1 Per il Maestro del coro. Su "Il giglio della testimonianza". Inno di Davide da insegnare; quand’egli mosse guerra ai Siri di Mesopotamia e ai Siri di Soba, e Ioab tornò, sconfiggendo dodicimila Idumei nella valle del sale.
O Dio, tu ci hai respinti, ci hai dispersi,
ti sei sdegnato; ristabiliscici ora!
2 Hai fatto tremare la terra, tu l’hai spezzata;
ripara le sue brecce, perché barcolla.
3 Tu hai fatto vedere al tuo popolo cose dure;
tu ci hai dato da bere un vino che stordisce.
4 Ma tu hai dato a quelli che ti temono una bandiera,
perché si alzino in favore della verità. [Pausa]
5 Perché i tuoi diletti siano liberati,
salvaci con la tua destra e rispondici.
6 Dio ha parlato nella sua santità:
"Io trionferò, spartirò Sichem e misurerò la valle di Succot.
7 Mio è Galaad e mio è Manasse,
ed Efraim è la forte difesa del mio capo;
Giuda è il mio scettro.
8 Moab è il bacino dove mi lavo;
sopra Edom getterò il mio sandalo;
o Filistia, fammi delle acclamazioni!".
9 Chi mi condurrà nella città forte?
Chi mi condurrà fino a Edom?
10 Non sarai forse tu, o Dio, che ci hai respinti
e non esci più, o Dio, con i nostri eserciti?
11 Dacci aiuto per superare le difficoltà,
poiché vano è il soccorso dell’uomo.
12 Con Dio noi faremo prodezze,
ed egli schiaccerà i nostri nemici.
1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.
2 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalfduisend.
3 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!
4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!
5 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.
6 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.
7 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.
9 Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.
10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!
11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?
12 Het Ú, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.
13 Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.
14 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.