Eterno. Chiunque toccherà quelle cose dovrà essere santo’".
12 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 13 "Questa è l’offerta che Aaronne e i suoi figli faranno all’Eterno il giorno che riceveranno l’unzione: un decimo di efa di fior di farina, come oblazione perenne, metà la mattina e metà la sera. 14 Essa sarà preparata con olio, sulla griglia; la porterai quando sarà fritta; l’offrirai in pezzi, come offerta divisa di odore soave all’Eterno; 15 e il sacerdote che, tra i figli di Aaronne, sarà unto per succedergli, farà anche egli questa offerta; è la parte assegnata per sempre all’Eterno; sarà fatta bruciare per intero. 16 Ogni oblazione del sacerdote sarà fatta bruciare per intero; non sarà mangiata".
17 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 18 "Parla ad Aaronne e ai suoi figli, e di’ loro: ‘Questa è la legge del sacrificio per il peccato. Nel luogo dove si sgozza l’olocausto, sarà sgozzata, davanti all’Eterno, la vittima per il peccato. È cosa santissima. 19 Il sacerdote che la offrirà per il peccato, la mangerà; dovrà essere mangiata in luogo santo, nel cortile della tenda di convegno. 20 Chiunque ne toccherà la carne dovrà essere santo; e se schizza del sangue sopra una veste, il posto dove sarà schizzato il sangue lo laverai in luogo santo. 21 Ma il vaso di terra che sarà servito a cuocerla, sarà spezzato; e se è stata cotta in un vaso di bronzo, questo si strofini bene e si sciacqui con acqua. 22 Ogni maschio, fra i sacerdoti, ne potrà mangiare; è cosa santissima. 23 Ma non si mangerà nessuna vittima per il peccato, quando si deve portare del sangue di essa nella tenda di convegno per fare l’espiazione nel santuario. Essa sarà bruciata con il fuoco.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 As iemand sondig en ontrou handel teen die Here deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat 'n mens kan doen om hom daarmee te besondig —
4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;
5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.
6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die Here 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die Here, en dit sal hom vergewe word — enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.
8 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:
9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.
10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op 'n rein plek uitbring.
12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.
14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die Here voor die altaar bring,
15 en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die Here.
16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op 'n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die Here. Alles wat daaraan raak, word heilig.
19 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die Here moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
21 Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die Here.
22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die Here aan die brand gesteek word.
23 So moet dan elke spysoffer van 'n priester 'n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.
24 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die Here geslag word. Dit is hoogheilig.
26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op 'n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.
27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op 'n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op 'n heilige plek was.
28 En 'n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in 'n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.
29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.
30 Maar elke sondoffer waarvan 'n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.